●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Malene Breytenbach

Results 1 to 15 of 34
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870209

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Publikasiedatum: 2024-01-31
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000039999

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
R 320Jy spaar R 80
*Liefde Genees - Malene Breytenbach*
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie.
*Die willewragtig langsaan - Bets Smith*
Ná die trauma van ʼn onstabiele verhouding bedank Laynie as onderwyseres en verkoop haar woonstel. Sy gebruik ʼn deel van die opbrengs om ʼn lang vakansie te neem op Klippiesbaai waar sy ʼn krimi wil skryf. Met haar aankoms kruis haar paaie met haar buurman, Stefan Koeglenberg. Die stormagtige ontmoeting tussen Laynie en Stefan is nie die ideale afskop vir goeie buurmanskap nie en in Laynie se gedagtes is hy ná hierdie voorval “die willewragtig langsaan”.
*As jy naby is - Salomé Schutte*
Ná Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir ʼn wegbreek na ʼn geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ʼn man met blou oë en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is 'n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan lê nie. Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in?
*As die sterre kon praat - Corné van Rooyen*
Publikasiedatum: 2024-01-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037926

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Liefde en verlies - Malene Breytenbach*
Die liefde is sterker as verlies Hierdie is die opvolg van Liefde en oorlog, die verhaal van Maura en John. John en sy broer, Michael, is seuns van 'n skatryk volstruisboer in Oudtshoorn.
*Soos dans - Thea Holland*
Liefde het soms 'n hupstoot nodig! Ná haar liefdesteleurstelling was Rozette nie van plan om gou weer verlief te raak nie. Sy wou eers 'n vriendekring opbou en doodgewone dinge doen. Maar toe ontmoet sy vir Durandt met sy onheilige goudbruin oë. Dit sal 'n dorp vol bemoeisieke vroue verg om dié twee bymekaar te bring, asook 'n skinderbek of twee wat wilde stories uitdink oor Rozette se vuurwarm romanse met Durandt.
*Frieke se beskermengel - Bets Smith*
Liefde kan 'n gebroke hart genees Ná haar verloofde se dood in 'n kapingspoging worstel Frieke met skuldgevoelens. Op aandrang van haar ouers en haar beste vriendin vertrek sy na Italië waar haar stiefbroer, Marco, as argeoloog werk. Haar reis en hulle soektog na Alarick se legendariese graf maak die verre en onlangse verlede vir haar oop. Ondanks verraad, misverstand en gevaar vind sy die kosbaarste skat: Ware geluk.
*As die liefde kom - Corné van Rooyen*
Is die liefde net 'n mite? Mianke Grové, is 'n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot 'n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swaer vra haar om te gaan uithelp op sy vriend se wildreservaat waar sy die aantreklike natuurgids, Wian Engelbrecht ontmoet. Die vraag is: Gaan sy ingee tot opregte liefde of gaan sy vir Wian deur haar vingers laat glip?
Publikasiedatum: 2023-09-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359387

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die liefde is sterker as verlies
Hierdie is die opvolg van Liefde en oorlog, die verhaal van Maura en John. John en sy broer, Michael, is seuns van 'n skatryk volstruisboer in Oudtshoorn. Albei ding mee tot Margaretha se hart, maar dis Michael, die erfgenaam, wat uiteindelik met haar trou. John gaan veg in die Boereoorlog terwyl Margaretha in weelde in 'n volstruispales woon. John terug met 'n mooi en formidabele vrou en begin 'n gemengde boerdery. Dan stort die veremark oornag in duie en word almal wat skatryk was, skielik bankrot. Die ontnugtering, swaarkry en uitdagings gee vir Margaretha die geleentheid om te wys dat sy, soos haar nuwe skoonsuster, nie slegs 'n mooi gesig
het nie, maar ook 'n sterk ruggraat. Dit is dié verlies wat wys wat in mense steek. Margaret en Michael maak planne om te oorleef en met John se hulp help hulle die behoeftiges. Die liefde is sterker as verlies.
Publikasiedatum: 2023-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359066

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Kan liefde 'n oorlog oorwin? Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit Maura, dogter van ’n ryk boer in die Pretoria-distrik, om te gaan verpleeg. Die aantreklike John Cloete kom bly by hulle om in die oorlog te veg en om weg te kom uit Oudtshoorn ná ’n liefdesteleurstelling. Maura en John raak lief vir mekaar, maar die gevare en ontberings van die oorlog sorg vir vele struikelblokke op hul liefdespad. Maura verpleeg in die Bourke Hospitaal, en John word ’n verkenner. Met die Britte se opmars en uiteindelike verowering van Pretoria, word John ’n spioen vir Generaal Botha. Maura begin vir John help, ten spyte van die vele gevare. Deur alles bly hulle getrou aan hul liefde vir mekaar. Maar gaan hul albei, én hul liefde, die uitdagings van die oorlog oorleef?
Publikasiedatum: 2023-05-02
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037797

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
*Hand aan hand - Dina Botha*
Om liefde te kies, is nie altyd eenvoudig nie. Beeldskone Elzibi Nel, eks eerste prinses in 'n Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie, het absoluut geen gemis in haar lewe nie. Sy is heeltemal gelukkig met haar vriende en haar gimnasium wat sy van haar huis af bedryf. Tot dokter Luca Cronje en sy twee seuntjies langs haar intrek. Haar hart klop dadelik vinniger, maar dis nie vir die aantreklike en arrogante pa nie, maar vir die twee seuntjies wat sonder 'n ma grootword. Om Luca te besit is egter 'n onmoontlike droom, want haar beste vriendin het ook gevoelens vir Luca. Kies sy jare lange vriendskap of kies sy liefde?

*'n Wetenskaplike benadering - Elize Davies*
Passie is 'n eksperiment vol verrassings! Leandi Steyn keer terug na die Kaap om seker te maak dat haar broerskind, Madelein, versorg is. Vanuit die staanspoor bots sy met Madelein se voog, dokter Leon Hattingh. Maar dis nie so maklik om Leon se wetenskaplike benadering, én sy sjarme, te weerstaan nie.

*Liefde en oorlog-Malene Breytenbach*
Kan liefde 'n oorlog oorwin? Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit Maura, dogter van 'n ryk boer in die Pretoria-distrik, om te gaan verpleeg. Die aantreklike John Cloete kom bly by hulle om in die oorlog te veg en om weg te kom uit Oudtshoorn ná 'n liefdesteleurstelling. Maura en John raak lief vir mekaar, maar die gevare en ontberings van die oorlog sorg vir vele struikelblokke op hul liefdespad. Maar gaan hul albei, én hul liefde, die uitdagings van die oorlog oorleef?

*Djin in 'n koffiekan -Bets Smith*
'n Slukkie liefde vir jou? Clea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir 'n djin in 'n lamp om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om 'n baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan. Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad. Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit om 'n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin vermoed dat koffie dalk wel 'n towerdrankie is.

*Hoe om 'n hart te steel-Didi Potgieter*STOOM 02*
Binne 'n kwessie van 'n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom. Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly.
Publikasiedatum: 2023-05-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037780

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Hand aan hand - Dina Botha*
Om liefde te kies, is nie altyd eenvoudig nie. Beeldskone Elzibi Nel, eks eerste prinses in 'n Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie, het absoluut geen gemis in haar lewe nie. Sy is heeltemal gelukkig met haar vriende en haar gimnasium wat sy van haar huis af bedryf. Tot dokter Luca Cronje en sy twee seuntjies langs haar intrek. Haar hart klop dadelik vinniger, maar dis nie vir die aantreklike en arrogante pa nie, maar vir die twee seuntjies wat sonder 'n ma grootword. Om Luca te besit is egter 'n onmoontlike droom, want haar beste vriendin het ook gevoelens vir Luca. Kies sy jare lange vriendskap of kies sy liefde?

*'n Wetenskaplike benadering - Elize Davies*
Passie is 'n eksperiment vol verrassings! Leandi Steyn keer terug na die Kaap om seker te maak dat haar broerskind, Madelein, versorg is. Vanuit die staanspoor bots sy met Madelein se voog, dokter Leon Hattingh. Maar dis nie so maklik om Leon se wetenskaplike benadering, én sy sjarme, te weerstaan nie.

*Liefde en oorlog-Malene Breytenbach*
Kan liefde 'n oorlog oorwin? Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit Maura, dogter van 'n ryk boer in die Pretoria-distrik, om te gaan verpleeg. Die aantreklike John Cloete kom bly by hulle om in die oorlog te veg en om weg te kom uit Oudtshoorn ná 'n liefdesteleurstelling. Maura en John raak lief vir mekaar, maar die gevare en ontberings van die oorlog sorg vir vele struikelblokke op hul liefdespad. Maar gaan hul albei, én hul liefde, die uitdagings van die oorlog oorleef?

*Djin in 'n koffiekan -Bets Smith*
'n Slukkie liefde vir jou? Clea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir 'n djin in 'n lamp om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om 'n baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan. Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad. Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit om 'n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin vermoed dat koffie dalk wel 'n towerdrankie is
Publikasiedatum: 2023-05-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358786

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Voor jou het ek nie liefde geken nie...
As die enigste oorlewende erfgenaam van kinderlose alleenloper Contessa Gabriella di Bartolli, erf wynmaker Gabriella Armitage die wynplaas en herehuis in Umbrië, Italië. Die herehuis is egter vervalle en die plaas produseer nie meer wyn nie. Gabriella besluit om die eiendom te restoureer, behalwe vir die stuk grond wat haar groottante aan die skatryk en arrogante Conte Eduardo Antoneschi van die buurlandgoed, Montebello, verhuur het. Gabriella is verplig om die kontrak te hernu, al word sy deur die Antoneschi's as 'n onwelkome inkommer en vreemdeling beskou. Ten spyte van vele probleme wat opduik en die vonke laat spat, bly die aantrekkingskrag tussen Gabriella en Eduardo onmiskenbaar. Gaan twee hardkoppige harte mekaar kan vind?
Publikasiedatum: 2023-03-02
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352531

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Kan liefde die intriges van die Nyl oorleef?
Misdaadskrywer, Senta Burger, se jongste roman verkoop goed. Sy besluit om 'n blaaskans te neem en op 'n reis te gaan op die Nylrivier in Egipte. Saam met 'n klein eksklusiewe toergroep van tien mense ontmoet sy die Durand-broers, Paul en Robert. Van die staanspoor af is sy aangetrokke tot die onweerstaanbare, enigmatiese Robert, maar hul albei het egter gebroke huwelike en is versigtig vir nuwe verhoudings. Gedurende die toer is daar talle drama en lewensgevaarlike situasies wat hul saam beleef. Deur alles bewys Robert dat hy 'n uitsonderlike man is en verloor Senta haar hart op hom. Stadig ontluik die liefde tussen hulle, maar kan 'n nuwe verhouding al die intriges van die Nyl oorleef?
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639607016

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Op soek na die skatte van die verlede vind sy iets meer kosbaar in die hede. Wanneer joernalis Ingrid Thesen besluit om 'n gap-jaar te vat, besef sy nie waarvoor sy haarself inlaat nie. Sy vertrek saam met haar Joodse vriendin Sharon na Israel, waar sy 'n span argeoloë wil vergesel op 'n grawe in Galilea. Daar aangekom ontmoet sy die res van die span kenners, insluitende Leif Andersson, die Noorweegse historikus op die spoor wat sy Kruisvaarder voorvaders destyds na die beloofde land aangedurf het. Teen die agtergrond van hierdie antieke landskap probeer die twee bymekaar kom, maar Ingrid besef dat sy nie alleen is in haar aangetrokkenheid tot Leif nie. Op soek na skatte uit die verlede sal hulle ook die politieke onluste in die area moet trotseer as hulle 'n kans op liefde wil hê. Die storie speel af teen 'n interessante historiese agtergrond maar skroom nie weg van die politieke probleme van die hede nie. Malene se werk is kenmerkend vir die diepte van haar geskiedkundige navorsing.
Publikasiedatum: 2021-04-15
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781990968952

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
Deel I:

Die boere word verslaan en die oorlog bring verwoesting. Joiners en hensoppers, genoem Judasboere, verraai die bittereinders en loop oor na die Engelse. Kommandant Steenkamp en die Ermelo Kommando stel die jong Nicolaas Greeff, 'n National Scout, tereg. Dit veroorsaak 'n vete tussen die Greeffs en die Steenkamps wat tot moord lei. Salomien, 'n verfynde meisie afkomstig van Pretoria, getroud met die kommandant se seun, kry bitter swaar in die konsentrasiekamp en op die gestroopte plaas. 'n Engelsman wat die Steenkamps kom help, wil haar uit die lyding verlos.

Deel II:

In die 1990's publiseer Lood Steenkamp 'n boek oor die hensoppers en joiners in die Boereoorlog. Dit grief die nasate van die Greeffs, wat lede van die AWB is. Een besluit om op die skrywer wat hulle familieskande geopenbaar het, wraak te neem.
Publikasiedatum: 2020-10-13
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396058

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
'n Geheime organisasie wat plaasmoorde wreek - hoe diep moet Mysi Spies grawe om agter die kap van die byl te kom? Wanneer regter PG Pienaar in sy huis vermoor word, is ondersoekende joernalis Mysi Spies vroeg op die toneel. Haar instink waarsku haar dat die moord meer as 'n blote huisbraak was; die regter het immers kort tevore lede van 'n regse organisasie swaar gevonnis. In haar ywerige soektog na antwoorde ontdek Mysi egter meer vrae. Wie is die sogenaamde leier van Die Beskermers? Is dit 'n oud-Recce, gesoek deur die polisie, of kolonel Adrian Byant van die SAPD Taakmag? Wat probeer hierdie groep werklik bereik? Wie beskerm boere en wreek plaasaanvalle? Mysi vind 'n bondgenoot in Superintendent Elsie Redelinghuys, maar hulle ondersoek maak verskeie mense ongemaklik. Mense wat ou griewe wil wreek en maklik moord pleeg. Skadumagte is die opvolg op Malene Breytenbach se roman Bloedgrond wat in 2011 verskyn het.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398397

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 165
Van vennoot na sielsgenoot!
Kristin Kingsley se baas en geliefde, Ray Retief, lig haar en al die personeel van Conferences Etcetera in dat hy die besigheid sluit. Boonop los hy haar vir ʼn ander vrou. Ontnugterde Kristin stig ʼn nuwe besigheid. Haar aantreklike buurman, Ryno Brink, die gastehuiseienaar langsaan haar huis in Stellenbosch, was nog altyd soos haar broer. Hy word haar vennoot en help haar om die nuwe besigheid op die been te bring. Hulle reël ʼn kongres waar dinge verkeerdloop en hulle verskeie dramas beleef.
Kristin besef dat haar liefde vir Ryno verdiep en hy voel dieselfde. Hulle moet egter ʼn aantal struikelblokke trotseer voordat hulle mekaar werklik kan vind.

Ou liefde nuwe liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Malene Breytenbach se boeke vergelyk goed met Frenette van Wyk, Cynthia Robertson en Leandra Naudé se skryfwerk. Ou liefde nuwe liefde is haar derde SuperRomanza wat in 2019 gepubliseer is. Verlore skatte het in Julie verskyn, en Huis van geheime in Februarie
Publikasiedatum: 2019-11-07
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799395334

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Tydens ʼn lewensgevaarlike en avontuurlike ekspedisie na die Amasone-reënwoud word Frances se lewe in ʼn totaal nuwe rigting gestuur ...
Frances Wright, 'n botanis, en Riek Vanbrugh, ʼn herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met 'n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Saam met hulle gaan 'n antropoloog van Kaapstad Universiteit asook Jack Berry, avonturier en skrywer/fotograaf vir National Geographic. Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot, kleiner rubberbote en te voet die reënwoud in. Die fauna en flora is uitsonderlik, en hulle word deur mens, dier en plant bedreig.
Dit blyk gou tot Frances, Riek en Jack se ontnugtering, dat die ekspedisie se vernaamste doel is om 'n legendariese goue beeld by die verlore stam van Huakan te gaan steel. Ná skrikwekkende avonture, nadat hulle verdwaal het en hulle portiers weggehardloop het, vind die groep wel vir Huakan. 'n Vorige ekspedisie deur 'n Spaanse argeoloog is ook deur Carraldo geborg en hulle tref die argeoloog daar aan. Jack sien ook die goue beeld wat Carraldo begeer. Niemand kom glo weer uit Huakan nie en hulle moet met die Spaanse argeoloog se hulp ontsnap.
Hulle kom ooreen om die bestaan van Huakan geheim te hou, en die ekspedisie word vir die woedende, teleurgestelde en agterdogtige Carraldo as 'n mislukking voorgehou, behalwe dat die Spaanse argeoloog kwansuis by inboorlinge gevind en gered is. Hulle vertel nie van die verlore stam en goue beeld nie, en vlug behoorlik uit Iquitos om van Carraldo af weg te kom.
Terwyl hulle in die reënwoud deur gevare geteister is, het elkeen gewys wat in hom of haar steek. Jack Berry, wat eers spottend skepties was oor Frances se vermoë om die reënwoud te trotseer, kry al meer respek vir haar en hulle liefde vir mekaar groei. Met sy hulp ontdek sy 'n seldsame orgidee.
Nadat hulle terug is by die huis en hulle paaie geskei het, dink sy hy is uit haar lewe en sy sukkel om weer by haar normale lewe aan te pas. Hy kom haar egter haal.
Publikasiedatum: 2019-06-27
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799393521

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
In Toskane ontmoet Daniela die kunstenaar Franco Farini, die kleinseun van ʼn oud-krygsgevangene in Suid-Afrika, wat fresco's teen die mure van haar droomkapel geskilder het. Hy is onweerstaanbaar en gesog, net soos sy voorvader. Is sy bestand teen sy aantrekkingskrag of sal sy soos haar ouma haar hart aan 'n Farini verloor?
Publikasiedatum: 2019-02-26
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.