Christelik - Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616152

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 104Jy spaar R 26
Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.


Spring in die saal vir 'n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.
Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aanÂ-klank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, 'n baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.
Elke storie word gekomplementeer met 'n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met 'n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskil en doolhowe.
Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431611478

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 104Jy spaar R 26
Nou kan kinders van kleins af 'n beter begrip van die Bybel ontwikkel met hulle eie Bybelhand-boek. 'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders deur Dave Strehler is daarop gemik om kinders te help om sin te maak van die Bybel. Hierdie Bybelhandboek sal kinders op praktiese, lekker en interessante maniere meer oor die Bybel leer.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475697

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120Jy spaar R 30
24 Desember 1818. Oukersaand. 'n Klein dorpie in Oostenryk. Armoede vier hoogty.

'n Hulppriester, Joseph Mohr en 'n onderwyser, Franz Xaver Gruber, wil die mense 'n spesiale geskenk op die heilige aand gee - 'n geskenk van troos en hoop.

So ontstaan die lied 'Stille nag, heilige nag' en word nog dieselfde aand in die kerk van Oberndorf/Salzburg uitgevoer.

Sy oorsprong is aangrypend vir oud en jonk en die resultaat 'n ware gesinsboek.

Mathys Roets is welbekend en sy sang geliefd - sy besondere interpretasie van die lied en ook sy inspirerende vertelling is vasgevang op die spesiale CD wat deel vorm van hierdie pragboek.
Publikasiedatum: 2012-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920460334

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Carike, Ghoempie en Ghoeghoe verwelkom kinders terug in Kinderland - die kleinspan word op 'n Ghoempie en Ghoeghoe verbeeldingsreis geneem, terwyl hulle na pragtige geïllustreerde stories en pretliedjies luister. Een avontuur lei na die ander een met waardevolle lewenslesse saam met Ghoempie en Ghoeghoe!
Publikasiedatum: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.