●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Martie Preller

Results 1 to 15 of 15
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798137577

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
“Drome kan gevaarlik wees,” het Mandla 'n week na die aaklige episode met Bill gesê. “Net as 'n mens toelaat dat hulle jou oorvat,” het Freddie geantwoord. Waarmee Freddie nie rekening gehou het nie, was dat om jou 'n entrepreneur te hou, nie altyd sonder slaggate is nie ... Hierdie lekkerlees-storie vol humor en patos gaan oor 'n jong seun se eerste treë in die grootmenswêreld.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002738

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
Diep, diep in 'n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.

In die vierde Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op 'n dag 'n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom 'n reuse-stootskraper. Soos 'n kwaai bul loop die stootskraper 'n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral le daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig 'n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!
Publikasiedatum: 2023-03-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002714

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
Diep, diep in 'n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.

Op 'n dag kom 'n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy vriende vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het 'n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie ...

Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks.
Publikasiedatum: 2023-03-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002691

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
Diep, diep in 'n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. 'Wie woon nog in die diep en donker bos?' wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir 'n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit 'n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie ... Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?
Publikasiedatum: 2023-03-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002677

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
Diep, diep in 'n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.

Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry. Die Babalela is 'n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos.
Dan kom 'n man eendag verby, en kom op die ongewone diertjie af. Getrou aan die mens se aard, vang hy die Babalela en neem hom saam sodat die eienaardige verskynseltjie ondersoek kan word. Die verhaal vertel van die Babalela se avontuur en die gelukkige afloop daarvan.

Die illustreerders, Andries en Erica Maritz, is twee talentvolle Suid-Afrikaners wat tans in Australië werk. Hulle werk is kleurvol en vol beweging, humor en emosie. Hulle illustrasies laat werklik reg aan die verhaal geskied.
Publikasiedatum: 2023-03-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002752

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 400
Diep, diep in 'n donker bos
waar die son net soms deur die takke loer,
diep, diep in 'n donker bos
waar die varings welig diepgroen staan,
diep, diep in 'n donker bos,
in 'n hol boomstomp, net onder 'n blaar,
woon die Babalela.

Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos - en beleef hope avonture!
Die 4 stories is nou almal saam as boekpak beskikbaar, of individueel.
Titels in die reeks:
Babalela
Diep, diep in 'n donker bos
Los ons uit!
Ons kan!
*  
Publikasiedatum: 2023-03-16
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391275

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 290
Jamie en Sebastiaan is terug in 'n fantastiese omnibus
Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met 'n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat - van noue ontkomings uit die hande van 'n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol.
Jamie en Sebastiaan
Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is 'n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van 'n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak …
Jamie en Sebastiaan en die storiemol
In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. 'n Wêreld sonder stories sal 'n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!
Publikasiedatum: 2019-03-19
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799374056

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
'n Lekker avontuurbelaaide leesboek vir beginners, met volkleur-illustrasies en 'n positiewe boodskap oor boeke wat selfs die traagste leser sal aanspoor om homself tussen die bladsye van 'n boek te begewe!
Publikasiedatum: 2016-05-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799341348

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, 'n baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn, en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. 'n Wêreld sonder stories sal 'n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur - met die hulp van 'n slim sprinkaan en 'n pratende hysbak!
Publikasiedatum: 2015-06-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362800

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 145
In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op 'n dag 'n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom 'n reuse-stootskraper. Soos 'n kwaai bul loop die stootskraper 'n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral le daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig 'n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!
Publikasiedatum: 2013-12-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799361100

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Verandering is goed vir 'n mens.Of so sê almal. Maar vir Christien Visagie voel dit of haar lewe op die dorpie Bitterwater die afgelope tyd té veel verander het. Dis nie net haar lang hare wat sy laat afsny het nie ... Haar hond, Brutus, is dood. En die vorige jaar was dit haar oupa en ouma en die motorongeluk. By die huis is daar vir seker iets fout. Haar pa en ma tree die afgelope paar weke baie vreemd op, maar hulle weier om te sê wat aangaan.Boonop kan sy nie meer met haar beste vriendin, Emily, oor alles gesels nie, want Emily het skielik net oë vir haar nuwe kêrel.

Al wat Christien deesdae beter laat voel, is haar e-posgesprekke met die geheimsinnige Jay. Hy klink so cool. En interessant. Hy stuur vir haar vreemde goed aan. Soms van sterre en die heelal. Soms van snaakse katte. Hy sê hou van sterre en katte en van Christien. Wie is hy en sal sy hom ooit ontmoet?

Maar dan maak haar eksentrieke ouma uit die bloute haar opwagting. En saam met haar bring sy 'n tas vol geheime wat Christien se hele lewe vir ewig verander.Sal haar familie dit regkry om brûe te bou oor die water wat hulle al so lank van mekaar skei?

In hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Martie Preller word temas soos eerste liefde en ingewikkelde familiegeheime op 'n humoristiese, deernisvolle wyse verken.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799345063

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 145
Diep, diep in 'n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.

Op 'n dag kom 'n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy vriende vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het 'n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie ...

Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks.
Publikasiedatum: 2009-11-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799342826

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 170
Diep, diep in 'n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. 'Wie woon nog in die diep en donker bos?' wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir 'n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit 'n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie ... Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?
Publikasiedatum: 2008-08-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351033

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
In hierdie storie-omnibus deur geliefde kinderboekskrywer Martie Preller, beleef Jamie en sy beterweterige kat, Sebastiaan, drie asemrowende avonture.
Publikasiedatum: 2007-12-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624033325

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
'n Gewone meisiekind gaan stap op 'n gewone middag in 'n gewone bos... en kom af op die varkie wat besig is om vir hom 'n strooihuisie te bou, drie bere in 'n knus chalet, Sneeuwitjie, en 'n handvol ander karakters wat veronderstel is om net in sprokies te bestaan.
Publikasiedatum: 1996-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.