AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Christelik / Christian
Vroue / Women's Interest

Results 1 to 15 of 16
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780796321398

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 210
R 168Jy spaar R 42
Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat 'n goeie humorsin het - en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer.
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340776

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 200
R 180Jy spaar R 20
Genesing vir elke vrou lei die leser deur dit wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus.

Kan 'n vrou wat diep seergemaak is deur die lewe in haar hart en siel genees word? As sy verwond is deur 'n man wat sy vertrou het, kan sy weer liefde vind? As 'n vrou wat self jare se misbruik, verwerping en verraad moes verduur van dié naaste aan haar, kan Joyce Meyer met 'n weergalmende “Ja!” antwoord. Sy put inspirasie uit haar eie geskiedenis van mishandeling om te wys hoe Jesus Christus se verlossende liefde vroue se emosionele wonde kan genees en vreugde terugbring in hul lewe. Joyce se positiwiteit spruit uit haar eie lewensreis, en omdat sy al soveel vroue gehelp het wat gedink het hulle kan nie hul pyn ten volle oorkom nie - of selfs weet waar om te begin nie. Dit doen sy deur vroue te rig na die Woord en die lewensveranderende wysheid wat daarin te vinde is. Elke hoofstuk lei die leser deur wat dit ook al is wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus. God kan al jou pyn wegneem!

Kan 'n vrou wat diep seergemaak is deur die lewe in haar hart en siel genees word? Genesing vir elke vrou lei die leser deur dit wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus. God kan al jou pyn wegneem!
Publikasiedatum: 2019-04-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622023

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 180
R 162Jy spaar R 18
101 praktiese lysies om vroue te help om die beeldskone sterk vroue te word soos God dit bedoel het.
Lysies vir die lewe ... vir vroue bevat 101 inspirerende lysies wat ontwerp is om vroue te help om die beste weergawe van hulleself te word. Ingesluit is idees vir joernaalinskrywing, inspirerende Bybelverse en aanhalings.
Temas sluit in: om vrede te vind, 'n positiewe lewensuitkyk, bou jou selfvertroue, word 'n gebedskryger, vestig 'n gesindheid van dankbaarheid en slim tydsbesteding. Lysies vir die lewe ... vir vroue is 'n kosbare geskenk vir vroue van alle ouderdomme.
Publikasiedatum: 2019-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620050

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 140
R 126Jy spaar R 14
Skrifbeloftes gekombineer met kragtige aanhalings deur bekende outeurs sal elke vrou se hart seën met hoop en vreugde.

Beloftes van God vir vroue sal elke vrou se siel verkwik en vul met hoop en vreugde wanneer sy tot die Here nader vir bemoediging, raad en vertroosting. Die temas soos aanmoediging, dankbaarheid, teleurstelling, wysheid en vele meer is alfabeties gerangskik vir vinnige naslaan. Die Skrifbeloftes word ook gekomplementeer met kragtige aanhalings deur bekende persone soos Charles Swindoll, moeder Teresa, Billy Graham en ander.

Hierdie pragtige geskenkboekie beloof om vroue te bemoedig en te inspireer in hulle daaglikse wandel.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women
Publikasiedatum: 2019-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337257

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 190
R 171Jy spaar R 19
Ek kan aan geen belangriker onderwerp dink as vertroue in God nie, want wanneer ons die keuse maak om God te vertrou, is daar ongelooflike voordele daaraan. Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon.

Reg aan die begin van hierdie boek wil ek beklemtoon dat vertroue nie 'n verpligting is wat ons aan God verskuldig is nie; dit is 'n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Ons word genooi om God te vertrou. Wanneer ons dit doen, maak ons die deur oop na 'n lewe van vrede, vreugde en vrugbaarheid.

As ons 'n gesonde porsie vertroue in God by alles meng wat ons doen, sal ons sonder bekommernis, vrees, redenasie of verlammende stres kan leef. Ek vertrou byvoorbeeld dat God my sal help om hierdie boek te skryf. Dit beteken ek erken dat ek nie alles weet wat ek moet weet oor vertroue in Hom nie en dat ek oortuig is dat hierdie boek niks werd sal wees sonder Hom nie. God wil hê ons moet te alle tye en in alle dinge op Hom vertrou, want wat sy kinders betref, is niks vir God te nietig om by betrokke te raak nie.
Publikasiedatum: 2018-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620722

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 250
R 225Jy spaar R 25
366 geesvervulde dagstukke vir vroue wat 'n verskil wil maak in die wêreld.
Wat is kragtiger as die sagtheid van 'n vrou wat

· nou net by Jesus se voete gekniel het?

· leef in sy alomteenwoordigheid?

· op Hom vertrou vir elke bekommernis op haar pad?

· weet haar sterkte is in Hom?

· onwrikbaar glo elke belofte in die Woord is waar?

Die 366 dagstukke in Vroue van die Woord dek 'n verskeidenheid onderwerpe wat vroue raak, soos perspektief op die toekoms, prioritisering, emosionele genesing, huweliksvreugde, naasteliefde, en vele meer. Dit is geskryf deur 57 vroue wat meer doen as kosblikke pak, inkopies doen en werksverslae skryf - hulle volg in die voetspore van die Meester. Hulle weet die lewe vang vroue soms onkant, maar die Een wat gesê het “Volg My” het ook belowe “Ek is met julle tot die einde van die wêreld”.

Vroue van die Woord is geesvervulde oordenkings vir vroue wat 'n verskil wil maak in die wêreld.
Publikasiedatum: 2018-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320162

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 200
R 180Jy spaar R 20
Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat 'n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry 'n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.
Publikasiedatum: 2018-05-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320872

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 190
R 171Jy spaar R 19
Die geliefde omroeper Esté Geldenhuys skryf vir vandag se vroue oor Bybelse vroue, vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar uit wie se lewe ons weer en weer kan leer dat elke vrou 'n verskil kan maak, ook ek en jy!

“Geldenhuys skryf met die moed van haar oortuiging, eerlik en sonder skroom om evangeliese waarhede oor te dra. Hierdie waarhede is op haar geloof geskoei en ook op haar kennis van die
Bybel en haar beleë insig en integriteit.”
Helene de Kock, Litnet
Publikasiedatum: 2018-04-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432127183

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 140
R 126Jy spaar R 14
A treasure trove of promises from God's Word to provide moms with the peace their hearts so greatly desire.

Promises from God for Mothers is a carefully-selected compilation of promises from the Bible that will provide moms with godly wisdom, guidance and peace. The 30 themes in this gift book include comfort and support, eternal hope, care for His children, help in times of trial, strength, provision and more. It's the perfect Mother's Day gift!

Find peace in knowing that the faithful Father has every area of your life covered. He knows all, sees all and promises to be with you wherever you go. Enjoy every precious moment with your family and bring all your motherly worries to God - He promises to take care of each and every one of them.

Also available in Afriaans under the title Beloftes van God vir ma's



Also available in Afriaans under the title Beloftes van God vir ma's
Publikasiedatum: 2018-03-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337516

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 190
R 171Jy spaar R 19
Daar is 'n rede waarom ons ander mense as mededingers beskou en onsself inperk deur vergelyking en wedywer: Ons het 'n vyand wat gedurig ons gedagtes, wil en emosies bombardeer in die hoop dat ons onsself en ander sal aanval. Só onstaan 'n siklus wat ons daar van weerhou om intieme konneksies te maak, verwarring oor ons identiteit skep en ons laat misluk in die bereiking van ons doel.
In Jy is sonder gelyke, beskryf die topverkoperskrywer Lisa Bevere hoe 'n onthulling van God se liefde hierdie siklus en beperkings verbreek. Eerder as om ander as mededingers te beskou, leer sy ons hoe om daardie diep, intieme konneksie met ons Skepper te vorm waarna ons smag. Hierdie konneksie bevat die belofte van ware identiteit en intimiteit. Aan die hand van Bybelse lering deurweef met profetiese insig vir die tyd waarin ons lewe, gebruik Lisa humor en passie om jou uit te daag:

'¢ Draai mededinging om sodat dit die beste in jou uitbring

'¢ Hou op om weg te skram van gesprekke waaraan jy eintlik moet deelneem

'¢ Antwoord die argument wat beweer dat vroue nie opgewasse is nie

'¢ Breek geslagsmededinging af en werk saam met die mans in jou lewe

Dit is tyd om die stap te doen om 'n lewe sonder wedywer te leef.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205645

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 119
R 107Jy spaar R 12
Het jy al ooit Spreuke 31 gelees en gewonder hoe kry die vrou dit reg om al die balle in die lug te hou - 'n goeie vrou en ma, wat heeldag werk, die huishouding aan die gang hou en nog tyd vir haarself ook maak? Aletté Winckler het in 31 dae soos dié vrou probeer lee fen help jou om ook 'n Spreuke 31-vrou te word. Met die joernaalbladsye sal jy kan transformeer tot die beste jy
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205577

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 99
R 89Jy spaar R 10
Om met iemand te praat moet jy woorde gebruik. Alles wat ons elke dag doen is deur woorde. Of jy praat by die werk, 'n e-pos aan 'n kliënt of 'n boodskap aan 'n vriendin stuur, dit wat jy sê kan 'n baie groot impak op iemand se lewe hê.

Jou woorde het krag en dit is tyd dat vroue in ons land dit verstaan en begryp. Alhoewel ons woorde nie iets kan skep, soos God die wêreld geskep het nie, kan jy iemand se lewe opbou of afbreek.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319630

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 195
R 176Jy spaar R 19
Bekende radio-omroeper Este Geldenhuys skryf oor Bybelse vroue vir vandag se vroue: Van Eva, wat haarself uit die tuin redeneer het, tot Rebekka, wat nie noodwendig een kind bo 'n ander voorgetrek het nie, en Maria, 'n doodgewone meisie wat moes instem tot 'n buitengewone versoek. Dan is daar die vrou by die put, wat so deur Jesus aangegryp is dat sy nie daaroor kon stilbly nie. Die skrywer gee duidelike toepassing vir vandag, maar vra bowenal: God soek nabyheid met jou, gaan jy Hom toelaat?
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614127

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 80
R 72Jy spaar R 8
Die vrou van vandag is besig en aan die gang. Daarom is vinnige herlaai-oomblikke om die vonkel terug te sit in haar vrou-wees presies wat sy nodig het. Saam met Bybelverse, aanhalings en vertellings wys Stan en Linda Toler in 1 minuut-inspirasie vir vroue hoe vroue hulle selfvertroue 'n hupstoot kan gee. Die byna 80 kort, praktiese wenke in dié sakpas-boekie sluit in: - Leer iets nuuts - Gee vir iemand 'n drukkie - Bederf jouself 1 minuut-inspirasie vir vroue is 'n minuut se inspirasie en bemoediging vir die besige vrou wat haar sal help om die vrou te word wat sy graag wil wees.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205959

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 119
R 107Jy spaar R 12
Hoe kry jy dit reg om jouself te herlaai en net asem te skep as alles wat moontlik verkeerd kan loop op een slag gebeur?

Ousus het met 'n dik mond uit die bed geklim, die melk is net genoeg vir een koppie koffie, en daar is nog drie ander wat ook moet kry! By die werk laat weet boetie sy taak lê nog by die huis en hy het dit nou nodig of dis 'n nul vir gisteraand se laat werk. En boonop verstaan jou kollega by die werk nie dat jy eintlik baie besig is nie.

As jy al sulke dae beleef het, weet jy dat daar nie sommer iets is wat dit kan omkeer nie. Die issues raak net groter en jou irritasievlakke skiet deur die dak. Later byt jy almal se koppe af en selfs die hond loop wye draaie om jou. Dan is dit tyd dat jy Susan Coetzer se nuwe boek, Mamma het 'n breek nodig, vir jou koop.

Sy sal jou op haar humoristiese manier vertel dat sy ook sulke dae beleef en hoe jy dit beter kan maak. Of dit nou is met 'n lekker stappie om die blok, 'n glas wyn of om terug te grom vir die probleme. Susan se boek sal jou dag beter maak.

Sit terug en lees lekker
Publikasiedatum: 2016-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.