AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Christelik - Kinders
Bybels

Results 1 to 15 of 25
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928436881

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 169
R 135Jy spaar R 34
Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige Klassieke Kinderbybel vir kinders van 7-10 jaar oud. Getrou aan die klassieke tradisie word die verhale in 'n eg Bybelse styl vertel. Die pragtige en dramatiese illustrasies beeld in grafiese besonderhede 40 van die mees geliefde Bybelverhale in die Ou en die Nuwe Testament uit. Elke illustrasie is 'n kunswerk wat aan die leser groot vreugde sal verskaf. Hierdie Kinderbybel sal in die jare wat kom 'n groot gunsteling onder kinders bly.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398144

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 220
R 176Jy spaar R 44
Bekende Bybelverhale opnuut uitgegee!
Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met die skrywer se voorlees- en liedjieopnames gebruik te word. 'n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se voorlees- en liedjieopnames. Kleuters kan na die voorgeleesde voorlees- en liedjieopnames luister terwyl hulle na die illustrasies kyk. Jy kan óf die kleuter aan die Bybelverhale bekend stel deur dit voor te lees terwyl hy of sy na die illustrasie kyk, óf deur saam na die storie op die opname te luister.
Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van 'n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.
Na die Bybelverhaal is daar 'n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.
Publikasiedatum: 2019-10-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339176

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 170
R 153Jy spaar R 17
Met Slaaptydstories uit die Bybel het kinders 'n wonderlike manier om die dag af te sluit en rustig te raak vir slaaptyd. Die kindervriendelike teks en illustrasies sal hul verbeelding aangryp en praat met hul kinderharte. Daar is tien van die mees geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament. Die kleingoed sal kennis maak met helde soos Josef, Daniel, Dawid en Ester asook Jesus. Dit is 'n boek wat oor en oor geniet kan word, aand ná aand. En die kleingoed sal vir seker vra: “Lees dit net nog 'n keer!” Beslis 'n boek om met iemand spesiaal te deel.
Publikasiedatum: 2019-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623099

Christelik - Kinders: Bybels

Illustreerder: Honor Ayres
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 169
R 152Jy spaar R 17
'n Versameling gebede om saam met kinders te lees.

Gebede vir kleingoed is die ideale wegspringplek om jong harte te wys hoe om alles in hulle lewe met God te deel.
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340554

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 180
R 162Jy spaar R 18
Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak hierdie kartonboek die ideale eerste Bybel vir kleingoed.

Eerste Bybel vir kleingoed bevat van die bekendste Bybelverhale, pragtig geillustreer, wat God bladsy vir bladsy aan kleingoed bekend sal stel. Dit sal kleingoed help om die eerste treë in hul geloof te neem en om die God te leer ken wat hulle liefhet! Kleingoed sal dit geniet om na die mense en diere in die kleurvolle kunswerk op elke bladsy te kyk, wat dit die perfekte keuse maak as jou baba se eerste Bybel!
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623075

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 159
R 143Jy spaar R 16
Hierdie kosbare boek bied klassieke Bybelstories en gebede met besonderhede en mylpale van 'n kind se eerste jaar.
Dit sal gekoester word as spesiale aandenking en ook as die kleinding se eerste Bybel.
Publikasiedatum: 2019-08-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321169

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180Jy spaar R 20
My eerste Bybel bestaan 43 Ou en Nuwe Testamentverhale vertel deur Wendy Maartens, spesiaal vir kinders tussen 0 en 3 jaar oud. Die kunswerk is tydloos, maar helder en mooi en dit sal klein kindertjies bekoor.  Die teks is kort en in maklik verstaanbare taal. Die verhale is so gekies om die kern van die Evangelie vir kleintjies te kan oordra.
Publikasiedatum: 2019-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622849

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 120
R 108Jy spaar R 12
'n Opwindende storieboek wat kleingoed opgewonde maak oor die Bybel terwyl hulle al brullende en vlerkklappende bekende Bybelstories leer ken.

Wild - Dierestories in die Bybel vir kleingoed is 'n opwindende klein boekie vir lewendige klein mensies. Die kort stories bevat gedeeltes wat rym om voorlees 'n plesier te maak. Saam met elke storie is ook 'n klein uitdaging vir kleintjies om hul vlerke te klap soos voëls of te brul soos 'n leeu. So kry God se stories uit die Ou en Nuwe Testament lewe in jong hartjies. Noag se ark, Daniël en die leeus en die verlore skaap is deel van die agt stories in hierdie kartonboekie.
Publikasiedatum: 2019-04-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339473

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 180
R 162Jy spaar R 18
Die My aksie-storiebybel nooi gesinne met jong kinders om God se verlossingsverhaal te verken - van die aarde se skepping, magtige konings wat oor Israel geheers het tot die wonderlike geskenk van ewige lewe danksy Jesus, en saam kan gesinne die avontuur van die Bybel ervaar.
Die boek se interaktiewe kenmerke sluit in:
• 15 sleutelepisodes uit die Woord - elkeen bevat verskeie stories asook 350 splinternuwe illustrasies.
• Kort en maklik om te lees - vir kinders agt jaar en jonger met ryk, boeiende illustrasies.
• Lewe, geloof, aksie! -kenmerke - sluit elke episode af waar ouers en kinders gesels oor hoe God in die storie gewerk het, hoe om sy hand in jou lewe raak te sien, hoe om jou geloof aan die werk te sit, en hoe om met God te praat deur 'n modelgebed.
• Heldesaal visuele indeks - die plek om gunsteling-Bybelkarakters op te soek, jou ooreenkomste met hulle te ontdek en hulle in die stories te vind.
Publikasiedatum: 2018-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339398

Christelik - Kinders: Bybels

Vertaler: Reinata Thirion
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180Jy spaar R 20
'God se groot plan vir my' neem kinders op 'n 40-dae-reis deur die Bybel om 'n dieper verhouding met God te bou en die doel vir hul lewe te ontdek.
Dit is gebaseer op die 40 dae in Rick Warren se boek, Die doelgerigte lewe. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek.
Elke dag bevat:
'n Oordenking oor die dag se tema
'n Bybelverhaal wat daarby aansluit
'n Gedagte vir die dag
'n Byblevers om te onthou
'n Vraag om oor na te dink
Die 40 Bybelstories volg die chronologiese orde waarin dit in die Bybel verskyn. God se groot plan vir my is dus ook 'n Kinderbybel in eie reg.
Die boek is ook pragtig en kleurryk geillustreer.
Publikasiedatum: 2018-11-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928436287

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 60
R 54Jy spaar R 6
Gebruik My Gunsteling Storie-Bybel en My Gunsteling Storie-Bybel Aktiwiteits & Inkleurboek saam om kinders te help groei in hulle verhouding met God en Sy Woord.
Publikasiedatum: 2018-11-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928436263

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 140
R 126Jy spaar R 14
50 Bybelverhale uit die Ou en Nuwe Testament. Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God 'n band te vorm. 'n Christel
Publikasiedatum: 2018-11-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621101

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 300
R 270Jy spaar R 30
Ontmoet die dapper, sterk en magtige karakters van die Bybel in 100 stories uit die Ou en Nuwe Testament.
Ontdek die wonder van God se Woord met 100 Bybelstories spesiaal uitgesoek vir kinders tussen 6 en 10 jaar. Die dapper en sterk karakters van die Ou en die Nuwe Testament sal kinders se verbeelding aangryp.

In hierdie opwindende reis deur die Bybel word die geloofsaadjie in jong harte geplant om vir kinders (van alle ouderdomme) te help ontdek wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

100 Bybelstories - vir kinders vertel van God se genade en liefde en onthul sy wonderlike plan deur die eeue heen vir al sy mense.
Publikasiedatum: 2018-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618118

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
R 225Jy spaar R 25
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige jong mans te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617227

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
R 225Jy spaar R 25
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige meisies te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-11-08

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.