●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Chanette Paul

Results 1 to 15 of 29
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600079

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Sy aanbod is aantreklik, maar kan sy bekostig om haar hart ook te verloor?
Kiara, 'n suksesvolle skrywer van liefdesromans, se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onbetroubaar, haar persiese kat, Skat, stel haar gedurig in die verleentheid, en sy kry nie 'n held vir haar vurige heldin geskryf nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos 'n held, het die naam van 'n engel, maar vir Kiara is hy eerder 'n kruising tussen Attila die Hun en die duiwel self. Sy vermoed ook dat hy haar hipnotiseer. Hoekom anders sou sy sy werksaanbod aanvaar? Veral 'n aanbod wat heeltemal teen haar beginsels is …

Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351507

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 215
R 194Jy spaar R 21
Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351491

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
R 221Jy spaar R 24
In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier? En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351538

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
R 221Jy spaar R 24
Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351453

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
R 252Jy spaar R 28
Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351514

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
R 252Jy spaar R 28
Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351521

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
R 252Jy spaar R 28
Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351545

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
R 252Jy spaar R 28
Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394474

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed.
Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie.
Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.
Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.
Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak.
Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.
Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Publikasiedatum: 2019-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398175

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?
“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”
Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.
Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.
Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.
Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Mirre is die skrywer se 46e boek. Dis die tweede een in haar nuwe trilogie. Die eerste een se titel is Lira en die derde, Corali. Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en Boeke op RSG, noem hierdie trilogie 'Vintage Chanette Paul'.
Publikasiedatum: 2019-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388947

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.
Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.
Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.
Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly - totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.
Publikasiedatum: 2018-04-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385397

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 150Jy spaar R 150
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld is terug. Haar opdrag is oënskynlik eenvoudig: Vind uit wat het werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur - die dag toe hy ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou doodgeskiet is. Die moord op 'n vooraanstaande ou bok wat met 'n jong blaar uit 'n bedenklike agtergrond getroud was, fassineer Jojo egter minder as die stories rondom Crystal Crags, die landgoed wat binne die sogenaamde Duiwelsdriehoek val. Soos die storie van 'n haaslipkind wat op 'n stormnag verdrink het, en sedertdien aan mense verskyn voor hulle sterf of verdwyn. Wat op Crystal Crags gebeur, kom Jojo egter agter, bly op Crystal Crags en so is dit al die afgelope eeu. Zaan Mentz is white trash gebore, maar nou welaf ná haar man se moord, glo Zaan sy is uiteindelik veilig toe sy haar droomhuis koop. Hier kan sy die giftige dampkring van haar stiefkinders ontwyk en die sekuriteit is uitstekend. Op Crystal Crags, beteken 'n inkomeling egter verandering en verandering hier, het nog altyd die ongeluksvoël se ongebore kuikens aan die eiers laat pik om uit te kom. Terwyl Jojo die geheim van 'n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime wat vir langer as 'n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is geleidelik boontoe en Zaan staan skielik in die brandpunt.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799381535

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.
Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur.
Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie.
Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.
Inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799381474

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Katrien Bresselaar is voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar nié onskuldig bevind nie.
Drie jaar later beland sy, nou bekend as Kayla Cilliers, op Bohemia, 'n kunstenaarskolonie waar Rose-Anne Lockwood 'n prutpot geskep het wat een of ander tyd moet oorkook.
Onder die kreatiewe oppervlak sied dit - Judy wat stemme van die Anderkant hoor; Lente opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie ... en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou.
Dis hier waar Kayla vir die tweede keer in haar lewe op 'n lyk afkom en haar vingerafdruk is op die moordwapen ...

Boheem is die derde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Meetsnoer volg hierop en Dryfhout sluit die reeks af. Springgety en Fortuin is die eerste twee boeke in die reeks.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799381320

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy César, die moordenaar, se gene?
Dié kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en só die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit?
Kommissaris De Brabander is 'n opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes - dié keer vir die moord op een van haar agtervolgers.
Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe dié uit België aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie.
Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.
Publikasiedatum: 2016-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.