●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Nerine Ahlers

Results 1 to 15 of 20
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000307

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002615

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is.
Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon.
Genoeg is genoeg. Kiana bied hom 'n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit.
Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183598

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
Zander se sussie is weg. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Sy ma loop soos 'n spook in die huis rond. Sy pa word al hoe stiller. Maar daar is genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle gaan 'n kortfilm maak vir hulle kunstaak en hulle gaan seerowers wees! Met tamatiesous vir bloed, oogklappe, swaarde, 'n boot (wat hulle by die buurman gaan “leen”) en als. Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet - die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad. Maar dan ontdek hulle iets skokkends in die donker water: die lyk van 'n vrou. . . En wanneer Zander besef wie die moordenaar is, word dit 'n saak van lewe of dood.
Publikasiedatum: 2023-05-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637001571

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Dienkie is alweer in die moeilikheid ...
Dienkie en Lea word die teikens van smokkelaars as hulle per ongeluk sien hoe 'n kosbare beeldjie uit die Louvre in Parys gesteel word. Die twee meisies word ontvoer en moet uit 'n pakhuis ontsnap. Gelukkig het die vriendinne teen hierdie tyd genoeg vaardighede om hul uit die situasie te kry. En ... is dit nou finaal verby tussen Dienkie en Sergio of gaan hulle uiteindelik die groot stap neem om 'n paartjie te wees?

Hierdie titel is die derde boek in die reeks en volg op Losprys in Parys en Per ongeluk Parys.
Publikasiedatum: 2023-03-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354573

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn. Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag 'n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ''n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat net niemand daaroor nie. Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe ... Die boek is 'n naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie. Nerine het saam met Alet Steenkamp talle boeke vir tieners geskryf. Die gewilde “SSS-reeks”, met titels soos Selfone, skelms en sjokolade, is 'n voorbeeld.
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313670

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid - hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê? Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na 'n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande. Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op 'n mistige middag …
Publikasiedatum: 2022-09-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313656

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …
Publikasiedatum: 2022-04-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776350308

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos 'n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergio is 'n hunk. 'n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. Hierdie situasie spel vir haar net een woord: Moeilikheid. Veral toe Sergio se Franse vriendin, Veronique, van die uitnodiging hoor. En dit is nog voordat tannie Mon en Dienkie se niggie, Trish, in Parys aankom. Hoekom is twee onbekende mans op Trish se spoor? En hoe gaan hulle van die mans ontslae raak? Veral as Dienkie vir Sergio ook nog op 'n afstand moet probeer hou? Hierdie boek is die opvolg van Losprys in Parys.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312352

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
Uiteindelik het Daniël 'n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.
Publikasiedatum: 2021-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312291

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir 'n naweek na die plot gaan en ontspan - en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie. Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …


Kamp is nie vir sissies nie!
Publikasiedatum: 2021-04-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604206

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
Liefde op die maat van die musiek ...
Toe Maya en Joe mekaar een aand by 'n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ... Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.
Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Op die maat van Maya is 'n pragtige liefdesverhaal, maar vertel ook 'n dieper storie oor die band tussen 'n meisie en haar ouers. Die verhaal sal beslis aanklank vind by musiekliefhebbers, asook almal wat van 'n ietjie liefde hou.
Die boek was op die kortlys van LAPA se Jeugromankompetisie 2019
Publikasiedatum: 2021-03-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604077

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
Al wat Dienkie wil hê, is om raakgesien te word deur Eddie, die ou wat sy by die gimnasium ontmoet het. Wat sy nié wil hê nie, is die drama wat volg op 'n ontvoeringspoging. Want een van die skurke wat deel is van die groot hofsaak wat haar prokureur-ouers hanteer, hou juis van sulke bangmaak-tegnieke. Haar ouers besluit daar is net een oplossing: Sy moet na Parys, Frankryk gaan. Daar sal sy by haar vriendin Lea en haar ouers kan bly tot die hofsaak verby is. Maar Dienkie beland weereens - per ongeluk - in die middel van 'n situasie wat vir haar moeilikheid veroorsaak.
Gelukkig is die aantreklike Sergio aan haar sy ...

'n Aksiebelaaide tienerboek met 'n boeiende romanse daarby, deur een van die skrywers van die gewilde SSS-reeks. Die boek was op die kortlys vir die LAPA-jeugromankompetisie van 2019
Publikasiedatum: 2020-11-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311614

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?
En dan is daar die mans met die swart pakke - wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Hoërskool is nie vir sissies nie!
Publikasiedatum: 2020-07-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310013

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
Ná 'n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt 'n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly.
Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man 'n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie.
Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie.
Hoërskool is nie vir sissies nie!
Publikasiedatum: 2020-03-09
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485309987

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een.
Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in 'n skelm - wat vir Peet soos 'n lammetjie laat lyk - begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer?
Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!
Publikasiedatum: 2019-07-20
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.