Christelik / Christian
Gebed / Prayer

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618880

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 180
Stormie Omartian is wêreldwyd bekend vir haar boeke oor gebed vir mans, vroue, ouers en huweliksmaats. Nou is twee van haar gewilde boeke, Die krag van ʼn biddende man en Die krag van ʼn vrou wat bid saamgevoeg in een handige flipboek-formaat.
Die krag van 'n biddende man is gerig op elke man wat vir sy vrou wil intree op gebiede waar sy werklik sy gebede nodig het. In 20 kort hoof¬stukke wys Stormie mans hoe meer hulle op God vertrou in gebed, hoe beter sal Hy hulle en hul vroue lei na nuwe vervulling en vreugde van dag tot dag.
In Die krag van 'n vrou wat bid bied Stormie in 30 kort hoofstukke leiding aan elke vrou wat 'n vrugtevolle gebedslewe begeer. Sy gee vir vroue wenke oor hoe om nader aan God te kom en sy planne vir hul lewe te ver-staan.
Hierdie 2-in-1-boek is ideaal vir mans en vroue wat weet wat 'n kragtige uitwerking gebed op hulle huwelik kan hê.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614660

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 170
Die geveg van jou lewe is reg voor jou. Op hierdie oomblik wil die vyand deur slinkse planne verskeie areas van jou lewe omvergooi. 'n Doelgerigte gebedstrategie sal jou meer help as wat jy ooit kon droom.
In 'n Vrou in gebed plaas Priscilla Shirer die dringendheid van 'n doelgerigte gebedsplan op die voorgrond. Sy identifiseer 10 areas vir strategiese gebed, waaronder identiteit, passie, gesin, vrese, reinheid en uitdagings.
'n Vrou in gebed rus vroue toe om hulle eie gebedstrategieë neer te skryf wat hulle gereeld vir hulleself en hulle geliefdes kan bid. Daar is skryfplek vir gebede agter in die boek wat uitgeknip kan word.
Priscilla speel die rol van Elizabeth Jordan in die fliek War Room en gebruik 'n Vrou in gebed om die beginsels uit dié fliek vir vroue deel van hul elkedagse lewe te maak.
Dié boek is 'n praktiese gids vir vroue vir kragtige, doelgerigte gebed.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770008045

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 30
Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord - Gebedeboek is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.
Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in 'n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.
Kragtige gebed deur God se Woord - Gebedeboek is 'n wonderlike geskenk vir elke gelowige.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316452

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 220
Waar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons "sekerhede" en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614677

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 160
Gebed beÂ-hoort jou eerste aanvalsplan te wees in die stryd van die lewe, nie jou laaste toevlug nie. En vir 'n geveg van hierdie kaliber het jy 'n doelgerigte strateÂ-gie nodig.

Strategie vir gebed bied vir lesers 'n aksieplan wat hulÂ-le sal lei van die eerste stap wat hulle moet neem tot op die vlak van 'n volwaardige en selfstandige geÂ-bedÂ-Â-soldaat:

Die beginÂ-stappe van 'n sterk gebedslewe -die krag en prioriteit van gebed
Die basiese opleiding - wanneer en waar om te bid
Ingesteldhede - soos gehoorsaamheid en volharding
Strategieë - hoe om te bid
Teikens - vir wie om te bid
Ammunisie - wat kan jy gebruik in jou gebede
Ekstra versterking - besprekingsÂ-vrae wat in groepe gebruik kan word

Strategie vir gebed sluit aan by die Kendrick-broers se fliek War Room. Dit is 'n hulpbron vir enigÂ-een wat vasberade is om as oorwinÂ-naars in gebed uit te styg.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415330005

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 80
Stormie Omartian is alombekend vir haar kragtige boeke oor gebed. Sonder om gebed tot 'n blote formule te beperk, bespreek sy sewe basiese soort gebede wat blywende vrede en 'n positiewe verandering in jou lewe kan bring. Hierdie gebede is: - Belydenisgebed - Reddingsgebed - Vryspraakgebed - Beloftegebed - Onderwerpingsgebed - Lofgebed - Seëngebed Sewe gebede wat jou lewe sal verander sal jou help om te verstaan dat gebed nie net is om vir dinge te vra nie, maar om tyd deur te bring met Iemand wat jy liefhet omdat jy Hom beter wil leer ken. Hierdie boek bied aan jou die sleutel tot 'n totaal nuwe manier van leef en sal lesers lei tot vernuwing en verandering in hul geestelike lewe
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319029

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 245
Die Groot gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense - van verskillende tye en kulture - stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling in hul liefde vir en verwondering oor God uit.
Die omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die Groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan.
'n Onontbeerlike klassieke boek in 'n nuwe baadjie.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431606467

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 150
Daar is 'n oorlog wat geveg word tussen goed en sleg en elke gelowige is betrokke. Niemand kan vandag meer langs die kantlyn staan wanneer dit by geestelike sake kom nie.
Vir elke Christen wat 'n sinvolle gebedslewe wil hê, wys topverkoper-outeur Stormie Omartian in Gebed - 'n kragtige wapen hoe om met krag en doelgerigtheid te bid.
Die 12 praktiese hoofstukke bespreek temas soos:
- ken jou Bevelvoerder en staan langs Hom
- wees seker oor jou gesag in gebed
- word ervare in jou geestelike wapens
Naas die sterk gebed aan die einde van elke hoofstuk om lesers in gebed te lei, sluit Stormie die boek af met 20 spesifieke gebede vir geestelike oorlogvoering wat elke gebedskryger moet ken.
Gebed - 'n kragtige wapen is 'n moet-lees vir enigiemand wat gretig is om 'n gebedskryger te word en saam met God deur gebed te veg om mense en situasies te verander.
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431604869

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 60
Die kragtige en betekenisvolle gebede uit Lei my, o Heilige Gees is saamgevat in 'n sakpas-gebedeboekie. Die 60 gebede in LEI MY, O HEILIGE GEES - GEBEDEBOEK sal elke leser se hart inspireer om met God te praat, maar ook mooi te luister na die leiding wat Hy gee.

Hierdie sakpasgebedeboekie se eerlike en per-soonlike gebede sal jou help:

- om te hoor hoe God met jou hart praat oor spesifieke dinge in jou lewe
- om die lewe te leef wat jy net in God kan kry
- om die leiding te volg wat die Heilige Gees vir jou gee
Elke gebed sluit af met 'n teksvers om oor na te dink en plek vir eie gebedsnotas.

LEI MY, O HEILIGE GEES - GEBEDEBOEK is die ideale geskenk vir elkeen wat God se Gees beter wil leer ken en elke dag die pad saam met Hom wil stap.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415313466

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 140
Intersessie met vreugde! Dit is die fokus van Vreugdevolle intersessie waarin Beni Johnson, vrou van die bekende Bill Johnson, haar persoonlike reis met jou deel en sy deur middel van haar opwindende avontuur die hartklop van die hemel vasvang.

Gevul met moderne ervarings en relevante antieke waarhede, leer jy:

- Hoe om 'n verskil te maak in die lewens van jou gesin, kollegas, nasie en die wêreld
- Dat mistieke ervarings vandag steeds van belang is
- Hoe om in tale te praat na kragtige intersessie kan lei
- Dat 'n offensiewe leefstyl nodig is
- Dat Jesus die perfekte voorbeeld van geluk was en dat ons 'n aardse voorbeeld moet stel
- Dat om verslaaf te wees aan God se teenwoordigheid troos en vrede bring aan gelowiges

Word geïnspireer en aangemoedig om jouself as interessor uit te leef deur die diepte van liefde en kennis wat in Vreugdevolle intersessie gedeel word.
Publikasiedatum: 2012-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431600496

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 100
Stormie Omartian het al mans en vroue oor die hele wêreld gehelp om die krag en vreugde te ervaar om met God te kommunikeer. Hierdie pragboekie bevat 'n keur van gebede uit Die krag van 'n biddende lewe en Kragtige gebed deur God se Woord.

Hierdie versameling van meer as 250 gebede in sakpas-formaat in KRAGTIGE GEBEDE VIR ELKE DAG sal lesers lei om alle areas in hulle lewe volkome aan God oor te gee. Dit sluit onderwerpe in soos:

gesondheid en genesing
liefde en verhoudings
doelwitte en besluite
Stormie se opregte en insigryke woorde sal lesers na God se teenwoordigheid lei en 'n lewe wat oorgegee is aan sy leiding en beskerming.
Publikasiedatum: 2012-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development