●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485900481

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Sebastian of Basjan beskou homself as 'n 'verloorder' en die boelies in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Hillbrow lyk skrikwekkend en vol misdaad ná 'n sorgvrye grootword op 'n plaas.

Sy voorkoms is ongewoon - blonde hare, blou oë, blas vel - en die boelies by sy nuwe skool gee hom die bynaam Blasjan. Hy pas nie by sy swart, wit of selfs bruin klasmaats in nie. Sy jong lewensverhaal volg 'n pad van verdrukking en beproewing en 'n stryd teen boelies en dwelmafhanklikes. Hy vind vertroosting in musiek deur kitaar te speel, 'n band te begin, en aan 'n talentkompetisie deel te neem. Hy ontdek selfs sy eerste liefde.

Uiteindelik styg Blasjan bo alles uit en hy word sterker, voel gelukkiger en kry heelwat meer selfvertroue.
Publikasiedatum: 2018-09-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190330

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 160
R 29Jy spaar R 131
Koos Kombuis - die man met die bandana, die kitaar en die hartseerstem - is ook die digter André Letoit. Die geel kafee is sy tweede digbundel en is by die eerste druk beskou as 'n 'Tagtigermanifes' al het André Letoit indertyd ontken dat so 'n beweging in die letterkunde bestaan.
Publikasiedatum: 2003-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798150996

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 295
Koos Kombuis se vorige outobiografie, Seks & Drugs & Boeremusiek, was pretensieloos, eerlik, skreeusnaaks én hartroerend. Hierdie is sy Voëlvry-memoir en hy skryf met dieselfde rou eerlikheid en selfspot oor sy herinneringe van daardie tyd. Hy bely daar is dinge wat hy lank probeer ontken het, daarom kon hy nou eers daaroor skryf.

En al is hierdie sy persoonlike blik op die mense en gebeure rondom die Voëlvry-toer, beskryf dit terselfdertyd 'n belangrike deel van die onlangse Afrikaanse musiekgeskiedenis - vanaf Piekniek by Dingaan tot by Oppikoppi.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426684

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Na meer as twee dekades as musikant en kulturele opstoker het Koos Kombuis die afgelope paar jaar 'n nuwe nis vir homself begin uitkerf; dié van kinderboek-skrywer.
En nou, sy eerste self-geïllustreerde kinderboek vir alle ouderdomme van agt tot agt-en-tagtig: Eben die Ellendige Eenhoring!
Eben die Ellendige Eenhoring is 'n prettige moderne variasie op die ou tema van die lelike eendjie. Dit verskyn ook gelyktydig in Engels as Hubert the Useless Unicorn.
Publikasiedatum: 2019-04-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530640

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
“Help! My dorp hou 'n Kunstefees!” is Koos se nuutste roman soos net hy dit kan skryf, maar ook meer: dit is 'n donker komedie gebore uit die wanhoop en isolasie van die afgelope twee jaar se grendeltyd.
Publikasiedatum: 2021-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426677

Children: Fiction 6 to 9

Children  -  Fiction 6 to 9
R 120
After more than two decades as musician and cultural troublemaker, Joe Kitchen (also known as “Koos Kombuis”) seems to have discovered a new niche as author of books for young people.

Hubert the Useless Unicorn, a fun-filled modern version of the ancient ugly duckling tale, is a self-illustrated publication that will be enjoyed not only by children, but by everybody who is young at heart!
Joe feels that “this is a light-hearted and humorous attempt to reconcile two strictly opposing ideologies: the belief in creationism and the theory of evolution”.
Publikasiedatum: 2019-04-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780143538462

Nie-fiksie / Non-fiction: Filosofie / Philosophy

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Filosofie / Philosophy
R 210
Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit praat twee tale, antiek en modern. Antiek, want dit verduidelik 'n metode om dieper wysheid te raadpleeg wat teruggaan na die Sjinese filosoof Confucius in die newels van die tyd. Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat.

Die I Ching, of 'Boek van veranderings', word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Deur verskillende metodes word jy gelei na simbole waar die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word.

Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig - die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan.

In i-Tjieng praat hierdie wysheid jou taal: ligvoets en humoristies, maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na 'n pad. Dit is jou 'GPS vir verdwaalde siele'.

Koos Kombuis is volksbesit. Hy was brandweerman, digter, voorsanger in die rebelse jeugbeweging teen die orde van die jare tagtig. Hy is deur die mallemeule van roem en drank en dwelms, en anderkant uit. Van die mooiste liedjies in Afrikaans kom van hom. Hy is 'n gerespekteerde openbare kommentator, 'n geliefde sanger met talle CD's op sy naam, 'n romanskrywer, en 'n gesinsman.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798171236

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 315
Koos Kombuis se outobiografie het al meer as tien drukke beleef. Hierdie heruitgawe verskyn op openbare aandrang. Sy ganse lewensverhaal, Koos se manier om homself te versoen met sy verlede. Hy vertel van sy heel eerste openbare optrede (op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes), van sy jeugjare as hedonis, van die paradokse & die pyn, van hoe lekker die lewe nou vir hom is, van die goue jare wat nog voorlê . . . O ja, natuurlik ook van die seks & drugs & boeremusiek wat al sy pad gekruis het.
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798150989

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 275
This maverick musician's first autobiography, Seks & Drugs & Boeremusiek became an iconic title. In his new book he writes with the same honesty and humour about his memories of the rebellious Voelvry movement, a rock 'n roll movement by a group of musicians which jolted many Afrikaans people out of their known certainties.
Publikasiedatum: 2009-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190354

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 210
R 29Jy spaar R 181
Koos Kombuis - die man met die bandana, die kitaar en die hartseerstem - is ook die digter André Letoit.
'Ek sal nooit vergeet hoe opgewonde ek was toe ek die dag my eerste gepubliseerde boek ... deur die pos ontvang het nie,' skryf Koos Kombuis oor Suburbia se eerste druk. 'n Jaar voor daardie heuglike dag is die voornemende digter egter deur 'n uitgewery aangeraai om 'nooit weer publikasie [te] oorweeg nie' en net te 'skryf vir ... terapie'.
Publikasiedatum: 2003-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426080

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
Hierdie is Koos Kombuis se eerste gedrukte digbundel in meer as twintig jaar.
Hy is van plan om enkele van die gedigte in hierdie bundel te toonset en dit dan, as promosie vir die bundel, te sing by die talle eenmanskonserte wat hy gedurig in Suid-Afrika doen.
Die bundel is lig en humoristies, met 'n subtiele geestelike element.
Toeganklike poësie vir lesers in alle belangstellingsvelde.
Publikasiedatum: 2018-04-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781770228818

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 210
In sy jongste rubriekeversameling kom 'n verskeidenheid onderwerpe onder die soeklig, soos die stommiteite van politici, die irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego's van plaaslike musikante, en die wanstaltigheid van amptenare wat die banaalste vorme van burokrasie in stand hou. Maar Kombuis presteer nie net as satiriese kommentator nie. Sy ode aan sy oorlede moeder en die nostalgiese herinneringe aan sy kinderdae sal lesers diep ontroer. Bowenal verteenwoordig Kombuis se kritiese stem daardie Afrikaners wat hulleself beskou as trotse burgers van die globale dorpie - hulle wat susji kan geniet sonder om 'n gesigspier te vertrek!

Ver in die wêreld, sushi! is 'n keur uit die rubrieke wat tussen 2005 en 2015 verskyn het in publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot en op LitNet en Netwerk24. Kombuis bewonderaars kan nie genoeg kry van die skrywer se sonderlinge humor, verhelderende insigte, kompromislose eerlikheid en meevoerende styl nie.
Publikasiedatum: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.