*** GRATIS KOERIER AFLEWERING in SA VIR BESTELLINGS BO R600 ***

Soek resultate: Elsabe Welman

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749433

Fiction: Romance

Fiction  -  Romance
R 190
She wants to be more than just a substitute.
He's used to fans but needs something real.
Her silence draws him in; her guarded heart holds him back.
Will pride make way for something deeper?
Mika Krige, fiery scrumhalf for the Jacaranda Braves, could respond brilliantly to the game unfolding before her. Unfortunately, her personal game plan kept getting derailed by her violent stepbrother's threats and a fear of failure that wouldn't let go.
Tiaan Morkel, the capable Buffalo fullback with a reputation for creating chaos with his opinions, offered to help with her box kicks. Mika turned him down — she had enough to deal with. But desperate times called for unlikely teammates. She was forced to set aside her pride and prejudice and accept his assistance.
Between training sessions, unexpected truths, and a few sparks on and off the field, Mika recognised more positives in Tiaan than his boasting and broad shoulders. And maybe there was more strength in her than she ever realised.
When James resurfaced and became dangerous, Tiaan had to decide whether to stay on the sidelines or play beside Mika until the final whistle.
Every kick-off brought a new opportunity. Mika had to apply this to her personal life, but it was easier said than done.
Publikasiedatum: 2025-09-01
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749426

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 190
Sy wil méér as 'n plaasvervanger wees.
Hy is gewoond aan aanhangers - maar soek nou iets eg.
Haar stilte trek hom in, haar hart hou hom terug.
Sal trots plek maak vir iets dieper?
Die vurige skrumskakel van die Jacaranda Braves, Mika Krige, reageer briljant op die spel wat voor haar ontvou. Haar persoonlike spelplan word egter keer op keer ontspoor deur haar gewelddadige stiefbroer se dreigemente en haar vrees om te misluk.
Tiaan Morkel, die sjarmante Buffalo-heelagter met 'n reputasie om chaos met sy opinies te ontketen, bied aan om met haar boks-skoppe te help. Mika wys dit van die hand — sy het genoeg om mee te worstel. Maar desperate tye vra vreemde vennote, en sy het dalk meer as net sy skopadvies nodig.
Tussen oefensessies, harde waarhede en 'n paar vonke op en langs die veld, kom Mika agter daar's meer aan Tiaan as net sy groot mond en breë skouers. Daar is dalk ook meer in haar as wat sy self besef het.
Toe stiefbroer James weer opduik en dinge gevaarlik raak, moet Tiaan kies of hy net 'n toeskouer gaan bly, en of hy langs Mika wil speel tot die laaste minuut.
Afskop na Liefde is 'n sportromanse met humor, hart en genoeg hitte om selfs die styfste litte los te maak. Elke afskop hou 'n nuwe geleentheid in — ook in die liefde. Om dit prakties toe te pas, is makliker gesê as gedaan.
Publikasiedatum: 2025-09-01
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749419

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
Twee word gevonnis: een selfopgelegd, een halfpad skuldig.
Isak Kirsten verkwalik homself vir sy boelie-gedrag op daardie noodlottige nag. Hy moet boet. Hy kruip weg agter 'n nuwe naam, 'n nuwe beroep en 'n letsel. “Mister I moet in 'n riller movie gaan speel.”
Juffrou Antiek kruip weg agter haar outydse kleredrag en oorlewingswyshede. Annaret se glimlag bring sonlig; haar woorde is bitsig, maar sy het deernis vir Isak se sagte kant.
Die Fliksems bring hulle by mekaar. Haar hantering van boelies hou hulle uit mekaar. Jiffy-dag gee skiet aan die spanning. Geheime maak hulle broos.
Leef net weer raak 'n opsie, of 'n onmoontlike taak.
Kan selfopgelegde gevangenskap opgeskort word? Isak Kirsten sal moet antwoord.
Publikasiedatum: 2024-12-03
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749402

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 290
An illness leaves Arnold and Luna childless. Arnold's indifference to the issue ruins their marriage.
Evan's wife dies due to complications after a car accident, leaving him to care for their baby on his own.
Mutual support between Luna and Evan causes sparks between them, but their bond is tested when Luna is accused of murder. The tension is unbearable, and distrust escalates, especially with damning evidence surfacing. Secrets are revealed. Will they forsake each other, or will their bond prove to be everlasting?
Publikasiedatum: 2024-11-15
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749358

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
As sewentienjarige word Fourie Lemmer gevonnis vir moord. Kersfees herinner hom aan die dag toe beide sy ouers afgesterf en sy familie hom verraai het. 'n Inbraak in sy berghut maak hom angstig. Is die versteekte goedere weg?
Carmi Ras is 'n privaat speurder met 'n innemende persoonlikheid. Familiebande en -tradisies lê hoog op haar prioriteitslys. Om nooit betrokke te raak by iemand aan die verkeerde kant van die gereg nie, is haar motto in die lewe.
Fourie en Carmi se ontmoeting geval albei.
Carmi vors sy agtergrond na. Sy is woedend en ontsteld.
Fourie voel ongemaklik toe hy besef watter beroep sy en haar pa volg. Hy is die josie in omdat sy vir hom gelieg het. En dan is daar sy Kersfees-fobies…
Fourie en Carmi bevind hulself tussen die vloer en politoer. Is daar spasie vir 'n toekoms?
Publikasiedatum: 2024-04-11
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749372

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
Wimpie Berg het gedink sy lewe is perfek ... totdat Riekert weer voor hom staan.

“Jy moet versigtig wees, Berg. Jy't my meisie gesteel en niemand vat mý goed nie!”

Hoekom is die slordige mens nie steeds agter tralies nie? Riekert het met meer haat en sluheid uit die tronk gestap. Hy is 'n slimkop wat beplan, 'n rykmanskind wat nie 'nee' as antwoord ken nie. Moeilikheid stráál uit sy afskuwelike grynslag.

Wimpie se lewe word oorheers deur kommer. Marien is bedags alleen op die plot; hy sal die omheining moet verbeter. Riekert se voortdurende teksboodskappe laat hulle soos kluisenaars leef.
En dan slaan Riekert toe na die Berg-familie se terugkeer uit Mosambiek. Dit is veel erger as wat Wimpie voorsien het.

Dié Christelike liefdesroman se karakters gryp jou vas want elkeen het 'n kraak. Jy wil help opvul en herstel, maar die spanning oor wat op die volgende bladsy kan gebeur, keer dat jy tyd verwyl.
Publikasiedatum: 2024-04-11
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749389

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
As kind is Sanita Erasmus deur haar ouers gemolesteer. Prostitusie en dwelms het sy as die norm beskou.
Vir die opportunis, Darius, is Sanita spontaan, uiterlik mooi en sy eweknie wat humor betref. Toe hy haar egter beter leer ken, val hy vas in dieptes waarvan hy geen kennis dra nie. Hy sukkel om nie te verdrink nie. Om homself te red, moet hy wegstap. Nog een keer, moedig hy homself aan.
Sanita begeer twee dinge: Om ʼn prokureur te word wat molesteerders toesluit en om met haar lewensredder, Darius, te trou. Om dít reg te kry, moet sy ontslae raak van haar ouers en sorg dat haar gruwelike geheim verborge bly.
Publikasiedatum: 2024-04-11
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749396

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
'n Kersfees-novelle Twee wêrelde. Een gemeenskaplike deler: Zinbali, die maroelaboom. Pandra Loom moet haar pa opvolg in hul hoogs-intelligente leefwêreld waar legkaartstukke met denke geskuif en emosies in plante nagevors word. Sy woon 'n hoërskool op Wolvallei in Limpopo by ter wille van ervaring en ontmoet Marnus Zietsman. Met min woorde ontwikkel 'n unieke verhouding, en dit is waar dinge gekompliseerd raak. Marnus is ontsteld en geïrriteerd met Pandra en haar ouers se intelligensie-snobisme. Sy planne om gemeenskaplike grond tussen hulle te bewerkstellig veroorsaak dat Pandra verdwyn. Niemand by die skool onthou haar nie. Het hy 'n breinfloute ervaar? Al wat die kortstondige verhouding 'n realiteit maak, is 'n litteken op sy bo-arm en 'n voorbarig, Kersverligde maroelaboom in die veld. Wat probeer Zinbali bereik? Watter speletjies speel Pandra? Die afgestudeerde Marnus tuit sy lippe. Hy sal nie met hom laat mors nie.
Publikasiedatum: 2024-01-04
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639749365

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Selfstandige student, behep met finansiële onafhanklikheid, maar opgeslurp deur sy vooroordeel teen ryk mense. Wimpie Berg maak ook foute. Hy is te ordentellik en te aantreklik met sy ferm ken en spiere wat nie onder klere kan wegkruip nie.
Marien Veens se blink oë en breë glimlag hou hom gevange langs 'n Mosambiekse tronk. Haar aantrekkingskrag en warmte oorrompel hom. Radeloos kyk hy toe hoe sy die hitte tussen hulle aanblaas.
LIEFDE IS GEVAARLIK. DODELIK.
Die lenige rykmansdogter langs haar skedonk, verkrummel sy weerstand. Sonder remme tuimel hy in 'n salige verhouding in, totdat Riekert se venynigheid alles beduiwel. Wimpie se eiesinnigheid dryf hulle uitmekaar.
DIS JY WAT JULLE TOEKOMS WEGGOOI, NIE DIE MAL MAN NIE.
Marien verkas landuit en raak bevriend met 'n vurige Ier. Gaan sy troos vind in sy arms, terwyl Wimpie sy selfverwyte moet trotseer?
Publikasiedatum: 2023-07-01
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639724362

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Luitenant Danny Sadler inisieer 'n artikel in die koerant, geskryf deur die bekende joernalis, Zena Swart. Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemaglede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmagsoldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
Publikasiedatum: 2022-11-10
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620965750

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
'n Siektetoestand laat Arno en Orna kinderloos. Sy argeloosheid daaroor verwoes hulle huwelik.

Ewald se vrou beswyk aan komplikasies na 'n motorongeluk en laat hom en hul baba agter. Wedersydse ondersteuning tussen Orna en Ewald laat die vonke spat. Ewald se niemand-sal-weet-nie word almal-gaan-weet toe Orna aangekla word van moord. Die spanning is ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar, veral met verdoemende bewyse op hande. Verskuilde geheime word ontbloot en nie een van die partye weet of hulle die klonte sout kan verteer nie.
Publikasiedatum: 2021-10-01
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9798669393489

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
Om ontsteld te raak oor 'n beurt klink onnodig - tensy jou beurt onheil inhou en jou gesin se lewens bedreig.
Ten midde van bisarre en lewensgevaarlike besluite deur ʼn outoritêre owerheid op die afgeslote Lekuta-eiland, droom Munnik Roux oor ʼn toekoms saam met sy rissiepit Amina Jansen in #perspaleis. Die Jansen-gesin en Amina se beurt ontketen 'n gewaagde vlugplan in 'n defekte vliegtuig, ʼn gevaarlike stryd om oorlewing en ʼn herontmoeting met ʼn oënskynlike vervelige jongman, Zoop Viljoen.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Laai in mandjie
Versending binne 1 tot 3 werksdae
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

© All Rights Reserved 2026
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.