●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Soek resultate: Sophia Kapp

Results 1 to 14 of 14
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780799399455

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
R 280Jy spaar R 70
Kan hierdie liefde se prys betaal word?
Hulle is pole uit mekaar: Hy is ʼn eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ʼn skatryk Engelse sakeman. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop sy in sy arms in, en wanneer haar wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ʼn uitweg - ʼn jaar op Kanaän as sy vrou.
Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel, besluit Catherine, maar kort voor lank besef sy dat sy aan Chrisjan meer het as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende.
Al wat sy nie weet nie, is of sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, sal kan betaal.

Kanaän is Sophia Kapp se eerste historiese liefdesroman, en kan vergelyk word met The magic of ordinary days deur Ann Howard Creel en Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies deur Irma Joubert. Die verhaal betrek die politiek en geskiedenis van die tyd, maar lewer nie sosiale kommentaar soos met Kantelpunt nie.
Publikasiedatum: 2020-05-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395495

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Hierdie is haar tweede kans om te wys dat sy genoeg is - veral aan haarself! Nanette het pas haar werk verloor en sy weier om 'n sent van haar man se familie te aanvaar. Sy was drie jaar gelede nie genoeg vir die De Langes nie, en veral nie vir Barry de Lange nie. Maar haar seuns se oupa het pas 'n hartaanval gehad en hulle wil graag hê die seuns moet op die familieplaas, Geluk, kom kuier. Sy sal dit doen vir haar seuns, maar sy gaan nie weer gedwee en geduldig wees indien hulle haar soos 'n indringer laat voel nie. Wie sy is, het bestaansreg. Maar dinge is nie hoe sy dit onthou nie. Haar seer en swaarkry is eg, maar is dit dalk net een kant van die storie? Sy leer haar skoonouers ken, en haar swaer Barry ... Ontstig, ontdek sy dat ʼn man wat sy al die jare maklik kon afmaak as ongevoelig, is iemand wat weet wat die liefde is en hoe diep dit kan reik. 'n Tweede kans op Geluk is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin. Dit is ook die baie gewilde Sophia Kapp se tweede Romanza.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390919

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
R 149Jy spaar R 201
ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue
Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding.
Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag - sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing.
Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal.
Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees - die een met wie sý in vrede kan saamleef.
“Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees - vroue en mans.” - Chanette Paul
Publikasiedatum: 2018-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799352054

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
R 315Jy spaar R 35
'Hierdie is 'n herdruk van Sophia Kapp se sewende boek, waarvoor sy 'n ATKV-woordveertjie gewen het.

Lank staan Juan-Carlos na die slapende kind en afkyk, dan krul sy hande vasberade om die bababedjie se reling en hy trek sy asem diep in. Hy sal hierdie ding wen. Hy sál! Hierdie onkeerbare, onsinnige bruising wat elke keer in hom opstoot wanneer hy die vroumens sien, gaan hy uitroei, wortel en tak. Sy is heeltemal buite sy bereik, verdomp! Kyk net hoe het sy vandag gelyk - die ene klas en styl en duur elegansie, met daardie somerblou oë en die vel so glad en wit soos albaster. 'n Regte, egte English rose, kompleet met erfgrond en 'n geslagsregister wat sy stellig kan terugtrek tot by Hendrik die Seevaarder. Wie is hy? Isabella D'Oliveira se weggooikind wat tussen kratte tamaties en streepsakke mieliemeel grootgeword het.
En sy's boonop 'n ander man se vrou.
Al wat moet gebeur, is dat sy onnosel hart moet aanvaar wat sy kop lankal weet: dat Rosalie Harrington-Jones net so pragtig en koud en onbereikbaar is as die bliksemse Aandster en dat sy is waar sy veronderstel is om te wees: aan die sy van 'n Engelsman met 'n lang bolip en 'n Jaguar. Laat hy wat Juan-Carlos is liewer sy emosionele energie reserveer vir die gesin wat wel aan hom toevertrou is.
Die afgrond tussen hulle is so onoorbrugbaar as die Drakensberg se donkerblou klowe: sy is Boere-adel, een van die stoere Jordaans; hy is die Portugese kafeebaas se seun. Haar loopbaan het haar buiteland toe geneem, sy hart lê hier in Afrika. Daar is Henriëtte Jordaan se onversetlike vooroordeel teenoor KwaMoyeni se mense; die sjef, Thandi, wat na haar kyk met haat en afkeer in haar donker oë; en die klein seuntjie, Danny, wat teen Juan-Carlos se bors aanleun en duidelik die man se hart in sy klein handjie hou.
Toe Rosalie egter teen wil en dank vir Juan-Carlos D'Oliveira op KwaMoyeni moet gaan werk, kom sy stelselmatig tot die besef dat dít wat die gemeenskap - en veral Henriëtte Jordaan - al die jare heen oor hom loop en skinder het, nie die volle waarheid is nie. Dis 'n fyn siel wat in daardie groot lyf woon, iemand met oneindige begrip en deernis vir mense, iemand wat haar weerstand dag na dag wegkalwe en haar weerloos voor die omvang van haar eie liefde laat.
Maar dis eers toe sy die donker, wrede geheim ontdek wat op KwaMoyeni gehuisves word, dat sy besef: daar is 'n prys om te betaal, en sy is eintlik daarheen gebring om die rekening te vereffen.
Gaan al die verskille, die misverstand, die manipulasie en die bagasie van die verlede hulle uitmekaar dryf, of kan liefde, vergifnis en aanvaarding die heling bring wat hulle al twee so nodig het?'
Publikasiedatum: 2018-01-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799380477

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 81Jy spaar R 9
Gerrit verwyl sy tyd in Thailand met toeriste-uitstappies terwyl hy wag dat 'n sakeman hom kontak, want hy is hier om die man te fotografeer. Dis op 'n toeristeboot wat hy haar egter gewaar: Die meermin met die onmoontlike mooi groen oë. Sophia Kapp skryf oor die liefde, oor alle aspekte daarvan: die opwinding en die seer; die maklik en die swaar; die lig en die donker. Moeilikheid met 'n meermin is haar eerste romanse in die Romanza-reeks. Sean Tucker is op 29 Februarie 2016 as wenner van die Romanza Ridder-kompetisie aangekondig. Hy verskyn in Augustus 2016 as voorblad-held op Sophia Kapp se Romanza, Moeilikheid met 'n meermin.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380965

Nie-fiksie / Non-fiction: Joernale / Journals

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Joernale / Journals
R 220
R 198Jy spaar R 22
Hierdie kreatiewe joernaal is 'n uitvloeisel van die Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva en is op versoek van lesers. Die joernaal bestaan uit twaalf sketse oor hedendaagse ervaringe wat vroue beleef, maklike resepte, uittreksels uit die divagids asook gedeeltes waar lesers joernaal-inskrywings kan doen en teken of foto's of prente kan inplak. Die beginsel wat hiermee oorgedra word, is dat skryf en teken jou kan help om koers te hou.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799378009

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
R 149Jy spaar R 201
Dit is Simoné se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit 'n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is 'n bedenklike verlede, 'n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos 'n meulsteen om haar nek hang.
Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner.
Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan 'n loopbaan, 'n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself.
Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Publikasiedatum: 2016-03-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799368505

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 320
R 288Jy spaar R 32
TWEEDE UITGAWE
Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deel van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, 'n onopvallende sanger in 'n grot van 'n kroeg iewers op die Kaapse suidkus, is pole van mekaar verwyder. Maar na 'n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind. Gaan die houe wat die lewe uitgedeel het hulle in die jaar wat hulle saam is heeltemal uitmekaar dryf, of kan hulle juis in mekaar die maat vind wat hulle volledig mens sal maak?
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799361476

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 340
R 306Jy spaar R 34
Driehoek is Tessa se verhaal. Tien jaar het verloop nadat ons Tessa in Die verhuising leer ken het. Sy is nou 32, 'n vryskutjoernalis in Johannesburg en swanger by 'n man wat nooit vir haar vertel het hy is nog getroud nie. En vir die eerste keer in haar lewe is Tessa in 'n hoek waaruit niks haar kan help nie. Dis sy, haar gewete en die moedeloosheid wat soos 'n swart jas aan haar hang. Selfs nie eers as Danelle haar kom haal en haar Potch toe neem om te herstel, sien sy lig nie. Dit is eers as sy in dieselfde rehabilitasiesentrum beland as waar Danelle se ma was, dat sy besef hoe verskriklik sy as mens gefaal het.

Maar Driehoek is ook Amanda se storie - die ander vrou in die liefdesdriehoek. Ten spyte van Tessa se pogings om die verhouding stil te hou, vind Amanda uit dat haar man haar verneuk het, en sy moet toekyk hoe die gesin waarom haar hele lewe gewentel het, uitmekaar val. Sy probeer vergewe en vergeet, maar dit help nie - haar man het 'n mens geword wat sy nie ken nie en wat sy nie meer in haar lewe wil hê nie. Uiteindelik is haar woede en wrokkigheid oor sy verraad so erg dat sy nie net haar huwelik vernietig nie, maar haar kinders - en haarself - in die proses skade berokken.

In die ander hoek staan Hertzog van der Walt, Amanda se broer en 'n professor in teologie op Potchefstroom. Hy is die een wat moet toekyk hoe sy suster en haar dogters swaarkry omdat 'n koelbloedige vrou na 'n man gegryp het waarop sy nie geregtig was nie en wat moet stilbly toe die einste vrou by sy bure kom aansterk.

Tessa is 'n doring in sy vlees - hy weet presies wie en wat sy is en hoe ver sy sal daal - en sy is in elke moontlike opsig die teenoorgestelde van wat hy in 'n vrou bewonder. Maar dit keer nie dat hy van haar bewus is nie - verskriklik bewus is nie - en elke onderonsie wat hy met haar het, versterk die bewustheid honderdvoudig. Uiteindelik moet hy die stryd gewonne gee en erken dat hy op haar verlief geraak het, maar selfs dit is nie maklik nie - Tessa se liefde is nie iets wat met vooroordeel van enige aard gepaardgaan nie. Dit kos hom 'n hele paar moeilike lewenslesse voordat hy in staat is om te besef hoe hy haar moet benader.
Driehoek is nie 'n konvensionele liefdesroman nie. Dit stel besondere eise aan die hoofkarakters en die leser, en daar is nêrens 'n maklike oplossing nie. Al wat daar uiteindelik is, is vergifnis en genade en die bereidwilligheid om te aanvaar dat die lewe meer kompleks is as wat die meeste mense mee gemaklik is. Maar vir almal wat bereid is om hulle bagasie, hulle vooroordeel en hulle voorbehoude neer te lê, is daar 'n tweede kans en 'n geleentheid om ten volle te mag liefhê.
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799367706

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 320
R 288Jy spaar R 32
Liz Aucamp het tien jaar gelede haar geboortedorp as banneling verlaat. Vandag is sy 'n onkoloog wat op die drumpel van 'n briljante akademiese loopbaan staan, maar omstandighede dwing haar terug Groblersdorp toe, waar die skindertonge maar te gretig wag om haar te verslind.
In die stowwerige hitte van die Klein-Karoo moet sy weer vir Jans Gildenhuys in die oë kyk, die man wat haar jong liefde vertrap het, moet sy vir Magdel Aucamp en haar verbete snobisme trotseer, en moet sy haar man staan teen Herk Louw, die prokureur met die sardoniese glimlag en oniks oë, wat haar bloot op grond van skinderstories veroordeel en verwerp het.
Algaande besef Liz dat Groblersdorp haar nodig het, miskien nog nodiger as al die pasiënte in Johannesburg se goedtoegeruste hospitaal, en dat daar vir haar 'n plek in die gemeenskap oopgegaan het wat net sy sal kan volstaan. Al wat sy nie weet nie, is of daar vir haar 'n plek in Herk Louw se hart is ...
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799361452

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 284Jy spaar R 31
'n Nuwe lente is 'n heruitgawe van Sophia Kapp se tweede liefdesroman wat in 2008 verskyn het en is die tweede boek in Die Malansusterstrilogie.

Dis JC Malan, Adri van Die erflating, se bloedsuster, se storie. Sy is lief en saggeaard en praktiseer as fisioterapeut. Sy was vasgevang in 'n onbevredigende, giftige verhouding wat haar verwar en ongelukkig gemaak het en dit spat uiteindelik uitmekaar wanneer sy uitvind dat sy verneuk word.

Om daaroor te kom gaan rus sy vir twee maande in haar idilliese strandhuis op Uitsig, Adriaan Malan se erflating aan haar. Daar word sy gedwing om dié kosbare tyd met Josua du Toit te deel, want hy weier om die huis te ontruim.

Aanvanklik is daar min aan hom wat haar aanstaan - hy is 'n slons, ongeskik en afsydig - maar namate hulle lewe meer en meer ineenvloei, besef sy dat daar 'n fyn siel agter die barsheid wegkruip.

Hy is 'n man van skadu en stilte, van geheime wat hy nie gedeel kry nie. Dit kos 'n tragedie voordat hulle hul bagasie van die verlede kan aflê en uiteindelik kan JC die verraad, vernedering en seer oorkom en leer sy om weer te vertrou.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799361483

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 340
R 306Jy spaar R 34
Die lewe is nie regverdig nie. In plaas van die opwindende nuwe begin op Stellenbosch waarna Danelle uitgesien het, moet sy alles wat vir haar kosbaar is in die Kaap agterlaat en op 'n gops van 'n dorp in 'n grot van 'n huis 'n nuwe begin gaan maak. Om alles te kroon, raak haar ma elke dag meer van 'n vreemdeling en word die verantwoordelikhede van die studentehuis waarin hulle bly, 'n groterwordende las.

Dan ontmoet Danelle vir Wessel Greyling, die plaaslike kampus se rugby-held. Dis liefde by die eerste aanblik vir Danelle, maar die verhouding maak haar seer - sy kom agter hy mors met haar, maar weet ook nie hoe om uit die betowering te breek nie. Dis eers as dit te laat is, dat sy besef wat sy prysgegee het en alles in die proses verloor het.

Dis 'n moeilike grootwordjaar waarin sy 'n klomp lewenslesse moet leer - en nie altyd ewe goed vaar nie. Maar dis ook 'n jaar waarin sy leer dat niemand se lewe net maneskyn en rosegeur is nie en dat daar agter elke sukkelende mens - selfs haar ma - 'n storie is wat begrip verdien. En waarin sy leer wat ware vriendskap is, en waarin veral Tessa, haar uitgesproke huismaat, 'n groot rol speel om te keer dat die dom besluite wat sy neem, permanente skade aanrig.

Al wat sy nie weet nie, is of sy ná al haar foute Lambert Volschenk, die SR-voorsitter-van-langsaan, se suiwer liefde nog waardig is.
Elke vrou wat eens op 'n tyd 18 en naïef was, sal by Danelle aanklank vind, en saam met haar dankbaar wees vir elke tweede kans wat haar gegun word.

Die reeks

Die verhuising is 'n heruitgawe en vorm 'n tweeluik saam met Driehoek, die nuwe boek. Albei verhale is net soveel coming-of-age-romans as wat dit liefdesverhale is en vroue van alle ouderdomme sal daarmee identifiseer.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799361469

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 284Jy spaar R 31
Waar die hart is, is 'n heruitgawe van Sophia Kapp se derde liefdesroman wat in 2008 verskyn het en is die derde boek in Die Malansusterstrilogie.

Dis Idalette se storie, JC en Adri Malan se rooikop stiefsuster met die vurige en impulsiewe temperament. In haar eie oë is sy die 'aangelapte' Malan wat nooit in haar bekwame, suksesvolle susters se voetspore kon volg nie.

Haar loopbaan as model is op 'n einde, haar huwelik was 'n mislukking, haar geldsake is 'n gemors, en boonop beskuldig Charl Nienaber, die trustee van haar erflating, haar dat sy 'n slegte ma vir haar seun is.

Haar stiefpa het die herehuis waarin sy en haar stiefsusters grootgeword het aan haar bemaak. Dis die enigste anker in dié moeilike tyd - al lyk dit asof sy dít ook gaan verloor.

Maar sy is Idalette Malan en sy weet nie hoe om te gaan lê nie. Tree vir tree herbou sy haar lewe, skep sy sin uit haar omstandighede, en verwerf uiteindelik die selfrespek wat sy nooit in haar kinderjare opgebou kon kry nie. Wat sy egter die graagste wil hê, is Charl se liefde en respek. En hy is so swygsaam soos 'n sfinks.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799361391

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 315
R 284Jy spaar R 31
Die erflating is 'n heruitgawe van Sophia Kapp se eerste liefdesroman wat in 2007 verskyn het en die eerste boek in Die Malansusterstrilogie.

Die verhaal speel af teen 'n korporatiewe agtergrond in Kaapstad. Die hoofkarakter, Adri Malan is sterk, beheers, intelligent en dinamies. Sy is die finansiële direkteur by haar pa se maatskappy en verwag om by hom oor te neem. Maar na sy skielike dood moet sy hoor dat hy die beherende aandeel aan 'n vreemdeling verkoop het.

Adri is uit die staanspoor vyandig teenoor haar aantreklike nuwe baas en hulle sit vas oor elke denkbare onbenulligheid. Sy begin hom al hoe meer verwens en hy wantrou haar al hoe meer. Dit word 'n stryd om oorlewing - professioneel en emosioneel. Sy is nie bestand teen sy aantrekkingskrag nie, haar geloofwaardigheid by die maatskappy word gesaboteer en sy wonder of hy van haar ontslae wil raak.

Tóg is daar 'n aantrekkingskrag tussen hulle en geleidelik ploeg hulle deur die misverstande. Sy besef dat haar houding hom rede gegee het om haar te wantrou en hy besef dat sy skrikkerig is omdat sy onder haar dominerende pa geleer het om haar emosioneel van die wêreld te onttrek.
Publikasiedatum: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.