Christelik - Kinders
Dagstukkies

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
9781431616411

Gebede met vlerke

R 100
Meer as 45 gebede en aktiwiteite oor die wonderwêreld van gebed.
Lizette Murray wil met Gebede met vlerke vir laerskolers 'n gebedsgids gee waarop hulle hul gebedslewe kan begin skoei.
Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan 'n ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weerÂ-spieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voëlÂ-soort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie verÂ-gelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreugÂ-des, hartseer en besorgdhede te praat én daarmee vol te hou.
Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat kinders sal help om lewe aan hulle geÂ-bedsÂ-lewe te gee.
Gebede met vlerke sal elke kind help om die ware krag van gebed te ontdek.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
9781431613274

Kies die lewe

R 190
101 lewenslesse om 'n waarlik fantastiese lewe te leef!

Daar is mense wat elke dag opstaan en net bestaan. En dan is daar mense wat opstaan en kies om waarlik te lééf.

In #KiesDieLewe deel Johan Smith 101 lewensÂ-lesse wat jongmense sal help om 'n fantastiese lewe te leef. Die lewenslesse - geneem uit die lewens van Ben Carson, Katie Davis, Christine Caine, Craig Groeschel, Bob Goff, Henry Cloud, Boeta Dippenaar, Natalie du Toit, Penny Heyns, Gary Kirsten, Shaun Pollock, moeder Teresa en Bill Hybels - sal jongmense herinner dat wanneer jy jou hoop in Christus stel, jy oorwinning sál beleef.

Lewenslesse sluit onder andere in:

· Maak die regte keuses

· Gebruik jou tyd wys

· Leef vir die hier en nou

· Kies jou woorde versigtig

#KiesDieLewe sal jongmense die moed en krag gee om God se plan en doel vir hulle lewe uit te leef.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
9781432204853

God se prinses

R 120
As jy God liefhet is jy 'n Koningskind en dit maak van jou 'n prinses. Lees elke dag van die jaar hierdie spesiale boodskap uit Jesus se hart vir jou bedoel. Kyk na jouself deur sy oë, weet jy is perfek en dat Hy elke dag daar is om jou te help ... met alles

Lees elke dag Nina Smit, Rodney Seale, Nedine Blom en Jannie le Roux se stukkies en jy sal met sekerheid weet: 'Ek is die Koning se kind. Ek is sy prinses en Hy gee al sy liefde vir my!'

Die skrywers verstaan hoe 'n meisie van 10 tot 13 se kop en hart werk. God se prinses leer jou ...

Al die mooiste beloftes in die Bybel
Hoe om liefde vir ander mense te wys
Wat om te doen as dinge skeefloop by die skool of huis
Om deur die Here se oë na jouself te kyk.
Daar is 'n Bybelvers en boodskap vir elke dag van die week en een vir die naweek. Maak gereed vir jou mooiste jaar van prinses wees!

God is op 'n spesiale manier by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut.
2 Korintiërs 4:16
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
9781770008014

Om God te ken - 365 Oordenkings vir seuns

R 170
365 dagstukke wat laerskoolseuns sal inspireer tot 'n inniger verhouding met die Here.

Carolyn Larsen het 'n hart vir jongmense, en 'n beÂ-sondere vermoë om die waarhede van geloof aan kinders oor te dra.
Met Om God te ken - 365 oordenkings vir seuns deel sy met laerskoolkinders hoe om God en sy wil te leer ken. Die boekie se inhoud pas by seuns se belangstellings en ervaringswêreld. Elke dagstukÂ-kie word afgesluit met 'n voorstel aan die kind om sy wandel met die Here op praktiese maÂ-niere te gaan uitleef.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
9781770008021

Om God te ken - 365 Oordenkings vir dogters

R 170
365 dagstukke wat laerskoolmeisies sal inspireer tot 'n inniger verhouding met die Here.

Carolyn Larsen het 'n hart vir jongmense, en 'n besonÂ-dere vermoë om die waarhede van geloof aan kinders oor te dra.
Met Om God te ken - 365 oordenkings vir dogters deel sy met laerskooldogters hoe om God en sy wil te leer ken. Die boekie se inhoud pas by dogters se belangstelÂ-lings en ervaringswêreld. Elke dagstukkie word afgesluit met 'n voorstel aan die kind om haar wandel met die Here op praktiese maniere te gaan uitleef.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
9781431601431

Die Bybel in 366 dae vir meisies

R 200
Dogters tussen 8 en 12 kan ook nou saamlees aan die gewilde Bybel in 366 dae-reeks. DIE BYBEL IN 366 DAE VIR MEISIES se oordenkings is deur Carolyn Larsen geskryf en spesiaal gerig op die leefwereld en uitdagings van dogters.
DIE BYBEL IN 366 DAE VIR MEISIES sal dogters help om die kernboodskap van die Bybel te ontdek. Dit bied 366 uittreksels uit die Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) saam met kort en kragtige oordenkings. Dogters kan daagliks deur die Bybel stap, van Genesis tot Openbaring, en leiding kry oor temas soos groepsdruk, slegte keuses en vertroue op God.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
9781431604654

Die Bybel in 366 dae vir seuns

R 200
Seuns tussen 8 en 12 kan ook nou saamlees aan die gewilde Bybel in 366 dae-reeks. DIE BYBEL IN 366 DAE VIR SEUNS se oordenkings is deur Carolyn Larsen geskryf en spesiaal gerig op die leefwereld en uitdagings van seuns.

DIE BYBEL IN 366 DAE VIR SEUNS sal seuns help om die kernboodskap van die Bybel te ontdek. Dit bied 366 uittreksels uit die Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) saam met kort en kragtige oordenkings. Seuns kan daagliks deur die Bybel stap, van Genesis tot Openbaring, en leiding kry oor temas soos groepsdruk, slegte keuses en vertroue op God.
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development