●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Elizabeth Wasserman

Results 1 to 15 of 33
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624094388

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
Die aartsskelm Brummel is weer op vrye voet, en op die spoor van 'n sampioen wat in die Amasone groei en glo 'n wonderkrag het: die mens wat dit eet, raak net slimmer en slimmer. Die avonturier William Travis wil dit eerste vind, maar vir weke het niemand van hom gehoor nie. Het die oerwoud hom ingesluk? Dis immers vol gevare: anakondas, poemas, krokodille . . . Brummel besluit hy't hulp nodig, en wie beter om aan sy kant te kry as die slimste hond op Aarde?
Publikasiedatum: 2023-10-23
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415211151

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle - vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-die-stuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag 'n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol? Maar mevrou Smit is nie 'n lelie wat jy sonder skêr pluk nie. Sy gáán die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel van die dorp se skandes uitpeul nie. Die sterftesyfer styg en sy raak al hoe meer ongewild. Haar skerp tong spaar nie eens die dokter met die mooi blou oë nie. Want sien, sy is 'n vrou met 'n donker verlede. Wat sy met los klere,
gemaklike skoene en natuurlike, grys hare probeer verbloem. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.
Publikasiedatum: 2023-03-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624093329

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 215
Millie is die middelste van vyf kinders, en wanneer sy die kans kry om vir 'n “week of wat” na Amsterdam te gaan om na haar oeroue tante te gaan kyk terwyl dié aansterk na 'n knie-operasie, gryp sy die kans aan. Maar die wêreld sukkel steeds om te herstel na die COVID-pandemie, en alles is nog meer deurmekaar as gewoonlik. Uit die staanspoor word haar droom van 'n idilliese wegbreekkans beduiwel toe haar tante langer in die hospitaal moet aanbly. Sy moet alleen klaarkom in die smal huis in die Rattengracht. Boonop is daar die storie wat haar ma haar vertel het voor haar vertrek: Ouma Tina is as jong meisie baie skielik uit Europa weg, in die middel van die Tweede Wêreldoorlog. Van daardie tydperk in die geskiedenis weet Millie min. Wat haar betref is Europa 'n ander heelal, en daar is oorgenoeg om te sien en te doen. Wat traak die verlede se probleme al die opwindende moontlikhede van vandag? Sy het wel haar ouma se dagboek saamgebring dalk kan sy tog die storie ontrafel.
Publikasiedatum: 2022-09-22
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092445

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 210
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimtestasie (ja, honde in die ruimte is nie so ongewoon nie!), New York en Namibië, en oral wag daar speurwerk.
Publikasiedatum: 2021-08-20
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091080

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers.
Publikasiedatum: 2021-04-16
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091110

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 250
Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap.
Publikasiedatum: 2020-10-16
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090816

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 215
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval 'n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Publikasiedatum: 2020-08-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090373

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Die storie loop dat Sherlock kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel.
Publikasiedatum: 2020-08-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087458

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 215
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat 'n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Publikasiedatum: 2019-09-20
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085805

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 215
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn?  Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!
Publikasiedatum: 2018-09-17
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085478

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 290
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy bose planne in werking om die aarde van oorbevolking te red, deur  die grootskaalse uitwissing van mense!  Maar Uranus gee nie so maklik bes nie. Kan Anna hom keer?
Publikasiedatum: 2018-06-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624074250

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 160
In the sixth adventure in the series, William and Alex visit Namibia. In this adventure they need to prevent a gang from getting their hands on diamonds. But this time they have to work with another famous sleuth, Sergeant Maximilian. However, they are not sure if he and his patrol officer, Constable Kolgans, can be trusted. . .
Publikasiedatum: 2017-06-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624072225

Children: Fiction 10 to 12

Illustreerder: Chris Venter
Children  -  Fiction 10 to 12
R 59
The fifth adventure in the series William and Alex go to New York City. In New York City they meet William's Uncle Berlioz. It has been three weeks since Fifi, the poodle of a well known Broadway actress has been kidnapped. William and Alex must apprehend the kidnappers before more celebrities' pets are kidnapped and held for ransom.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624077961

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 270
Anna and her famous scientist parents live on an island in the Indian Ocean. Anna finds a pirate's dagger on her usual afternoon swim. This prompts her to start investigating the mysterious sunken treasure of the Chivonne. But Anna's father's scheming colleague tries to shift the magnetic poles of the Earth. Are his motives above suspicion?
Publikasiedatum: 2017-03-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624077442

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 215
'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou hê!  Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?
Publikasiedatum: 2016-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.