●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Nicol Stassen

Results 1 to 15 of 34
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193409

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 400
Stassen wy o.a. 'n volle hoofstuk aan die aangrypende verhaal van die Dorslandtrekkers en hulle lotgevalle. Tydens hierdie Angola-Boere se verblyf in Angola was daar van boerdery min sprake en probleme was velerlei: 'n problematiese verhouding met die Portugese owerheid, terwyl gebrekkige ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, en gevolglike armoede, soms tot ontstellende verval gelei het.
Publikasiedatum: 2009-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199616

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 155
Andries Anders is 'n skaap. Hy voel eensaam omdat hy anders as die ander skape is. Maar diep in sy hart glo hy daar moet êrens 'n plek wees waar dit normaal is om anders te wees. Gedryf deur hierdie verlange gaan hy op 'n soektog ...


OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Miriam Koch (gebore 1980) het visuele kommunikasie, met illustrasie as hoofvak, in Trier gestudeer. Sy is die outeur en illustreerder van verskeie kinderboeke, insluitende Fiete Anders (Andries Anders, Protea 2013) en Keentied (Halsoorkop, Protea 2013). Dit is spesifiek haar liefde vir die Noordsee wat Andries Anders geïnspireer het. Koch woon tans in Bremen.
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195137

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Krokodil loop al dae lank rusteloos rond. Soms kry hy te koud, soms kry hy te warm, soms is hy bitter hartseer, soms is hy so gelukkig dat hy die hele wêreld wil omhels.
Dit is duidelik: Krokodil is verlief.
Maar, soos dit gewoonlik maar gaan as iemand verlief is, is daar 'n klein probleempie ...
Publikasiedatum: 2011-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193959

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 400
Nicol Stassen devotes, among others, an entire chapter to the gripping story of the Dorsland (Thirstland) Trekkers and their adventures. During these Angola Boers' stay in Angola there was little chance of farming and far too many problems: a problematic relationship with the Portuguese authorities, while inadequate economic and educational opportunities, and the resulting poverty, sometimes led to shocking decay.
Publikasiedatum: 2011-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199739

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Klein dingetjies het groot gevolge! Wat kan alles gebeur as iemand 'n piesangskil onverskillig weggooi? Na 'n hele reeks gebeurtenisse is die hele Bronberg in rep en roer. Groot en klein geniet die mooiste deurmekaarspul - uiteindelik gebeur daar iets in die dorp!
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309864

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 465
In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.
Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.
Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word 'n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer.
'n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto's vorm 'n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485301059

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 750
Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so 'n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as 'the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race'.
Kort ná hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: 'Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years' journey it was a case of the survival of the fittest.'
Die Dorslandtrek: 1874-1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens 'n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 ná 'n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.
Die Dorslandtrek: 1874-1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor dié onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op 'n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor dié aangrypende gebeurtenis.
Nicol Stassen doen al meer as 'n dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het 'n BA-graad in Tale,'n meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en 'n doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928-1975 (2009), The Boers in Angola, 1928-1975 (2010) en William Chapman - Reminiscences (2011).
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194574

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 80
Die Keiser van China droom van 'n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en 'n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser 'n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.
Publikasiedatum: 2012-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301202

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Gustavo Martín Garzo
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
In Die geheim van die woud lees 'n ma vir haar kinders, Amelie en Roland, elke aand dieselfde storie. Sy vertel van die twee konyntjies, Oortjies en Tongetjie, en 'n woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie. Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook 'n wolf. Sy is egter blind en bekommerd dat sy nie na haar welpies sal kan omsien wanneer hulle gebore word nie. Soos die ma die verhaal vertel, word die twee kinders as't ware Oortjies en Tongetjie en verander die kamer in die magiese woud. Die metafoor van die herstel van die verbond tussen mens en dier word op subtiele en verbeeldingryke manier daardeur verken.

Die geheim van die woud is nie 'n verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar 'n verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswêreld van 'n kind en die herstel van die ewewig van die natuur.
Publikasiedatum: 2018-07-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199357

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 65Jy spaar R 95
'n Humoristiese rymvertaling oor 'n onderwerp waarvan maklik weggeskram word. 'n Koning wat bang is om dood te gaan, beraam saam met sy geleerdes 'n plan om ontslae te raak van die Dood. Vir jare aaneen word nuwe babas gebore, maar geen siel gaan verlore nie. Wat sal gebeur as die diere uitgekuier is op aarde?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195151

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Uitverkoping
R 165
R 65Jy spaar R 100
Dis lente!
Die eerste warm sonstrale bereik die bodem van die meuldam en die klein waterman ontwaak uit sy winterslaap. Ná ontbyt gaan hy nuuskierig en vol avontuurlus uit die huis om sy omgewing te verken. Is al sy vriende nog daar?
Saam met sy dogter, Regine Stigloher, skenk Otfried Preussler aan sy lesers 'n nuwe prenteboek van sy klassieke werk, wat nou vir die eerste keer in Afrikaans uitgegee word.
Publikasiedatum: 2011-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305873

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig 'n paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, 'n prinses red, 'n potjie skaak met 'n ou vriend speel …
Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot môre kan wag.
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195120

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys.
En meer het hy nie nodig nie. Maar op 'n dag kom hy 'n leeuwyfie teë ...
Publikasiedatum: 2012-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301110

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wêreld geleef. Tot die dag wat die Volmaakte Masjiene opgedaag het. Danksy die Volmaakte Masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om 'n knoppie te druk om in 'n volmaakte wêreld te leef.
Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal ophou droom?
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197452

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Peter Beckhaus
Kinders  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Die klein vet hondjie slaap die heel graagste die hele dag lank in sy hondehok. Maar wat gebeur as hy die dag lus is om te speel? Dit hang heeltemal af van sy bui en wie sy pad sal kruis! Daarom word die storie elke keer anders verder vertel ... totdat die klein vet hondjie eindelik weer by sy hok ingaan om te slaap. Drie heeltemal verskillende stories wat uit die eerste sin spruit en wat die leser na willekeur kan lees en geniet.
Publikasiedatum: 2012-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.