●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Deon Meyer

Results 1 to 15 of 27
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624066095

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Hier, weens populêre aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman!

By 'n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en ná 'n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas - hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary.

As dié kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die 'liasseerkabinet van die dood' ooptrek.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781529316056

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 215
R 194Jy spaar R 21
A housewife running from years of domestic abuse. A bodyguard hired to escort a smuggled rhinoceros. A group of Islamic terrorists based in a quiet residential street. A secret government agency threatened with amalgamation within a bigger department. A retired policeman trying to get used to his new career in the private sector. Each of these strands of a brilliant narrative is populated with superbly-drawn characters, and woven into a stunningly exciting drama by the undisputed king of South African suspense fiction.

Not only a heart-pounding thriller but also a love story and a fabulous kaleidoscopic picture of South African society, this is the finest novel yet from an author whose reputation is growing all around the world.
Publikasiedatum: 2019-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780340953617

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 215
R 194Jy spaar R 21
A Sunday Times '100 best crime novels and thrillers since 1945' pick!

Shortlisted for the CWA International Dagger Award 2010

They killed her best friend. Now they are chasing Rachel Anderson through the streets of Cape Town. The young tourist doesn't dare trust anyone - except her father, back home in America. When he puts pressure on the politicians, they know that to protect their country's image, they must find Rachel's hiding place before the killers.

So Benny Griessel - detective, maverick and father of teenagers himself - has just 13 hours to crack open a conspiracy which threatens the whole country.
Publikasiedatum: 2020-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781529309263

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 240
R 216Jy spaar R 24
The Woman in the Blue Cloak is a brilliant novella which will thrill and entertain fans of Deon Meyer's much-loved detective Benny Griessel.

Benny Griessel is a cop on a mission: he plans to ask Alexa Bernard to marry him. That means he needs to buy an engagement ring - and that means he needs a loan.

So Benny has a lot on his mind when he is called to a top-priority murder case. A woman's body is discovered, naked and washed in bleach, draped on a wall beside a picturesque road above Cape Town. The identity of the victim is a mystery, as is the reason for her killing.

Gradually, Benny and his colleague Vaughn Cupido begin to work out the roots of the story, which reach as far away as England and Holland... and as far back as the seventeenth century.
Publikasiedatum: 2018-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781473614468

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 310
R 279Jy spaar R 31
A cold case for the Hawks - not what they were looking for. And a difficult case too, surrounded by mystery, lies and evasion. The body of Johnson Johnson, ex-cop, has been found by the side of a railway line. He appears to have jumped from the world's most luxurious train, and two suspicious characters seen with him have disappeared into thin air. The regular police have already failed to make progress and others are intent on muddying the waters. Meanwhile, in Bordeaux, Daniel Darret is settled in a new life on a different continent. But his skills as an international hitman are required one more time, and Daniel is given no choice in the matter. He must hunt again - his prey the corrupt president of his homeland.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181068

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 325
R 293Jy spaar R 32
Op 'n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith & Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan 'n spoor trap wat wyd sal loop: 'n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, 'n 'goeie man' wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het.
Publikasiedatum: 2010-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798164795

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Heruitgawe
"Tobela 'Tiny' Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as 'Umzingeli' (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in 'n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik - en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf 'n ou vriend, 'n medestryder wat gyselaar gehou word.
Maar die 'losprys' wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik - 'n hardeskyf met 'sensitiewe' inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoë doen om hom te keer. En nou word jagter die prooi. Op 'n 'geleende' BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom.
Spanning uit die boonste rakke; 'n boek wat geen leser sal kan neersit nie."
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177757

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein - waaruit Johnson klaarblyklik gespring het - is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy 'n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
Publikasiedatum: 2018-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798164825

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Heruitgawe
'n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike middelklashuis met 'n blaasvlam gemartel en toe met 'n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om dié moord op te los en 'n testament te vind
En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is vaag, die enigste leidraad 'n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien báie dollars . . . En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van dié ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe."
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165501

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Heruitgawe.
Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, want hy's die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur.
Wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en 'n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos 'n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook 'n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie.

Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe - en só begin 'n koorsagtige tog deur 'n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings ... en moord.

In 'n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as 'n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal - en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173858

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur 'n SA landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels en al hoe meer moorddadige hondebendes - én mensebendes - swerf Nico en Willem, op soek na 'n plek om oor te begin. Wanneer hulle dit sover het by Vanderkloof - nou Amanzi - saam met 'n groep swerflinge, steek al die sondes van die mensdom weer kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die plunderende motorfietsbendes raak ál moeiliker. En wat van die geheimsinnige Domingo, wat by Amanzi aankom op 'n motorfiets en spoedig as paramilitêre leier ontpop - kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi ... In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is 'n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165044

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Bennie Griessel is eerste op die toneel: 'n bloedbad in 'n luukse gastehuis op 'n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van 'n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop 'n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met 'n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik?

Voeg hierby 'n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en 'n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165730

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 310
R 279Jy spaar R 31
"Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was 'n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton.
Wat hy so graag wil hê. En nou? Nou het ""plaasaanval"" ontvoering geword. Nou jaag hy soos 'n besetene om 'n skadumag te konfronteer, om driehonderd mense se lewens te red. Met 'n sekere wete dat die bloed vryelik gaan vloei voor hierdie Karoonag verby is.
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende sy baie gewilde vervolgverhaal 'Stiltetyd'."
Publikasiedatum: 2009-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175708

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Spanningsverhaalkoning Deon Meyer het naas sy topverkoperromans ook sy skryfvinger in 'n aantal film-pasteie. Vir die eerste keer is vier van sy Afrikaanse draaiboeke nou saam te lese: Jakhalsdans, Die laaste tango, Die ballade van Robbie de Wee en ook 2017 se Jagveld. Vermaak op sy beste!
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169493

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
R 302Jy spaar R 33
Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou weer beskikbaar!

'My naam is Bennie Griessel en ek is 'n alkoholis.'

Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met 'n lang lem en 'n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.

En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, 'n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel 'n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van 'n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
Publikasiedatum: 2015-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.