●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Verskeie

Results 1 to 15 of 30
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781920475314

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: François Ruyer
Kinders  -  Versamelbundels
R 225
Wat sê jy daar? Weet jy nie wat om vanaand te droom nie?
Dalk kan ons help! Weet jy wie almal in Droomland bly? Daar is 'n reus wat nie soos ander reuse is nie. En Andries Olifant kan nie in 'n winkel werk nie, want 'n olifant is nou eenmaal net nie 'n muis nie. Hennie Haan is die ongelukkigste haan op aarde.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780987038838

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 50
RSG in samewerking met die US Woordfees bring in die jaar waarin Adam Small die Hertzogprys ontvang, hulde aan hom met die gedenkbundel en CD Vi' Adam Small.
Die gedenkbundel is die resultaat van 'n ope uitnodiging aan digters om vir Adam Small 'n gedig te skryf vir sy 75ste verjaardag. Drie en twintig digters het reageer en dit is by die Versindaba 2011 op Stellenbosch deur die digters voorgelees.
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362619

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 155
Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-mag-verlief. Halsoorkopdolverlief.
So verlief dat jy in die geheim vir iemand 'n liedjie op jou kitaar geskryf het?
So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie?
So verlief dat jy iets baie dom aangevang het?
Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop!
Verlief bevat 11 liefdesverhale deur bekende en gewilde jeugskrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Solet Scheers, Christine Neser en Nelia Engelbrecht.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799349627

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Was jy al ooit verlief?
Gaan jy eendag in jou pa se voetspore volg?
Het jy al 'n brief aan die man in die maan geskryf?
Wou jy al ooit 'n band begin?
Het jy al gewonder wat nou eintlik die punt van gedigte is?
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393583

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 59Jy spaar R 91
Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!
Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.
Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg
Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.
Net in stories - Rika Cloete
Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.
Gelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)
Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?
Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin
Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.
Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)
Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.
Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)
Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?
Net ons twee - Petronel Louw
Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.
Om haar pinkie - Didi Potgieter
Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.
Publikasiedatum: 2019-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134242

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Francois Ruyer
Kinders  -  Versamelbundels
R 250
'n Heerlike boek propvol moderne sprokies om vaak ogies gou aan die slaap te kry met drome vol betowering!
Publikasiedatum: 2008-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781928499671

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 165
'n Pragtige liefdesbundel met liefdesgedigte van verskeie digters.
Publikasiedatum: 2019-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415324141

Christelik / Christian: Geskenke / Gifts

Christelik / Christian  -  Geskenke / Gifts
R 25
'n Geskenkboek in volkleur met inspirerende aanhalings van Joyce Meyer en ander skrywers. Joyce Meyer sê graag: 'Om die lewe te geniet moet jy 'n goeie en positiewe houding handhaaf.' Hierdie geskenkboek sal jou help om te verstaan dat die stryd om 'n gelukkiger, meer vervulde en positiewe lewe met 'n positiewe houding begin. Die inspirerende aanhalings in Positiewe houding... kragtige lewe sal jou aanmoedig om 'n gesonder denkwyse en 'n positiewe ingesteldheid te kweek en jou wys hoedat 'n positiewe houding inderdaad jou 'n kragtiger lewe kan laat leef.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639927411

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 200
Hierdie bundel kinderverhale bevat 13 stories geskryf deur bekende Afrikaanse kunstenaars.

Hul bydraes wissel van kort gediggies soos YOMA se “My Ouma doen'it vir my” tot Gys de Villiers se fabel, “Mooiloop”. Arno Carstens raak spiritualiteit aan in sy storie “Gawie se Gesie” en Jana Cilliers se “Nulniks se nulle”, is vol simboliek en kinderlike verwondering.

Antoinette Louw se “Die avonture van Arrie en Lollie”, vertel die verhaal van 'n dogtertjie se middernagtelike reise saam met 'n vriendelike tarantula en Nathan Trantraal se “Waa's my skoene”, skilder die komiese prentjie van twee susters se wedywering oor wie se lyding nou eintlik die grootste is.

Milan Murray skryf in 'Daniël se kopklip' oor 'n ma wat 'n klip op haar kleuter se kop wil sit en Diaan Lawrenson se gedig 'Jaap die knaap' handel oor 'n woelige, rooikop seuntjie met 'n aardige humeur. In Gielie Hoffmann se ''n Wolk mis' gaan ondersoek die kleine Rozanne wat anderkant die mis lê en in HemelBesem se verhaal 'Kokkenotch vir jou' leer 'n jong seun by sy Oupa wat die vreemde woord 'Kokkenotch' nou eintlik beteken.

Bibi Slippers skep in 'Rafi en Rocky' 'n onderwater wêreld kompleet met seebrommers, seekomkommers, see-koeie en 'n see-kat.
Publikasiedatum: 2019-09-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624294

Christelik / Christian: Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print
R 199
Oomblikke van inspirasie gee Bybelse antwoorde en sekerheid op moeilike en diep vrae wat mense vra. Die boek is verdeel in meer as 200 onderwerpe elk met 'n vraag, antwoord uit die Bybel en 'n kort oordenking. Met temas oor balans, verhoudings en oorwinning sal lesers verseker hulle eie oomblik van inspirasie ervaar wanneer hulle besef dat God hulle onvoorwaardelik liefhet.
Lesers kan Oomblikke van inspirasie met sy pragtige tweekleur-bladontwerp chronologies lees of die alfabetiese indeks agter in die boek raadpleeg
Publikasiedatum: 2021-11-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798167987

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 210
Sewentien kortverhale deur die skrywers op die kortlys van Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir 2014. Die stories dek 'n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend verhoudings, kindermishandeling, armoede, trauma, dwelms, geloof en die ware aard van goed en kwaad. Die skrywers is Frederick J. Botha, Luka Dreyer, Susan Gaigher, Carla Kargaard, Corné Koegelenberg, Martin Laubscher, Ilisna Nel, Carien Smith, Tanya van Buuren, Heloïse van der Walt, Christina van Deventer en Elani Venter.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624409

Kinders: Algemeen

Kinders  -  Algemeen
R 119
My groot aktiwiteit-Bybel bied meer as 100 aktiwiteite gebaseer op bekende Bybelverhale om kinders tussen 6 en 10 jaar vir ure besig te hou. Verhale soos Noag bou 'n boot, Ester red haar mense, Saggeus klim in 'n boom en Saulus ontmoet vir Jesus word wonderlik gekombineer met aktiwiteite soos soek die verskille, verbind die kolletjies, en prentjie-soduko. Daar is ook twee velle plakkers ingesluit om te gebruik vir sommige van die aktiwiteite.
Hierdie volkleur-aktiwiteitsboek met opvoedkundige aktiwiteite en belangrike lesse uit God se Woord is ideaal vir Sondagskole en tuisonderrig.
Publikasiedatum: 2020-10-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624171

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

Christelik - Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 119
My eie AKTIWITEIT-BYBEL kombineer meer as 100 aktiwiteite en 17 bekende Bybelverhale, soos Josef wat sy broers vergewe, Jona en die vis, en Jesus se geboorte. Van die aktiwiteite sluit in soek die verskille, verbind die kolletjies, en soek die regte pad. Twee velle plakkers is ingesluit by die boek wat in sommige van die aktiwiteite gebruik kan word. Dit sal 3- tot 6-jariges ure lank kreatief besig hou.
My eie AKTIWITEIT-BYBEL is die ideale boek om kinders besig te hou terwyl hulle meer van die Bybel leer!
Publikasiedatum: 2020-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781928456636

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 230
'n Christelike boek vol daaglikse inspirasiestukkies geskryf uit 'n beradingsoogpunt oor onderwerpe waarme meeste mense sukkel, naamlik selfbeeld en om te besef hoe kosbaar hulle is.
Publikasiedatum: 2019-05-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620048347

Nie-fiksie / Non-fiction: Musiek / Music

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Musiek / Music
R 100
Publikasiedatum: 1980-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.