●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795710728

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 235
**GETEKENDE EKSEMPLARE (terwyl voorraad hou)**
Fisika, die metafisiese, en soms selfs wetenskapfiksie word onder meer verweef in die bekroonde skrywer Tom Dreyer se debuutbundel, Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Die gedigte begin in die konkrete. Met fyn waarneming word bestaande plekke - sommige naby en ander ver - taktiel uitgebeeld. Dit is veral waar in die vele reisgedigte en natuurgedigte. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, 'n soeke na waar jy hoort, en van die mens se nietigheid binne die onmeetbare ruimtelike bestel. Ook verlange, weemoed en liefde word in hierdie bundel verken. Die eerlike, ontroerende liefdesgedigte, ontdaan aan sentiment, tel onder die bundel se vele hoogtepunte. Dit is 'n poëtika gekenmerk deur die evokatiewe gebruik van klank, en die keuse van die presiese resonante woord. 'n Bundel waarmee Dreyer hom onomwonde as digter vestig.
Publikasiedatum: 2023-04-28
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313373

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 275
Om hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy 'n 3D-bril opsit of 'n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede.
Dreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien.
Dis 'n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos 'n vingerhoed, 'n verdwaalde los skroefie, 'n geel badeendjie op die vloer van 'n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor 'n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, 'n intakte beesoog in die pad, meerminne, 'n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander.
Die skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415208953

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 280
In the wake of his father's death, Gilbert du Toit begins to see rays of light and schools of fish streaking through the air. He believes that these visions are sending him a message, and sets off to follow his peculiar guides across the vastness of the Great Karoo.

A journey that begins with a sense of purpose deteriorates into a manic and unpredictable expedition. When Gilbert's path crosses that of the Howlers, a trio of ex-convicts touring the country with violin, trumpet and guitar, he is steered to dinosaur parks and backroad bars in the South African hinterland. Yet, as his travels unfold, it becomes clear that his past cannot be outpaced so easily.

A love affair in Kuils River offers respite, but in the end Gilbert must confront the question: what is the message in the signs he sees all around him?

In glimmering prose infused with humour and pathos, Tom Dreyer's The Long Wave is a tale of transformation, friendship and the mystery at the heart of ordinary life.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415208960

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe.
Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, 'n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied 'n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van 'n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop?

Tom Dreyer se Dorado is 'n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.