●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: ROMANZA NOVEMBER 2022

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352531

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Kan liefde die intriges van die Nyl oorleef?
Misdaadskrywer, Senta Burger, se jongste roman verkoop goed. Sy besluit om 'n blaaskans te neem en op 'n reis te gaan op die Nylrivier in Egipte. Saam met 'n klein eksklusiewe toergroep van tien mense ontmoet sy die Durand-broers, Paul en Robert. Van die staanspoor af is sy aangetrokke tot die onweerstaanbare, enigmatiese Robert, maar hul albei het egter gebroke huwelike en is versigtig vir nuwe verhoudings. Gedurende die toer is daar talle drama en lewensgevaarlike situasies wat hul saam beleef. Deur alles bewys Robert dat hy 'n uitsonderlike man is en verloor Senta haar hart op hom. Stadig ontluik die liefde tussen hulle, maar kan 'n nuwe verhouding al die intriges van die Nyl oorleef?
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358625

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Die pad na liefde maak onverwagse draaie
Annie Kruger is werkloos, en kêrelloos. Wanneer sy die geleentheid kry om vir ses weke vir die beroemde skrywer, Richter Jans, te gaan huishou, gryp sy dit met albei hande aan. Maar die bebaarde, bot man wat haar op die lughawe ontmoet lyk geensins soos die aantreklike skrywer op sy boeke se agterblaaie nie. Richter het nie verwag dat sy nuwe huishoudster soos Annie gaan lyk nie. Nog minder dat sy so vinnig emosies in hom gaan wakker maak wat hy verkies om onder slot en grendel te hou na sy vrou se dood. Annie probeer op haar beurt om nie vir Richter in haar hart toe te laat nie. Die enigste vlieg in die salf is die buurman wat ongevraagd Kupido begin speel om Richter van sy wewenaarskap te verlos.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352715

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Liefde gebeur in 'n oogwink
Karli stel nie belang in 'n vaste verhouding nie. Nóg minder om deel te wees van 'n nuwe realiteitsprogram soortgelyk aan 'The Bachelor'. Wanneer haar beste vriendin, Juliet, haar hulp nodig het om haar werk te red, dink Karli nie twee keer nie. Die plan is eenvoudig: daag op vir die eerste aand se verfilming sonder die risiko om gekies te word vir die program. Of só dink hulle. Dokter Armandt Schutte se familie reken dit is tyd dat hy minder op sy loopbaan fokus en meer op sy liefdeslewe. Onbeplan beland hy as die eerste Bachelor in Reis na Liefde. Armandt is egter nie iemand wat hom laat voorsê nie. Binne 'n oogwink bevind Karli haarself op 'n luukse seiljag saam met nege ander dames wat meeding om Armandt se liefde te wen. Sal sy haar hart teen die aantreklike en sjarmante Armandt kan beskerm? Nog belangriker: gaan haar tyd op Reis na Liefde in 'n ramp eindig?

Hierdie debuut is lekker modern - die heldin is 'n NSRI-helikopter vlieënier met 'n sterk persoonlikheid wat haar man kan staan teen onmoontlike situasies. Die agtergrond speel af in die hedendaagse wêreld van realiteitsprogramme.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354825

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Kan tyd 'n huwelik red?
Na die tragiese dood van hulle seuntjie in 'n motorongeluk, moet Ruhan en Anika die stukkies van hulle lewe optel. Anika sukkel om hul kind se dood te verwerk en in die proses verstoot sy vir Ruhan en lei dit tot talle rusies
tussen hulle. Anika betrap vir Ruhan en sy sekretaresse in 'n hartstogtelike omhelsing. Sy dagvaar hom vir ′n egskeiding, nét toe die president die lansdwye inperking aankondig. Ruhan stel Anika voor 'n ultimatum: hy sal instem tot die egskeiding as sy na die inperkingstyd steeds dieselfde voel. Sy stem teësinning in, maar haar kuldgevoel, rou en onsekerhede bly egter tussen hulle kom en vergemaklik nie hulle verhouding nie. Gaan Ruhan dit regkry om Anika te oortuig hoe lief hy haar het, of is sy pogings tevergeefs?

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. In hierdie passievolle romanse word die uitdagings van 'n huwelik deeglik aangeraak en die invloed
wat dit op beide 'n man en 'n vrou het.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.