●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Madelie Human

Results 1 to 15 of 38
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000039807

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
R 352Jy spaar R 88
*Onvergeetlike liefde - Dina Botha*
Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes. Kort ná matriek is hul kys egter uit toe sy vir hom 'n kort afsêboodskap sonder enige verduideliking stuur. Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur 'n agentskap wat ly fwagte en beskerming aan BBP's bied. Hank het 'n bekruiper op sy spoor en vra Mariette se agentskap om hom ty dens die verfilming van sy nuwe rolprent te beskerm. Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand. Maar wat het destyds gemaak dat Mariette so skielik weggestap het? En sal hy haar liefde weer kan wen?
*Hawe vir haar hart - Tosca de Villiers*
Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir 'n ander man. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op 'n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet. Daar ontmoet sy 'n aantreklike Griek genaamd Alexander Dimitriou wat as skeepsdokter op die skip werk. Ná 'n ongeluk dra hy egter verskeie letsels met hom saam wat 'n verhouding onmoontlik maak. Tog kan hy nie ophou dink aan die vrolike krulkop met haar groen rokkies nie ... Sal die oop see vir albei genesing bring? Of sal die onstuimige branders van hul verlede hul liefdesbootjie sink?
*Die dokter langsaan - Madelie Human*
Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin 'n boek -enkoffiewinkel terwyl sy werk soek. Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buit endien liefde bestaan net in feëverhale. Terwyl sy met die wink el woeker, begin 'n nuwe dokter sy praktyk langsaan. Bea is glad nie beïndruk met rykmanskind Luke Roux nie. Haar vriendinne terg haar meedoënloos oor die aantr eklike dokter, en hy kom met allerhande planne vorendag om Bea se hart te wen, maar sy is onwrikbaar: 'n Blinkstefaans gaan nie haar voete onder haar uitslaan nie. Sal Bea uiteindelik voor Luke se sjarme swig, of sal haar koppigheid in die pad van hul geluk staan?
*Vlamme van gister - Ciska Olivier*
Leonie en Stefan is beste vriende. Hulle was lank terug kortstondig in 'n verhouding, maar dit het nie uit gewerk nie. Nou is hy verloof aan haar beste vriendin, Olga. Leonie wíl bly wees vir hulle en sy ís ... Of is sy besig om haar self te bluf? In 'n poging om van alles weg te kom, gaan woon sy 'n modeskou in Italië by. Daar hoor sy die verlowing tussen Stefan en Olga is verbreek. Wil sy werklik 'n verhouding met Stefan hê of is sy net verward? En kan sy haar gevoelens vir hom vertrou? Terwyl sy dié vrae probeer beantwoord, dra sy boonop 'n donker geheim met haar saam. En dan is daar die soen wat die vlamme van gister laat ontbrand ...
Publikasiedatum: 2024-01-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870001

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 99Jy spaar R 11
Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin 'n boek -en-koffiewinkel terwyl sy werk soek. Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale. Terwyl sy met die winkel woeker, begin 'n nuwe dokter sy praktyk langsaan. Bea is glad nie beïndruk met rykmanskind Luke Roux nie. Haar vriendinne terg haar meedoënloos oor die aantreklike dokter, en hy kom met allerhande planne vorendag om Bea se hart te wen, maar sy is onwrikbaar: 'n Blinkstefaans gaan nie haar voete onder haar uitslaan nie. Sal Bea uiteindelik voor Luke se sjarme swig, of sal haar koppigheid in die pad van hul geluk staan?
Publikasiedatum: 2024-01-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
R 352Jy spaar R 88
*'n Warrelwind - Dina Botha*
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
*Tango met 'n twist - Rina Cilliers*
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
*'n Bruid voor Kersfees - Madelie Human*
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
*Jy's my Kersgeskenk- Elsa Winckler*
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
Publikasiedatum: 2023-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359523

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Haar buurvrou terg haar en voorspel dat sy voor Kersfees 'n bruid gaan wees. Die geskiedenis herhaal homself sowaar toe sy dogter verlief raak op haar seun wat haar in dieselfde lig as sy jonger sussie beskou. Intussen veg beide Wickus en Marli hard teen die ontwikkelende gevoelens tussen hulle. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
x988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 550
*'n Warrelwind - Dina Botha*
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
*Tango met 'n twist - Rina Cilliers*
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
*'n Bruid voor Kersfees - Madelie Human*
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
*Jy's my Kersgeskenk- Elsa Winckler*
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
*Myne - CM Christians*
Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037933

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Eggo's van die hart - Madelie Human*
Wie gaan haar hart wen? Jane Roos skilder soos sy lewe: In volkleur en groter as die werklikheid. Sy glo daar is iewers die ideale pasmaat vir haar. Hy deel Jane se lewensvreugde en die twee kom uiters goed oor die weg. Is hy die een wat haar hart gaan vermurwe, of dalk haar knorrige buurman met al sy emosionele bagasie en die veraf kyk in sy oë?
*'n Nutsman vir Nadia - Susan Olivier*
Nutsman of skurk? Hy speel te graag die ridder vir elke vrou op die dorp en sy bevraagteken sy sogenaamde sakebesoek. Nadia leer Ewan ken terwyl hy by die gastehuis bly en aanbied om bietjie instandhoudingswerk te doen. Net as sy hom amper begin vertrou wonder sy of hy nie tóg 'n verskuilde agenda het nie. Is hy moontlik self by die sindikaat betrokke?
*Belle, met die hart vol blomme - René van Zyl*
Liefde genees 'n gebroke siel. Izabel Blomerus, oftewel Belle, eienares van 'n blommewinkel in Potchefstroom, stoei nie net met die trauma van 'n dronk pa wat haar as
kind verwerp het nie, maar ook met 'n eggenoot wat haar vir haar beste vriendin verlaat het. Moet sy nie liewer iemand vermy wat negatiewe emosies in haar ontlok nie? Of is die liefde sterk genoeg om die seer te genees en nuwe drome lewe te gee?
*Bosnimf - Mariëtte Wenhold*
Avontuurlustige liefde. Pippa Terblanché se verloofde verkul haar met haar beste vriendin. Sy besluit om te verhuis na 'n dorp wat sy met 'n veerpyltjiespel bepaal. Sy verkoop haar meenthuis, stoor haar meubels en gaan op reis met haar tent en kamera na die plantasies in die Hoëveld. Wanneer Hein haar vir 'n tweede keer red, ontbloot dit gevoelens wat hulle nie kan vermy nie.
Publikasiedatum: 2023-10-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359325

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Wie gaan haar hart wen? Jane Roos skilder soos sy lewe: In volkleur en groter as die werklikheid. Sy glo daar is iewers die ideale pasmaat vir haar en dis beslis nie die stil, ernstige oorlogskorrespondent, JJ Richter, nie. Soms tree hy baie vreemd op en dis duidelik dat hy nie veel respek het vir haar nie. Die feit dat JJ haar nuwe buurman op Bietjiebaai is maak dit nie juis maklik om hom te vermy nie. Boonop word hulle verplig om saam te werk aan 'n projek wat hulle heeltemal te dikwels saamgooi en dwing om mekaar te leer ken. Kobus van Rensburg, spanningsverhaalskrywer, daag intussen ook by Bietjiebaai op. Hy deel Jane se lewensvreugde en die twee kom uiters goed oor die weg. Is hy die een wat haar hart gaan vermurwe, of dalk haar knorrige buurman met al sy emosionele bagasie en die veraf kyk in sy oë?
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037803

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*'n Motorfiets vir twee-Ilze Beukes*
Is dit tyd om 'n kans te waag? Katja voel reeds gemaklik met haar plekkie op die rak. Haar lewe is ongekompliseerd en gevestig tot sy Xavier en sy seuntjie ontmoet. Xavier is haar nuwe bevelvoerder en hopeloos te aantreklik in sy uniform. Katja voel hoe 'n onsigbare band tussen haarself en Xavier begin vorm, want hul albei dra littekens van die verlede. Maar wat as twee gebreekte harte saam geluk kan vind? Kan ou wonde behandel en genees word? Is dit tyd om kanse te waag?
*Joune - CM Christians*
Wanneer twee harte dieselfde ritme vind Ashton McKenzie weet wat hy in die lewe wil hê én hoe om dit te kry. Hy is gefokus, 'n uiters suksesvolle sakeman met 'n volmaakte lewe waarin hy niks meer nodig het nie. Totdat hy vir Jessica Hayes ontmoet wanneer sy aangestel word om 'n forensiese ondersoek by sy maatskappy in Miami te loods. Jesse gooi Ashton se perfek georganiseerde lewe omver. Maar hoe dwing jy jou hart, én liggaam, in die teenoorgestelde rigting?
*Rimpelinge - Madelie Human*
Liefde vind jou in Bietjiebaai! Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter 'n ander saak. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God 'n groter plan het vir hul lewens.
*Melktert vir die hart - Lizelle von Wielligh*
Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, 'n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Sal sy haar hart goed genoeg ken om dit te volg of eerder die pad van plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom?
Publikasiedatum: 2023-05-30
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637004350

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Liefde vind jou in Bietjiebaai!
Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter 'n ander saak. Rick word bekoor deur haar kinderlik onskuldigheid oor die liefde. Hy terg haar genadeloos en lok haar uit om nuwe dinge te waag.

Rick het Bietjiebaai toe gekom om sy biologiese pa op te spoor.

Wanneer hy hom vind, worstel hy om hom te konfronteer, want hy voel te wrewelrig teenoor die knorpot wat hom en sy ma byna dertig jaar gelede in die steek gelaat het.

Elani stoei weer met die onregverdigheid van die lewe wat haar ouers op 'n jong ouderdom van haar weggeneem het. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God 'n groter plan het vir hul lewens
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358687

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Liefde is tydloos Dani de Villiers transporteer onverwags vanaf 2019 na 1724 tot in die sitkamer van die La Rochelle landgoed waar sy vir Jacques le Roux, die eienaar en wynboer, ontmoet. Verward en geskok oor waar sy haarself bevind, vertrou sy nie een woord wat uit Jacques se mond kom nie en sal enigiets doen om terug in haar eie tyd te kom. Jacques het egter ander planne vir haar, want geen vrou het hom al ooit so aangeraak nie. Omstandighede vermoeilik gou hulle situasie en voor Dani besef wat gebeur, moet sy met Jacques trou om die skinderbekke stil te kry. Om sake te vererger besef Dani dat sy besig is om haar hart op Jacques te verloor. Wanneer hy ‘n manier vind vir haar om terug te keer na 2019, moet sy ‘n besluit neem: Volg sy haar hart en bly by hom, of moet sy teruggaan na alles wat vir haar bekend is? Hoogtyd is die vierde verhaal in Madelie Human se tydreisverhale. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch en volg op Tydloos, Jaargety en Ontydig.
Publikasiedatum: 2023-01-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352913

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Die wonderwerk van Kersfees begin hier...
Serina Bothma kom pas uit 'n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo. Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op. Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om by haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie. Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie…
Hierdie is 'n kersverhaal vol liefde, deernis en familiewaardes. Madelie gebruik godsdiens en Christenskap sonder dat dit die romantiek van die liefdesverhaal bederf.
Publikasiedatum: 2022-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352036

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde is tydloos
Juliette het altyd gedink haar oupa se stories oor sy silwer sakhorlosie wat oor magiese kragte beskik was sommer versinsels. En toe beland sy in die een en twintigste eeu nadat sy en Juli, haar nasaat van driehonderd jaar later, plekke geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hy dit geniet om haar touwys te maak oor die ingewikkeldhede van die hede, want hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie. Juliette ontdek op haar beurt weer 'n innerlike krag en begin stadig maar seker aanpas in die moderne wêreld. Boonop begin sy vir Luan leer ken en dis nie
lank voor hy haar hart behoorlik by haar vreemde nuwe klere wil laat uitspring nie. Dalk was die omruiling toe nie so ontydig nie…
Ontydig is die derde verhaal in Madelie Human se tydreis-reeks. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch en volg op Tydloos en Jaargety. Hierdie is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356867

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde kan jou siel genees
Zadelle, die nuwe dokter op Groeneweide, dra 'n donker geheim en stel geensins belang in enige verhouding nie. Totdat sy vir Jacques Greyling, 'n aantreklike beesboer ontmoet. Jacques verloor sy hart op Zadelle en is vasberade om haar vir homself te wen, maar vind gou uit dis nie so maklik nie. Jacques is egter 'n Greyling en deins nie terug vir enige uitdaging nie. Zadelle oorweeg 'n verhouding met Jacques, maar eers moet sy vir berading by die plaaslike dominee gaan om haar te help om haar verlede te verwerk. Sal Jacques haar verwerp as hy die waarheid oor haar verlede uitvind? Kan sy haar probleem oorkom? Jacques vind wel die waarheid uit, maar dit maak 'n sterker beskermingsdrang binne hom wakker. Hy werp alles in die stryd om haar te help en saam moet talle struikelblokke oorkom voordat hulle geluk kan vind.

Nog 'n inspirasieverhaal met baie hart wat op die dorp Groeneweide afspeel.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776353781

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
TERUG NA JOU: Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soosens 'n boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierde keer daaring slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester? IMPULSIEWE BESLUIT: Angilika besef haar lewe beweeg in 'n doodloopstraaat af. Sy is alleenlopend, en sy het geen vooruitsgte in haar werk nie. Tot die dag wat sy in 'n boemelaar vasloop.. DIE RING: Bianca vlug op haar troudag, en kruip weg op 'n vreemdeling se plaas wat vir haar werk aanbied. Hulle stamp koppe, en hy stoot haar telkens weg. Tot haar ongeluk...
Publikasiedatum: 2022-01-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776354948

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met 'n vrou...
Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was 'n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s'n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van 'n boek. Ryno het 'n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die
ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie. Is dit net 'n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?

ʼn Romantiese komedie met baie hart - Madelie het haarself oortref met hierdie boek.
Publikasiedatum: 2021-12-08
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.