●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Verskeie

Results 1 to 15 of 30
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393125

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Verskeie
Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Wie is die grootste rebelle van almal?
Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!

Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
Publikasiedatum: 2019-06-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431700974

Nie-fiksie / Non-fiction: Reis, Kaarte & Toerisme / Travel, Guides & Maps

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Reis, Kaarte & Toerisme / Travel, Guides & Maps
R 200
Alles Oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe - met hersiende en opgedateerde inhoud en fotografie - sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaat-boek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto's, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan.

Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos Lank, Lank Gelede; Die Mense; Die Kultuur; Die Gemeenskap; Wetenskap en Tegnologie; Die Ekonomie; Die Land; en Die Natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624054290

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
'n Vars blik op die erotiek in Afrikaans. Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623501

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 85
Bybelstories vir groot kinders vertel gunsteling Bybelverhale eenvoudig oor sodat klein hartjies dit makliker kan verstaan.
Die prettige, kleurvolle illustrasies en kort Bybelverhale verseker dat Bybelstories vir groot kinders vir talle kleuters 'n spesiale plekkie op die boekrak sal hê.
Publikasiedatum: 2020-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321046

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 250
“Die woord is oneindig magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid gebruik, is magtiger as konings,” het Jeremias Gotthelf gesê.
Die groot aanhalingsboek is 'n onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd. Dit bevat meer as 3000 aan halings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe.
Publikasiedatum: 2018-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798170406

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 325
Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte is 'n versamelbundel van die gewildste en bekendste liefdesgedigte in Afrikaans. Die bundel volg op Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte wat oorspronklik in 1986 verskyn het en in 1992, 2001 en 2010 bygewerk en heruitgegee is. Die bundel bevat nie slegs gedigte uit die kanon nie, maar nou ook verse wat sedert 2010 verskyn het; van Boerneef tot Philip de Vos. 'n Toeganklike bundel.
Publikasiedatum: 2016-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397994

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Verskeie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 250
Feëverhale met 'n kinkel! Elkeen van hierdie verhale gee 'n klassieke verhaal 'n moderne, kontemporêre draai. Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Die verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda
verander.
Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder
Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

Hierdie stories word met soveel humor en verbeelding vertel, met 'n goeie mengsel moderne taal en die klassieke frases uit feëverhale, dat hulle 'n plesier is om te lees - en om voor te lees.
Beide volwassenes en ouer tieners sal die satiriese styl en sosiale kommentaar van hierdie stories geniet, terwyl jonger kinders die stories as pure leesgenot sal ervaar
Publikasiedatum: 2020-06-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195526

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 180
Dié krabbelboek met meer as 80 snaakse illustrasies, lok kinders uit om stories op te maak deur prentjies te teken of te voltooi.
En natuurlik is enige kind verbeeldingryk genoeg om dit te kan doen!
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624040743

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 390
"Vir die kinders van Afrika, met liefde van Madiba". So word hierdie pragtige boek ingelui. Stories so oud soos Afrika self, uit die folklore van lande regoor die kontinent sowel as nader aan eie bodem met Xhosa, San, Khoi en Kaap-Maleise stories, is ingesluit.
Publikasiedatum: 2002-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776056187

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
Hierdie kortverhaalbundel, Die Mooie Jan en ander Afrikaanse kortverhale, beloof om ʼn unieke leeservaring te wees! Dit is die resultaat van 'n skryfgeleentheid wat geloots is om aan aspirantskrywers die kans te gee om die vreugde van publikasie te ervaar asook om ʼn bydrae te lewer tot die bevordering en behoud van ons geliefde Afrikaans.Die tema was oop en skrywers kon enige genre instuur, mits dit fiksie is en in Afrikaans geskryf is. Soos dit maar altyd gaan met die kies van kortverhale deur verskillende skrywers met verskillende skryfstyle, was die keuringsproses geen maklike taak nie. Die standaard was hoog, maar die samestellers, Anita Stander en Anine Vorster, glo dat die eindproduk ʼn kleurvolle mengsel is wat iets vir almal se smaak bied. Die bundel bestaan uit 29 kortverhale. Daar is misdaadverhale met 'n kinkel in die kabel; liefdesverhale wat jou hartsnare sal raak; humoristiese stories wat jou sal laat skaterlag oor die pittige manier waarop dit geskryf is. Dan is daar ook die nostalgiese vertellings wat jou sal neem na pragtige plekke en laat verlang na mense wat jy nie ken nie.Bydraende skrywers: Hendie Grobbelaar; Alwine Fölscher; Adri Vlok; Martha Scheckle; Louis Lategan; Sanchen Lambrecht; Juanita Fourie; Christo Meyer; Aletia Ollewagen; Danie Markgraaff; Sue Eksteen; Heidi Heese de Beer; Estie Wentzel; Herman Beukes; Yolanda Faye Holden; Bets Koen; Linda J. Dunhin; Bedelia Paulsen; Helena L. Greyling; Zyrilde Potgieter; Chantél Venter; Madeleen Theron; Delanie Flanegan; Dieter Lochner; Evanthe Schurink; Elizabeth Hentschel; Ammie Pringle; Betsy Stoltz; Evert Louw
Publikasiedatum: 2019-10-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660512

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Francois Maree
Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Versamelbundels
R 150
Ontdek die wyse lewenslesse wat Esopus en Jean De La Fontaine se dierefabels ons leer. Johann Stauss se kleurvolle en humoristiese illustrasies prikkel kinders se verbeelding en behou hulle aandag. 'n Bron van vermaak vir die hele gesin!
Publikasiedatum: 2006-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781920268206

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Stokperdjies, Handwerk, Kunstegnieke / Crafts, Hobbies, Art Techniques
R 195
Veertien skeppende handwerkers wys in hierdie boek hoe jy pragtige kaartjies kan maak met basiese tegnieke soos rubberÂ-stempel-, papierkrul- en kralewerk, waterverf, ponse en veel meer. Al die projekte word duidelik geïllustreer met stap-vir-stap-foto's, en daar is hope wonderlike idees vir ervare kaartjieÂ-makers sowel as groentjies.

Agtien tegnieke met duidelike aanwysings

Meer as 400 stap-vir-stap-foto's

Die ideale manier om nuwe handwerkvorme op die proef te stel
Publikasiedatum: 2009-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825571

Nie-fiksie / Non-fiction: Musiek / Music

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Musiek / Music
R 500
Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was 'n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het.
Publikasiedatum: 2007-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624072034

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 390
Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag bring tydlose Boerekosresepte, pragtige kleurfoto's van artefakte uit die oorlog en fassinerende brokkies historiese inligting saam in een boek. Dit bevat meer as 100 resepte vir alles van biltong en beskuit, watertand wildspastei en pampoenkoekies tot 'n magdom gebak. Die skrywers verweef hierdie resepte soomloos met historiese feite soos oor hoe Nonnie de la Rey, vrou van genl. Koos de la Rey, moes vlug en in die veld oorleef.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394597

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 59Jy spaar R 91
Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help!

Roekelose harte - Marilinda Murray
Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.

Toe-oë afspraak - Madelie Human
Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.

Legkaart van die hart - Ildé Grové
Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?

'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe
Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …

Gelykbreek-liefde - Ernalize du Toit
Behati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.

Bie op haar hart - Antoinette Venter
Met 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.

'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach
Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?

Beter vir haar hart - Jessica Venter
Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.
Publikasiedatum: 2019-06-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.