Christelik / Christian
Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Results 1 to 15 of 27
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208271

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 119
Jy het die mooi huis, die blink motor, die suksesvolle man... tog voel dit vir jou asof iets kort.
In die Johannes-evangelie het jesus iets hieroor te sê: ''n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê,en dit in oorvloed' (johannes 10:10). Die duiwel kom steel,vernietig en doodmaak, maar Jesus het gekom sodat ons 'n lewe van oorvloed kan hê. Andries Enslin wys jou oor 40 dae wat dit beteken. Hoekom juis 40 dae? Elke keer wat God iemand wou voorberei om iets vir hom te doen, het Hy 40 dae gebruik.
Publikasiedatum: 2018-03-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618644

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Versterk jou huwelik en verhouding met God met die kosbare Mnr. & Mev. - 366 oordenkings vir egpare.
In vandag se gejaagde lewe is dit belangrik dat paartjies gereeld saam met mekaar en saam met God stil word. Hierdie pragtige dagboek sal paartjies help om 'n dieper intimiteit met mekaar en met God te ontwikkel wat hulle huwelik en geloof na 'n nuwe vlak van liefde, vertroue en hoop sal neem.
Beweeg elke dag nader aan jou huweliksmaat en aan God deur 'n paar minute saam stil te word, te lees en na te dink oor die inspirerende oordenkings en bemoedigende teksverse in hierdie dagboek vir paartjies.
Publikasiedatum: 2017-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616923

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 300

9780796318176

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
"Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien."   Duet is 'n dagstukkieboek vir egpare om saam in hulle stiltetyd te lees. Johan en Christine Ferreira neem die leser op 'n reis reg deur die jaar, 'n reis nader aan God, maar ook nader aan mekaar.  Hulle help om lewensmaats ook geloofmaats te maak.  Johan is 'n voorligtingsielkundige in privaatpraktyk en Christine is die redakteur van Leef.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617302

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Karien Basson neem jou in 52 weke op 'n reis wat jou opnuut sal herinner: Die lewe is 'n kosbare gawe uit God se hand, en ons moet dit koester. Elke week bestaan uit 5 oordenkings en word afgesluit met 'n profiel van 'n persoon wat self al die oppe en affe van die lewe moes hanteer. Dit sluit in profiele van mense soos Rouchelle Liedemann, Tracey Lange, Charl du Toit, Richard Murray, Regardt van den Berg, Aletté-Johanni Winckler, Stephan Joubert en Joshua na die Reën.
Wanneer God met jou praat sal jou elke dag inspireer om na God se stem te luister, sy leiding te volg en die beste jý te wees wanneer jy op die pad stap wat Hy vir jou bestem het.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617494

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Leef elke dag in God se teenwoordigheid en ontvang die seën wat God in oorvloedige genade vir jou gegee het.
So sê die evangelis Angus Buchan in die 366 dagstukke in Genade in oorvloed . Elkeen van die kragtige oordenkings, geneem uit Die Bybel met Grassroots-oordenkings, bied ʼn teksvers, oordenking en kort gebed, en gee riglyne oor hoe om in ʼn hegter verhouding met God te leef. Dit sal jou deur die hele jaar verryk en bemoedig.
Genade in oorvloed sal vir jou ʼn beter begrip gee van wie God is en hoe jy onder alle omstandighede op Hom kan vertrou.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618767

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
“Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” Almal ken hierdie bekende teks-vers uit 1 Korintiërs 13, maar wat ís geloof, waarop kan Christene régtig hoop en hoe kan ons ander oprég lief-hê?
Meer as oorwinnaars , deur Solly Ozrovech, is 366 oordenkings saamgestel rondom hierdie drie geloofspilare. Omdat die hele dagboek rondom slegs drie temas sentreer, is soveel moontlik teksverse hieroor uit die Bybel ontgin.
As ervare en deurwinterde gelowige was Solly Ozrovech toegerus om gelowiges dieper te lei in die grondwaarhede van die Christelike geloof en hulle die werklike betekenis van geloof in die Vader, die lewende Christus en die Heilige Gees te laat begryp. Aan die einde van Meer as oorwinnaars sal die leser 'n beter begrip hê van die vervlegtheid van die temas geloof, hoop en liefde, begryp hoe lief God ons het deur Christus en hoe om God en ander onbevrees en met oorgawe lief te hê.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618637

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Sedert die eerste verskyning van die Engelse publikasie in 1925 van Streams in the Desert deur L.B. Cowman, het hierdie Bybelse dagboek talle gelowiges met sy inspirerende boodskappe verkwik. Danksy die bemoediging wat deurgaans uit elke dagstukkie straal, elkeen gegrond op beproefde beloftes uit die Skrif, het daar weer “strome lewende water” (Joh. 7:38) begin vloei in die lewe van baie gelowiges.
Ontelbare reisigers langs die pad wat uitgeput in die “dor streke” (Jes. 58:11) van spanningsvolle tye beland het, het reeds hierin geestelike verkwikking gevind. Meer as een gelowige wat geestelik begin kwyn het, is versterk en het weer geword “soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie” (Jes. 58:11).
Hierdie inspirerende dagstukkies word gerugsteun deur uittreksels uit geestelike liedere en bemoedigende gedagtes.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770003903

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 190
Sekere dinge in die lewe verander nooit - soos God se liefde. Daarom kan die boodskap dat Hy Homself aan ons op 'n intieme, kragtige en verfrissende manier wil openbaar, nooit verouder nie. Want dit is wat Hy vandag steeds vir sy kinders wil kom doen. In Die geheimenisse van God deel Andrew Murray sy persoonlike openbaring wat hy ontvang het deur tyd saam met God deur te bring. In 366 dagstukke, wat byna 'n eeu gelede reeds geskryf is, deel hy geestelike oordenkings met die leser vanuit die Ou en die Nuwe Testament, en elke dagstukkie word afgesluit met 'n gepaste gebed.
Met Die geheimenisse van God sal elke leser, hetsy 'n nuwe Christen, of een wie se geloof al effens afgekoel het, ontdek dat die grootste geheim hierin lê: om elke dag tyd te maak saam met God sodat die krag en die blydskap van die Heilige Gees ten volle ervaar kan word.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770009134

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Hierdie uitsonderlike klassieke Christelike boek met sy geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe, is vertaal vir 'n nuwe generasie en is nou ook in luukse leer beskikbaar.
Hierdie uitgawe van My allerbeste vir Sy hoogste is maklik leesbaar en verstaanbaar. Tog het nie een enkele waarheid verander sedert die oorspronklike uitgawe nie. Die hoop is dat hierdie besondere boek ook in hierdie generasie - en in die toekoms - groot byval sal vind.
Hierdie eietydse weergawe van Oswald Chambers se klassieke boek is 'n vreugde om te lees en oor na te dink. 'n Nuwe generasie Christene wat hulle geloof ernstig opneem, het nou toegang tot die waarhede waaraan Oswald Chambers ons bekendstel. Niemand kan gereeld uit hierdie boek lees sonder om 'n beter dienaar van Christus te word nie.
Publikasiedatum: 2017-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415336632

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 150
Met God se krag wat deur sy kinders werk, is elkeen van ons tot oneindig meer in staat as wat ons kan bid of dink,' skryf Paulus aan die gemeente in Efese (Ef. 3:20) 'Tog weerhou dit jou nie daarvan om by tye steeds moedeloos en kragteloos, selfs depressief te voel nie. Dit is menslik onmoontlik om altyd, onder alle omstandighede sterk te bly,' skryf Nina Smit in haar splinternuwe boek, Wanneer vreugde my ontwyk. Maar daar is hoop, sê sy. Dit is wonderlik om te weet dat in swaarkrytye wanneer jy wel moed verloor of depressief voel, God jou omstandighede ken en gereedstaan om jou te help.
In Wanneer vreugde my ontwyk bied Nina 52 oordenkings wat die leser daaraan sal herinner dat die beste medisyne vir negatiewe emosies soos moedeloosheid en magteloosheid die wete is dat God juis dán 'n pad met jou wil stap; dat Hy reeds alles van jou omstandighede weet. Boonop mag jy daarvan seker wees dat Hy elke oomblik van hierdie krisistyd by jou sal wees om jou met sy wonderwerkende krag te ondersteun.
Gebruik hierdie dagstukkies as inspirasie op jou af-dae!
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205676

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 100
Hierdie boekie is geskryf deur vroue net soos jy. Vroue wat hulle harte vreesloos oopgemaak het om vir jou te vertel hoe hulle as oorwinnaars aan die ander kant uitgestap het. Die boekie sal jou hoop gee en jou bemagtig om 'n lewe van oorgawe en oorwinning te leef.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206161

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 140
Begeer jy groter geloof en 'n beter verhouding met God?
Dan is hierdie Bybeldagboek, gemik op dieper geestelike groei, vir jou!
In slegs 52 weke, een dag op 'n slag, sal jy jou Vader beter leer ken.
Jy sal leer hoe om eerlike gesprekke met Hom te hê.
En jy sal leer hoe om te luister sodat jy die regte Stem kan hoor.
Gee God 52 weke is 'n praktiese Bybeldagboek wat beloof om jou te help om alles in jou lewe - huwelik, kinders, finansies, vrese, drome - elke dag met meer krag, moed en geloof aan te pak.
Elke week begin met 'n temabladsy wat die week inlei. Hier kan jy jou gedagtes en gevoelens oor die betrokke tema neerskryf en dit prakties toepas op jou lewe.
Daarna volg 'n inspirerende dagstukkie, met 'n teksvers en gebed, vir elke dag van die week.
Wat hierdie dagboek uniek maak, is dat jy die geleentheid het om jou eie idees en insigte neer te pen. Jy kan dus gereeld deur die dagboek blaai om te sien hoe jy geestelik gegroei het. Dit sal jou inspireer en motiveer om aan te hou delf in die Woord.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206215

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 180
Elke oggend met dagbreek word luisteraars gegroet met Johann Els se ikoniese stem op Radiokansel. Nou is al sy oordenkings saamgevat in een boek. Jy kan elke oggend jou dag begin met 'n oordenking oor aktuele sake en dinge waarmee ons elke gekonfronteer word, soos om dankbaar te wees, vrede, liefde, vertroue, bekommernis en blydskap.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614325

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 180
Kom tuis by God - skop uit jou skoene en deel jou menswees met Hom.

Soms druk die lewe ... soos 'n paar ongemaklike skoeÂ-ne aan die einde van 'n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.

Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies het 'n pragtige uitleg en is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy - ten spyte van baie dinge - kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy - ondanks alles - kan blý vertrou omdat jy 'n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genadeÂ-seën wil toevou.

Die oordenkings in hierdie dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dagboek word ook afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin.
Publikasiedatum: 2016-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development