Christelik - Kinders
Bordboeke

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
9781431616947

Kom ons se dankie

R 80
'Sê dankie' en 'deel met jou maatjie' is woorde wat kinders van 'n baie jong ouderdom af by volwassenes hoor. Dankbaarheid en mededeelsaamheid is twee van die belangrikste waardes wat ouers vir hulle kinders moet leer.
Met die hulp van oulike babadiertjies leer kinders jonger as 3 waarvoor hulle alles dankbaar kan wees en hoe lekker dit is om te deel. Kom ons sê dankie en Kom ons deel is eenvoudig geskryf met skattige illuÂ-strasies wat selfs die kleinste hartjie se verbeelding sal aangryp, terwyl die kartonbladsye die kleinste handjies sal deurstaan.
Kom ons sê dankie en Kom ons deel is die ideale boekies om vir klein kinders die allerbelangrike waardes van dankbaarheid en mededeelsaamheid te leer.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
9781431616954

Kom ons deel

9781431613199

Jona en die groot vis (Dik sponsbladsye)

R 80
'n Pragtige klein boekie wat 'n groot storie vertel ...
Jona wou nie doen wat God wou hê hy moes doen nie, toe ontmoet hy 'n groot vis en leer 'n groot les!
Met sy lekker-om-aan-te-vat-sponsbladsytjies sal Jona en die groot vis gou een van kleingoed se gunsteling boekies word wanneer hulle hul eerste Bybelstories begin lees.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
9781431613205

Die storm word stil (Dik sponsbladsye)

R 80
'n Pragtige klein boekie wat 'n groot storie vertel ... Jesus het op 'n keer sy dissipels in 'n groot storm gehelp deur vir hulle te wys Hy het die mag om 'n storm stil te maak. Met sy lekker-om-aan-te-vat-sponsbladsytjies sal Die storm word stil gou een van kleingoed se gunsteling boekies word wanneer hulle hul eerste Bybelstories begin lees
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
9781431608782

Jona en die vis - 'n legkaart storieboek

R 90
Hierdie opwindende twee legkaart-Bybelstorieboekies, Jona en die vis, bevat 4 legkaarte met 16 stukkies wat sal sorg vir ure se opvoedkundige pret. Die verhaaltjie is eenvoudig oorvertel en is gebaseer op die verhaal van Jona (Jona 1-4). Die saamdra-handvatseltjies is perfek om die boekies oral saam te vat.
Publikasiedatum: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development