●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Fanie Viljoen

Results 1 to 15 of 105
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090465

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 270
Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
Publikasiedatum: 2020-06-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389364

Kinders: Tieners

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Tieners
R 270
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak?
Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar?
Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg?
Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak?

Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril - en laat smeek vir nog!
Publikasiedatum: 2019-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624093275

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 240
'n Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie. Sy pa en Dok Pienaar, ontmasker as die Butcher en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme, is agter tralies. Maar wie en waar is die Baker? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
Publikasiedatum: 2022-05-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393170

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 240
Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie.
Daar is geheime op Nova - gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel, besoekers uit die buitenste ruimte, Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens - en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende het baie dinge deurgemaak en uitgevind. Maar daar is nog steeds vrae - en die Eindspel is nog op pad.
Die laaste twee titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in 'n omnibus beskikbaar:
Sterreloper
Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou?
Eindspel
Lucas Niemand keer terug na Nova. Maar dan kom die skok: Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie - vasgevang in 'n nagmerrieagtige, donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie.
Die Eindspel het reeds begin, besef Lucas.
Maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly? Watter geheim dra Troy in hom? Waar kom die drie nuwe alien-tieners vandaan en wat wil hulle van Lucas hê? Hoekom vind Lucas nou eers van die Slaper uit - iemand wat nie is wie hy voorgee om te wees nie? Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef ...?
Publikasiedatum: 2019-03-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391176

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 240
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime.
Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ...
Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in 'n omnibus beskikbaar:
Die begin
Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van 'n wilde avontuurrit vol tergende - en gevaarlike - raaisels.
Vuurdoop
Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroeër ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die hoë heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak?
Bloedbroers
Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het ... Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is - en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is 'n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
Publikasiedatum: 2019-02-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601779

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER - SELFLEESKATEGORIE GRAAD 8-10

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie...
Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in 'n distopiese staat.
Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?

Wenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2019. Hierdie roman kan beskryf word as 'n jong volwasse 1984. Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in 'n lang tyd in Afrikaans gelees het.” Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is 'n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.
Publikasiedatum: 2020-09-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384222

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 220
Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in:
Slym: Die wêreld se eerste wurm in 'n paddakonsert
Slym en die beker van geluk
Slym en die gogga-sirkus
Slym en die towertapyt

Langs die riete in Paddavlei,
daar waar al die paddas bly,
onder die grote hemelruim,
woon daar ook 'n wurm, Slym.
Op 'n dag word 'n wurm deur 'n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy 'n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val … by 'n skool vir paddas.
En só begin 'n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.
Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in 'n paddakonsert gesing het, hy het 'n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op 'n towertapyt gery! Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm!
Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in:
Slym: Die wêreld se eerste wurm in 'n paddakonsert
Slym en die beker van geluk
Slym en die gogga-sirkus
Slym en die towertapyt
Publikasiedatum: 2018-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798172189

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Jeanine Henning
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
Daar is rêrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip. Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in 'n nagmerrie!
So sê die skrywer van hierdie lekker boek vol grillerige stories, en hy weet, want hy het al 'n spook gevang. Maar wees gewaarsku - hierdie boek is nie vir sissies nie. So skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toe en al die deure gesluit - eers dan kan jy begin lees.
Publikasiedatum: 2017-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084044

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy onwetend sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
Publikasiedatum: 2019-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354399

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
“Jou pa is 'n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”
Joshua Reinders se lewe is 'n gemors. Hy dra 'n groot geheim: Hy is 'n weerwolf. En sy pa is 'n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terughê. Of Joshua gaan sterf. Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak. Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel: Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak? Hoe is sy ma werklik dood? Wat is die derde mag?

Hierdie roman, saam met sy twee voorgangers Eerste Bloed en Tweede Asem, is enig in hul soort. Hulle kan wel vergelyk word met nog 'n tienerroman van die skrywer, Afkop, 'n naaswenner van 2017 se jeugromankompetisie.
Publikasiedatum: 2022-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639608099

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
“Dis weird om te weet jy is 'n weerwolf. Maar dis ook cool.” Joshua Reinders se lewe het 'n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is 'n weerwolf. Maar dit bring ook 'n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in 'n weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos Gio, sy vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag. Bo dit alles pla 'n groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY 'N WEERWOLF? Die antwoord lê diep in die Droomwoud. En Joshua moet dit daar gaan kry. Wêreld van Wolwe 2: Tweede asem is die tweede boek in die reeks na Wêreld van Wolwe 1: Eerste bloed.
Publikasiedatum: 2021-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639602479

Children: Fiction teens

Children  -  Fiction teens
R 200
A thrilling graphic novel for teens!
This epic graphic novel is based on Fanie Viljoen's novel The Last Time I Died that was published by Ransom Publishing in 2016. The Black Crow killed Sam's dad, and now he has killed Sam. But Sam is not dead. That death was the sixth of his seven lives, and now he has one remaining life - to come back and kill The Black Crow. For that is his destiny. The masterfully creative Daniël Hugo illustrated this book and readers with a
love for the art of graphic novels and comic books will be blown away by the details captured on each page.
This book is a visual pleasure and an excellent choice for relucant readers.
Publikasiedatum: 2021-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604039

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.”
'n Fantasieroman vir tieners. Joshua Reinders maak 'n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand 'n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ...
“Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer.
Die weerwolwe wag vir hom ...
Publikasiedatum: 2020-11-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397116

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

Word iemand wat verdrink in stories …
Iemand wat verdrink.
Iemand met 'n donker gewete.
Iemand wat 'n vloekwoord hoor.
Iemand wat nie kan sien nie.
Iemand wat oranje word.
Iemand wat gesond eet vir Instagram likes.
Iemand wat klippe en klappers gooi.
Iemand in swart en wit.
Iemand wat beheer verloor.
Iemand wat 'n boot vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe verfrommel.
Iemand wat vir die eerste keer gim toe gaan.
Iemand wat reëls maak en wraak neem.
Iemand wat begrafnis blomme kry voor hy sterf.
Iemand en haar ouma en 'n klomp befoeterde vroue.
Iemand wat na appels ruik.
Iemand wat, die vet weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat zombies skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos armoede smaak.
Iemand wat op banke duik.
Iemand wie se skooltas wegraak.
Iemand wat ongelukkig 'n gelukkige trekking wen.
Iemand wat 'n nuwe hart kry.
Iemand met 'n stert.
Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.


Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al 'n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.
Publikasiedatum: 2019-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349801

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het?
Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van 'n wilde avontuurrit vol tergende - en gevaarlike - raaisels.
Publikasiedatum: 2010-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.