●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380194

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was 'n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in 'n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in 'n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het. Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. 'n Mens kan tog nie 'n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Boonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ... Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak. Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op 'n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk? 'n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601656

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie.
Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net 'n pil moet drink om die donkerte te keer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg.
Gelukkig bring die nuwe jaar 'n paar veranderinge wat Helena so 'n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is 'n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ...
Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so veruitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is.
Skielik klink weghardloop na 'n goeie plan … maar is dit?
Publikasiedatum: 2020-10-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384475

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Jenna is versot op dans.
Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As 'n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik 'n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy moet maar net hoop die skoene hou nog 'n ruk - om nie eens van haar voos gedansde pointes te praat nie. Hopelik gebeur daar 'n wonderwerk!
Toe die Kaapse Balletgeselskap 'n kompetisie loods om talentvolle jong dansers die kans te gee om 'n winterskool in die Kaap én 'n vertoning van die fantastiese Russiese Balletgeselskap by te woon, begin Jenna se hoop opvlam.
Maar sy hou nie rekening met die jaloerse Mineke en haar ma se onderduimse planne nie ...
'n Deernisvolle, avontuurbelaaide storie wat bewys dat wonderwerke kan gebeur as jy in jou drome glo.

Hierdie boek het 'n sterk fokus op ballet, vriendskap en interpersoonlike verhoudings.
Publikasiedatum: 2018-04-20

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.