●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: ROMANZA JANUARIE 2024

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870278

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Ná die trauma van ʼn onstabiele verhouding bedank Laynie as onderwyseres en verkoop haar woonstel. Sy gebruik ʼn deel van die opbrengs om ʼn lang vakansie te neem op Klippiesbaai waar sy ʼn krimi wil skryf. Met haar aankoms kruis haar paaie met haar buurman, Stefan Koeglenberg. Die stormagtige ontmoeting tussen Laynie en Stefan is nie die ideale afskop vir goeie buurmanskap nie en in Laynie se gedagtes is hy ná hierdie voorval “die willewragtig langsaan”. ʼn Wapenstilstand en versigtige vriendskap ontwikkel tussen hulle, maar Stefan sukkel om die dood van sy vrou en hul seuntjie te verwerk en sluit sy hart vir ʼn kans op nuwe geluk. Die liefde loop egter sy eie pad en het die vermoë om selfs die diepste seer te genees.
Publikasiedatum: 2024-01-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870209

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Publikasiedatum: 2024-01-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870063

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Jare gelede het Amelia Henning haar hart gesluit vir enige vorm van die liefde. By Enigma, die wildreservaat waar sy werk, staan sy bekend as die katvrou met haar kennis en liefde vir luiperds. Amelia vind dit moeilik om vriende te maak totdat sy vir Justin Mills ontmoet. Met sy grasgroen oë en terglustige glimlag help hy haar om uit haar dop te kruip. Hoe meer tyd hulle saam deurbring, hoe sterker word haar gevoelens vir hom. Sy veg daarteen, maar tog kan sy nie ontken dat sy begin verander nie. Sy is nie meer die kwaai, stroewe mens van voorheen nie en weet Justin is deel van die verandering. Haar verlede bly egter in die pad staan van haar emosies. Gaan sy toelaat dat die verlede haar toekomstige geluk steel, of gaan sy haar hart oopmaak teenoor Justin?
Publikasiedatum: 2024-01-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870032

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Ná Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir ʼn wegbreek na ʼn geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ʼn man met blou oë en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is 'n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan lê nie. Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in?
Publikasiedatum: 2024-01-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000039999

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
*Liefde Genees - Malene Breytenbach*
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie.
*Die willewragtig langsaan - Bets Smith*
Ná die trauma van ʼn onstabiele verhouding bedank Laynie as onderwyseres en verkoop haar woonstel. Sy gebruik ʼn deel van die opbrengs om ʼn lang vakansie te neem op Klippiesbaai waar sy ʼn krimi wil skryf. Met haar aankoms kruis haar paaie met haar buurman, Stefan Koeglenberg. Die stormagtige ontmoeting tussen Laynie en Stefan is nie die ideale afskop vir goeie buurmanskap nie en in Laynie se gedagtes is hy ná hierdie voorval “die willewragtig langsaan”.
*As jy naby is - Salomé Schutte*
Ná Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir ʼn wegbreek na ʼn geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ʼn man met blou oë en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is 'n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan lê nie. Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in?
*As die sterre kon praat - Corné van Rooyen*
Publikasiedatum: 2024-01-11
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870131

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig 'n les moet leer... As mede-eienaar van 'n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na 'n trouvrou nie, maar ook 'n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig. Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?

Alan is die eerste boek van 'n nuwe reeks deur Elsa Winckler wat handel oor die Skotse Sutherland-broers se soektog na liefde.
Publikasiedatum: 2024-01-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.