Afslag slegs op aanlynbestellings

Soek resultate: Madelein Rust

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

11

9780799390063

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Wat het 'n geheime organisasie en 'n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?
Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om 'n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit 'n reeks is nie.
Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hul gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens 'n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is 'n belofte van nog 'n moord oor drie en dertig dae.
Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk 'n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?
Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en 'n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van 'n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Lam ter slagting is die vierde boek waarin doktor Renata Malan die hoofkarakter is, 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil, maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. Monstersaad, Bloedlyn en Moordhuis was die eerste drie boeke.
Publikasiedatum: 2018-07-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385007

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in 'n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wêreld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met 'n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan ná al die jare skielik in haar wakker maak, en die liefde vir haar moordenaar-pa.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380422

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Doktor Renata Malan is 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand.
'n Seksmoordenaar saai amok tussen die ontroue vroue van Bloemfontein se rykstes; Renata en haar span moet hom help aankeer voordat nog vroue sterf. Die een raaiselagtige leidraad na die ander duik op ondanks die gebrek aan forensiese getuienis.
Is die moorde die werk van haar ontsnapte moordenaar-pa, of is daar 'n ander monster wat sy dodelike fantasieë keer op keer uitleef?
Oor die skrywer - Madelein Rust span haar kennis van die sielkunde in om spanningsverhale te skep wat die leser toelaat om self raaisels te ontrafel.
Madelein se debuut, Die dertiende kaart, was 'n finalis in die ATKV Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in 2014 en verskyn telkens op Nielsen se topverkoperlys. Haar tweede spanningsroman, Monstersaad, bring ook etlike weke op Nielsen's deur.
Chanette Paul sê van Bloedlyn: "Dis Madelein se beste boek tot dusver. Sy gaan haar fans baie gelukkig maak hiermee."
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799375824

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
MAROELAMEDIA BOEK VAN DIE MAAND - AUGUSTUS 2015

Renata Malan is 'n forensiese sielkundige, die miljoenêrerfgenaam van haar aangenome pa, Leon Malan, 'n eiendomsmagnaat en doktor in die sielkunde.
Renata se familiegeskiedenis is tragies. Haar biologiese pa is 'n veroordeelde reeksmoordenaar wat van die gereg ontsnap het; haar ma en grootouers is onder tragiese omstandighede oorlede. Renata bring meeste van haar kinderjare in 'n weeshuis deur totdat Leon Malan haar as tiener aanneem.
Renata is 'n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die dood van 'n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Terwyl Renata besig is met die saak, worstel sy met haar eie demone - sy ly aan posttraumatiesestressindroom as gevolg van haar verlede. Sy gaan sien 'n baie onkonvensionele psigiater en pynlike herinneringe uit haar kinderdae doem op. Terselfdertyd vind sy uit dat haar pa nog leef en sy begin delf in die verlede om uit te vind waarom hy in die sewentigerjare nege mense vermoor het. Is hy 'n sosiopaat, of is hy bloot 'n man wat die reg in eie hande geneem het om ander se lewe te red?
Die saak waaraan sy werk raak uiters gekompliseerd wanneer sy besef dat Melissa se moord ook waarskynlik verband hou met 'n reeks moorde wat tien jaar gelede begin het.
Sy veg teen 'n intense aangetrokkenheid tot een van die verdagtes en moet 'n paar aanslae op haar lewe trotseer.
Met die hulp van haar span ontdek sy wie die moordenaar is en slaag sy uiteindelik daarin om die spoke van die verlede ter ruste te lê.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799367690

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Belia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie.
Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat.
Die moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?
Publikasiedatum: 2014-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.