●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Helene de Kock

Results 1 to 15 of 17
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183857

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
Toemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jongmeisie erf sy die las van 'n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot 'n studiebeurs van 'n anonieme skenker in haar finale skooljaar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Duncon Weston, aantreklike erfgenaam van Soeterwijn en aspirantpolitikus, het sy oog op die talentvolle Diana. En dan is daar Lutz Weilandt, die plaaslike chirurg - meelewend maar enigmaties. Albei hierdie manne het 'n kwessie met verbintenis. Een vrees dit om betrokke te raak. Die ander het weer nie 'n benul wat ware verbondenheid tussen 'n man en 'n vrou behels nie.

Helene de Kock bewys weer hoekom sy as een van Afrikaans se beste verhoudingsromansiers gereken word. Diana se dag is deernisvol en onvoorspelbaar met karakters wat deurgaans inspireer en ontroer.
Publikasiedatum: 2023-06-15
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183680

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans. *In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie. *Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.
Publikasiedatum: 2023-02-16
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352654

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters - en hulle het probleme. Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie. Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so 'n verstandige man aan haar sy het. Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.
Die drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, 'n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal, 'n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.
Al drie Stella se dogters ly tot 'n mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil hê. Maar die lewe het 'n manier om die erkenning van waarhede af te dwing.

Stella is 'n heerlike karakter, 'n sterk, wyse ma-figuur wat geen nonsens duld nie en die lewe vierkantig in die oë kyk. Hierdie verhaal fokus op die bande wat familie en gemeenskappe heg, en beklemtoon die noodsaaklikheid van liefde en selfaanvaarding.
Publikasiedatum: 2022-03-28
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182881

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
Ver vlug na môre
Met vandag se brood

Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is.
In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het.

In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.
Publikasiedatum: 2022-02-18
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181914

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 345
Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk 'n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind? Helene de Kock op haar beste.
Publikasiedatum: 2021-04-16
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182027

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 299
Helene de Kock skryf meesleurende romans en sy beeld haar karakters met deernis en humor uit. Hierdie keur bevat twee van haar gewildste wynlandverhale: 'n Kind vir Vier Oude Vrinde en Volmaakte versnit?.
Publikasiedatum: 2021-02-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180535

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 299
Man van gister
Bruid vir vier seisoene
Huwelik in die herfs
Uur van die sewester

Man van gister is 'n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense.

In'n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy ontstellende nuus ontvang oor haar verloofde.

In Huwelik in die herfs besoek Amara Londen om helderheid te kry oor Pieter Cronjé se huweliksaansoek.

Uur van die sewester is 'n spannende liefdesverhaal wat afspeel in die Oos-Vrystaatse berge.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179096

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
Selfs 'n wingerdloot het 'n stamboom van oorsprong.

Een Sondagmiddag in die herfs van 1916 kom 'n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie. En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit vir twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Nie eers die buurdogter, Carijn den Hagen wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. En dan met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde. Vir ander maak dit deure oop.

'n Bekoorlike verhoudingsroman met 'n digverweefde historiese intrige. Geskryf deur die skrywer van Somersneeu (gekortlys vir die ATKV-liefdesromansprys, 2010) en Debora gaan huis toe (gekortlys vir die ATKV-liefdesromanprys, 2018).
Publikasiedatum: 2019-07-09
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798177580

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Hierdie drietal verhale van Helene de Kock is vol verrassings en romanse. Verhale wat nie gou vergeet sal word nie.
Digby Grootgewaag is die verhaal van drie susters se liefdes en ook hul leed; 'n verhaal van diep, intense liefde, van offervaardigheid en ootmoed. Daar is 'n intieme verweefdheid in die susters se lewe.

Kronkelpad na Vergenoeg besoek die internasionale konsertpianis Tessa haar mense in die Oos-Vrystaat. Maar onvoorsiene omstandighede trek haar baie diep in hierdie kring in. Sy besef dat die lewe nie net uit ekstatiese hoogtepunte bestaan nie maar hom veral tussen die mure van 'n huis afspeel. En sy moet 'n keuse maak . . .

In Sonder Winter is dr Karen Marais 'n vrou wat liefde geken en weer verloor het. En dan een skrikwekkende middag terwyl sy op pad terug is Oos-Vrystaat toe, kry sy die kans om daardie liefde te herwin. Maar kan sy Bernard Cilliers ooit weer vertrou? Die groot vraag wat Karen kwel, is of sy durf regmaak wat sy vier jaar gelede verbrou het.
Publikasiedatum: 2019-04-07
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431620135

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 190
Wat - of wie - gaan die pragtige Kara Geertse help staande bly wanneer haar lewe van koers af gedwing word?

Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van 'n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie.

Die lewe is 'n lied ... totdat Kara onverwags voor 'n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat - of wie - gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis?

Kruispad vir Kara is 'n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee.
Publikasiedatum: 2018-05-24
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798177504

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
Vuurvliegie
Sewende somer
Windspoor

In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Maar Danien Fouché het 'n eienaardige gevoel dat sy 'n mens-binne-'n-mens liefhet.

In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Niemand het nog die gebeure van sewe jaar gelede vergeet nie en Zach Dijzel het verdwyn.

Windspoor is 'n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn 'n kort rukkie voor hul troue. Maar daar is 'n geheimsinnige windspoor wat na hom toe lei nie ...
Publikasiedatum: 2018-04-12
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176439

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 299
Man van kaliber
Vrou van formaat
Mense van faam

Helene de Kock Keur 2 bevat drie liefdesverhale wat bymekaar aansluit.
In Man van kaliber ontdek Jessica Theron uiteindelik dat 'n mens se volmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Wie is die keiser wat Jessica se hart gaan wen?

In Vrou van formaat is Danika Roux terug uit Frankryk en sy is vies vir mans. Mooi het finaal vir haar 'n vloekwoord geword. 

In Mense van faam word Debora Richter teen haar wil ingetrek by die Mynhard-familie. Theron het diepte en Kieron is te enigmaties om te peil.
Publikasiedatum: 2017-10-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176132

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 365
In dié opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960's, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook 'n Debora. Dié 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798176040

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Die soete dwaling
Seisoen van die skimmelson
Anderkant die vloedwaters
Vrou vir Ver-en-Naby

In Die soete dwaling vlug dr. Daïrus Deetlefs na Londen en hier ontmoet hy die misterieuse Sylvia Saunders.

In Seisoen van die skimmelson dink Madel Vermeer dat sy haar jeugliefde slegs tydelik agterlaat.

'n Ontmoeting met 'n vreemdeling verander die verloop van dr. Bernard Linde se lewe in Anderkant die vloedwaters.

En in 'n Vrou vir Ver-en-Naby moet Laura Krause kies tussen 'n lewe tóé en 'n lewe vórentoe.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615452

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 120
Die reis na aanvaarding.
Soms tref die dood van 'n geliefde ons heeltemal onverwags.
As dood lewe word is die ware verhaal van 'n gesin se pyn, hartseer en vrede ná die afsterwe van hulle geliefde Ouboet, soos geskryf vanuit die oog-punt van die ma, bekende skrywer Helene de Kock. Dit is die verhaal wat die ongenaakbare waarheid vertel van die finale afskeid, die harde werklikheid en die aanvaarding wanneer 'n geliefde sterf. Stap die pad saam met Helene in die tydperk net voor en ná haar seun se dood, en hoe die gesin mekaar ondersteun het en deur ander ondersteun is. En dan bo alles: hoe hulle aanvaar het dat 'n almagtige God dit so beskik het en dat hulle sy beloftes kan vertrou.
As dood lewe word bied bemoediging vir elkeen wat 'n geliefde aan die dood moes afstaan.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.