●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Christelik - Kinders
Bybels

Results 1 to 15 of 29
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621101

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 300
R 270Jy spaar R 30
Ontmoet die dapper, sterk en magtige karakters van die Bybel in 100 stories uit die Ou en Nuwe Testament.
Ontdek die wonder van God se Woord met 100 Bybelstories spesiaal uitgesoek vir kinders tussen 6 en 10 jaar. Die dapper en sterk karakters van die Ou en die Nuwe Testament sal kinders se verbeelding aangryp.

In hierdie opwindende reis deur die Bybel word die geloofsaadjie in jong harte geplant om vir kinders (van alle ouderdomme) te help ontdek wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

100 Bybelstories - vir kinders vertel van God se genade en liefde en onthul sy wonderlike plan deur die eeue heen vir al sy mense.
Publikasiedatum: 2018-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615995

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 400
R 360Jy spaar R 40
Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot 'n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.

Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en 'n volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.
Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.
Hierdie is die verhaal van God se verlossing - in aksie!
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617814

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 190
R 171Jy spaar R 19
28 geliefde Bybelstories waarin kinders leer God het alle mense lief en wil 'n verhouding met hulle hê.

Of julle hierdie Kinderbybel gebruik tydens kinders se slaaptyd-ritueel, lang ritte in die motor of om as gesin saam Bybel te lees, Die Bybel App vir kinders - Bybelstorieboek is die ideale Bybel vir jong kinders.

In hierdie wonderlike aanvulling tot die YouVersion App, wat al meer as 11 miljoen keer afgelaai is, word 28 van die mees geliefde Bybelstories eenvoudig oorvertel. Elkeen van die 13 stories uit die Ou Testament en 15 stories uit die Nuwe Testament sluit ook af met 'n vraag wat kinders help om verder te dink oor die storie wat hulle sopas gelees het en 'n bemoedigende gedagte.

Jong kinders sal die kleurvolle illustrasies in Die Bybel App vir kinders - Bybelstorieboek geniet en terselfdertyd leer God is lief vir al sy mense en wil 'n verhouding met hulle hê.

Die interaktiewe Bybelstorie-toep kan gratis afgelaai word by: www.bibleappforkids.com

416 Bladsye
Hardeband
164 x 197 mm
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868294411

Christelik - Kinders: Bybels

Illustreerder: José Pérez Montero
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 300
R 270Jy spaar R 30
'Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.
Die kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.
In Die Kinderbybel word die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615599

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 230
R 207Jy spaar R 23
Fassinerende stories, onvergeetlike karakters en ongelooflike wonderwerke.
In Die prentjie-Bybel vir jong lesers word uit­ge­soek­te Bybelstories lewendig met oulike, kleurvolle illustra­sies.

Hierdie boek met sy 11 Ou-Testamentiese stories en 15 Nuwe-Testamentiese stories wys vir kleuters wie God is en wat Hy gedoen het. Dit is spesiaal ont­wikkel met kort stories vir jong lesers.

Die prentjie-Bybel vir jong lesers sal kleintjies op­gewonde maak oor God se wêreld.
Publikasiedatum: 2016-08-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617227

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
R 225Jy spaar R 25
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige meisies te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340554

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 180
R 162Jy spaar R 18
Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak hierdie kartonboek die ideale eerste Bybel vir kleingoed.

Eerste Bybel vir kleingoed bevat van die bekendste Bybelverhale, pragtig geillustreer, wat God bladsy vir bladsy aan kleingoed bekend sal stel. Dit sal kleingoed help om die eerste treë in hul geloof te neem en om die God te leer ken wat hulle liefhet! Kleingoed sal dit geniet om na die mense en diere in die kleurvolle kunswerk op elke bladsy te kyk, wat dit die perfekte keuse maak as jou baba se eerste Bybel!
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623099

Christelik - Kinders: Bybels

Illustreerder: Honor Ayres
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 169
R 152Jy spaar R 17
'n Versameling gebede om saam met kinders te lees.

Gebede vir kleingoed is die ideale wegspringplek om jong harte te wys hoe om alles in hulle lewe met God te deel.
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339398

Christelik - Kinders: Bybels

Vertaler: Reinata Thirion
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180Jy spaar R 20
'God se groot plan vir my' neem kinders op 'n 40-dae-reis deur die Bybel om 'n dieper verhouding met God te bou en die doel vir hul lewe te ontdek.
Dit is gebaseer op die 40 dae in Rick Warren se boek, Die doelgerigte lewe. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek.
Elke dag bevat:
'n Oordenking oor die dag se tema
'n Bybelverhaal wat daarby aansluit
'n Gedagte vir die dag
'n Byblevers om te onthou
'n Vraag om oor na te dink
Die 40 Bybelstories volg die chronologiese orde waarin dit in die Bybel verskyn. God se groot plan vir my is dus ook 'n Kinderbybel in eie reg.
Die boek is ook pragtig en kleurryk geillustreer.
Publikasiedatum: 2018-11-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432207854

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 139
R 125Jy spaar R 14
God se storie, my storie gee tienermeisies die geleentheid om die Nuwe Testament in 'n jaar deur te lees, en te verstaan! Jaco Thom het die teks in storie-formaat geskryf, sodat dat op 'n interessante manier met meisies se harte sal praat. Die nuwe benadering maak dit ook makliker om te lees en ook om te verstaan.
Vir elke dag vir die week is daar 'n dagstukkies en 'n verwysing vanuit die Bybel. Aan die ander gedeelte van die bladsy kry die leser kans om te dink en te skryf oor die joernaalvrae wat gegee word. Op so 'n manier skryf elke meisie ook haar eie storie. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat sy aan die einde van die jaar of selfs oor 'n paar jaar kan terug gaan en kyk hoe haar lewe op daardie oomblik gelyk het en ook hoe sy geestelik gegroei het.

Hierdie is beslis 'n nuwe uitkyk op 'n Bybeldagboek. Dit is nie net nog 'n dagstukkie wat deur iemand geskryf is nie, dit is 'n dagstukkie uit God se pen vir jou!
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920593568

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 80
R 72Jy spaar R 8
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Ja! kleuter Bybel is spesiaal geskep vir Ja! kleuters.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928436881

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 169
R 152Jy spaar R 17
Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige Klassieke Kinderbybel vir kinders van 7-10 jaar oud. Getrou aan die klassieke tradisie word die verhale in 'n eg Bybelse styl vertel. Die pragtige en dramatiese illustrasies beeld in grafiese besonderhede 40 van die mees geliefde Bybelverhale in die Ou en die Nuwe Testament uit. Elke illustrasie is 'n kunswerk wat aan die leser groot vreugde sal verskaf. Hierdie Kinderbybel sal in die jare wat kom 'n groot gunsteling onder kinders bly.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679170

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 90
R 81Jy spaar R 9
Die boekie het 'n sagte skoonvee omslag, stewige bladsye en prettige kleurprente.
Hierdie stewige kartonboekie is 'n uitstekende inleiding tot die Bybel vir babas en kleuters. Bekende Bybelverhale is met sorg uitgekies en geillustreer om God se boodskap met kleintjies te deel
Publikasiedatum: 2017-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798222907

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 335
R 302Jy spaar R 33
Volkleur sagteband
105 Gunsteling Bybelstories
Volkleur illustrasies
Voetnotas
Publikasiedatum: 2020-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614356

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180Jy spaar R 20
'n Storiebybel wat dogtertjies sal wys hoe wonderlik God se liefde is.

Hondjies en katjies. Blomme en hartjies. Soentjies en drukkies. Die mooie wêreld van 'n klein dogtertjie! God wil hê sy moet weet Hy het hierdie wêreld, vol van Sy liefde, vir haar gegee.

Die mooiste Storiebybel sluit 40 spesiale Bybelstories in wat jou dogtertjie sal wys hoe lief God vir haar en Sy ander kinders is.

'n Kosbare gedagte om oor te dink ('n samevattende sinnetjie) en Kosbare woorde (maklike Bybelverse) om te memoriseer word by elke storie bygewerk om God se Woord met jou dogtertjie se lewe te verbind.

Die 20 Ou-Testamentiese stories en 20 Nuwe-Testamentiese stories in Die mooiste Storiebybel sal jou dogtertjie help om te sien hoe wonderlik God se liefde vir haar en al Sy ander kinders werklik is.
Publikasiedatum: 2016-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.