AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS

Fiksie
Christelik

Results 1 to 15 of 52
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321664

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 220
R 176Jy spaar R 44
Ses vroue van verskillende agtergronde beland saam op 'n plaas in die Sederberge. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om 'n groter krisis op te los. 'n Aksiebelaaide roman  'n Christelike agtergrond oor 'n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel.
Publikasiedatum: 2019-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340660

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
R 240Jy spaar R 60
Want liefde maak lig
Liefde weeg die swaarste
Liefde maak heel

Want liefde maak lig is die boeiende verhaal van die 35-jarige Isabelle Karsten wat met 'n swak selfbeeld worstel weens haar gewig. Sy is die persoonlike assistent van senior advokaat Johann Steyl. Toe sy seun, Johann junior, uit Amerika terugkeer, bedank sy en kry 'n ander pos by 'n kerk. Daar ontmoet sy die jeug predikant, Adam Wiese, wat haar begin uitneem. Sy wend ook 'n daadwerklike poging aan om gewig te verloor deur vir 'n paar maande by 'n spa in te boek.

In Liefde weeg die swaarste is Isa baie verlief op die jong predikant Adam. Tog twyfel sy oor hom. Uit nood begin sy bid, maar besef dat haar geloofslewe te kort skiet. Isa ondergaan 'n metamorfose, maar moet stry met haar ou gevoelens vir Johann Steyl, wat intussen by haar begin aanlê het.

In Liefde maak heel leer Isa dat sy net bevry kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Kos was altyd haar pynstiller en vandat sy dit nie meer het nie, gryp sy na ander verdowingsmiddels soos inkopies en dobbel. In die proses lei sy 'n dubbele lewe. Gaan Isa haar diepste seer bly wegsteek of die moeilike proses aanpak om jare lange verwerping te verwerk?
Publikasiedatum: 2019-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340684

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 160Jy spaar R 40
Noah en Emily Carter was bestem om saam te wees - van hul eerste ontmoeting, hul opwindende verlowing en pragtige troue, tot by hul gelukkig-vir-ewig-en-altyd-lewe. Hul liefdesverhaal is spesiaal en hulle wil dit met die hele wêreld deel. Meer as 'n miljoen aanhangers volg hul lewe op Instagram, Facebook en Twitter sedert die dag dat Noah ten aanskoue van 'n skare mense en die nuuskameras vir Emily gevra het om te trou. Maar agter die perfek gestileerde foto's en bemoedigende boodskappies op sosiale media, is hul lewe allesbehalwe 'n sprokie, en dis Noah se obsessie met sosiale media wat alles geruïneer het. 'n Hartgebroke Emily reik uit na haar vriendin Kari Baxter Taylor en vertel haar die waarheid: sy en Noah het besluit om uitmekaar te gaan. Hy trek die volgende oggend uit. Maar wanneer Noah die volgende oggend wakker word, is alles anders. Emily is weg en die kinders is jare ouer. Soos Scrooge in A Christmas Carol , gebeur daar vreemde dinge en sy lewe neem 'n bisarre wending deur die aand. Later is Noah oortuig daarvan dat hy twintig jaar ouer is. En hy is desperaat vir 'n tweede kans.
Publikasiedatum: 2019-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320643

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 235
R 212Jy spaar R 23
Hoe praat die Onsigbare, Abram? Onontwykbaar.
In dié roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.
Publikasiedatum: 2019-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619481

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225Jy spaar R 25
Sallie Riehl droom nog altyd daarvan om ten minste een keer te reis voordat sy by die kerk aansluit. Daarom is sy in ekstase toe sy die geleentheid kry om dié somer as 'n kinderoppasser vir 'n welgestelde familie in Cape May te gaan werk. Maar selfs al moet sy slegs tydelik van haar ouerhuis in Paradise afskeid neem, beteken dit dat sy haar doop met nog 'n jaar sal moet uitstel en dat sy die man met wie sy veronderstel is om uit te gaan, moet agterlaat.

Die weke wat sy in Cape May deurbring, is onvergeetlik - deels weens Kevin, 'n jong Mennonitiese man wie se vriendskap sy gou begin koester. Het sy oorhaastig beloftes gemaak, of sal sy slegs by die huis kry wat sy die meeste begeer?
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620326

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 99Jy spaar R 131
Casey Cox se DNS is oral op die misdaadtoneel. Dit help nie sy praat met die polisie nie; hulle het haar al vantevore in die steek gelaat. Sy moet vlug voordat sy gearresteer word ... of nog erger. Die waarheid maak nie meer saak nie.

Maar wat ís die waarheid? Dié vraag spook by Dylan Roberts, die oorlogsmoeë veteraan-soldaat wat gehuur word om Casey te soek. Post-traumatiese stresversteursing maak hom ongeskik vir polisiewerk, maar as hy Casey terugbring, kan dit in sy guns tel. Alhoewel die misdaadtoneel oënskynlik die hele verhaal vertel, maak al die besonderhede nie mooi sin nie. Casey Cox lyk nie soos jou tipiese moordenaar nie. Maar as sy nie skuldig is nie, waarom het sy gevlug?

Om haar verlede en die verdoemende bewyse teen haar te ontrafel verg meer tyd as wat Dylan het. Maar namate hy haar leer ken, word hy gekonfronteer met twee keuses: Die meisie wat elke oomblik sy gedagtes vul, is 'n psigopatiese moordenaar ... of 'n selfopofferende heldin. En die waarheid kan dalk die dodelikste wapen nog wees.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619474

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 135Jy spaar R 65
Wanneer hongersnood Betlehem tref, bly sommige hoop vir reën terwyl Naomi en haar gesin die lang reis na Moab aanpak op soek na groener weivelde. Dáár is die oes oorvloedig, en vir 'n tyd lank wil dit voorkom of die Here hulle seën. Maar dan begin die een ramp na die ander hulle tref totdat Naomi alleen agterbly in 'n vreemde land met net haar twee weduwee skoondogters om haar te vertroos.

Mismoedig en brandarm besluit Naomi om alleen terug te keer na Bethlehem. Maar haar skoondogter Rut weier om haar alleen te laat gaan. Ten spyte daarvan dat sy en Naomi waarskynlik die res van hulle lewe as armoedige weduwees sal leef, bly Rut hoop vir 'n beter toekoms ... en miskien selfs 'n tweede kans op die liefde.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620579

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 155Jy spaar R 75
Lidia is die dogter van 'n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.

Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.

Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339428

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180Jy spaar R 20
Brady Bradshaw is 'n alleenloper. Hy verkies dit so. Wanneer hy nie brande blus in Oklahoma City nie, werk hy as vrywilliger in sy gemeenskap. Dit gee sin aan sy lewe, want as God nie die inwoners van Oklahoma City gaan help nie, sal hy wat Brady is. ingryp. Dit is waarvoor hy lewe. Om ander te help, en nog iets: die hoop dat hy eendag weer die meisie sal opspoor wat hy meer as tien jaar laas gesien het. 'n Meisie met die naam Jenna.
Jenna Davis dra alleen aan die hartseer wat in die verste hoeke van haar hart nesgeskop het. Haar verlies daardie donker dag in April is nie iets waaroor sy praat nie, die emosies is net hare. En sonder hegte vriende in haar lewe het Jenna niemand om haar pyn mee te deel nie.Niemand wat onthou wat 23 jaar gelede gebeur het het by Alfred P . Murrah Federale gehou nie. Tog, ten spyte van die onuitspreeklike verlies, het sy uiteindelik haar pad teruggevind na God toe.
Publikasiedatum: 2018-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321084

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180Jy spaar R 20
Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, daarmee saam jou status in die gemeenskap, jou vriendekring en byna jou geloof?


Ná 'n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik het Altus 'n besigheid wat veevoer en ander boerderybenodigdhede verskaf. Later neem hy 'n vennoot in en begin 'n ruitertuigbesigheid. Vir 'n ruk lank gaan dit goed, maar later moet Altus dit waag dit om naas ruitertuig steeds ook veevoer in en uit te voer. Die een ramp na die ander tref hom en sy versekering moet groot bedrae uitbetaal vir skeepsvragte wat óf sink, óf besmet is en by doane afgekeur word. Met 'n skok ontdek hy dat Drikus hom besteel. Skuld hoop op nadat hy reeds verbande op sy huis en kleinhoewe geneem het om die besigheid se begroting te laat klop. Dit gaan so sleg met dat die besigheid onder sekwestrasie geplaas word, maar hy skop vas, verkoop sy kleinhoewe en leen nog geld teen hoë rentekoerse.

Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Dit gaan sleg. Die tuiewinkel brand af, nalatigheid word vermoed, die versekering wil nie betaal nie, nog 'n vrag voer word afgekeur en die bank dreig om die huis terug te neem. Alles word te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Nie net sekwestrasie nie, bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Hulle besluit om ook die seehuis in Hermanus in die mark te sit en gaan vir oulaas vakansie hou.

Die geskinder raak ondraaglik, selfs by die kerk word hulle skeef aangekyk of oordrewe vertroos. Altus wat a.g.v. rumatiekkoors as kind hartprobleme ondervind het, word siek en stort ineen. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen a.g.v. Altus se siekte. Haar beste vriendin Elaine Theunissen en dié se vervreemde man dr. Gerhard Theunissen, staan hulle by. As troos bring sy ook vir dominee Dieter saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in en word daar ook vir die gesin gratis huisvesting aangebied, in 'n tuinwoonstel omring deur 'n pragtige tuin. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321176

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 265
R 239Jy spaar R 26
Beroepsgerigtheid, kinderloosheid en 'n huwelik op die rand van egskeiding is nie die enigste beproewing op Jennifer se pad nie. 'n Donker geheim van bejaardemishandeling word oopgevlek toe Jennifer terugvlieg Suid-Afrika toe om onder andere 'n bietjie tyd saam met haar pa deur te bring. En dit aan die hand van iemand wat die naaste aan hom moet wees. Terwyl sy haar pa se geknakte lewe probeer herstel, besef sy ook hoe stukkend haar eie lewe is en dit vra moed en geloof om dit wat verlore gegaan het in haar lewe te probeer herwin. In hierdie proses leer sy wat dit beteken om deur water en vuur gelouter te word en hoe groot die genade is. Combrinck se debuutroman loop nie net die pad van verlies en genesing nie, dit bevat ook 'n spannende avontuurverhaal en 'n liefdesverhaal - 'n sonderlinge kombinasie.
Publikasiedatum: 2018-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620029

Fiksie: Christelik

Vertaler: Hester Fourie
Fiksie  -  Christelik
R 240
R 119Jy spaar R 121
'n Pragtige liefdesverhaal oor die krag van geloof en liefde en hoe God 'n beter toekoms gee as wat 'n mens jou kan voorstel.
Hope Harbor se polisiehoof, Lexie Graham, het haar hande vol. Nie net maak sy haar seun alleen groot nie, maar daar is ook 'n skielike vlaag van vandalisme en diefstal in haar kusdorp. Daar is dus nie tyd vir enigiets anders in haar lewe nie, insluitend romanse. Adam Stone, 'n voormalige misdadiger, is ook nie op soek na liefde nie. Hoe ironies dan dat die eerste vrou wat sy aandag trek die polisiehoof is. Maar om te wens dat dinge anders kon wees, is net dwaas.
Wanneer Lexie egter Adam se hulp vra met 'n jong seun wat betrek word by die vandalisme, begin die vonke spat. Hoe langer hulle saamwerk, hoe duideliker word dit dat God dalk 'n ander toekoms vir hulle in gedagte het as wat hulle hul kan voorstel.
Publikasiedatum: 2018-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415338902

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180Jy spaar R 20
'n Oomblik in tyd is 'n verhaal oor die nuanses van godsdiensvryheid en die betekenis van geloof in vandag se kultuur.

Van New York Times-topverkoperskrywer Karen Kingsbury kom 'n splinternuwe Baxterfamilie-roman oor 'n geliefde skoolhoof wat 'n Bybelstudieklub begin om die lewens van sy sukkelende leerlinge te verbeter. Dit het egter tot gevolg dat hy die nasionale fokus van 'n omstrede regsgeding word.

Hamilton Hoërskool se skoolhoof, Wendell Quinn, is moeg vir die dwelmmisbruik, tienerswangerskappe, geweld, en lae verwagtings by sy skool. Quinn is 'n Christen en gesinsman, en wil verandering in sy gemeenskap sien. Daarom begin hy 'n vrywillige naskoolse Bybelstudieprogram, ten spyte daarvan dat dit sy werk in gevaar kan stel. Die hoë bywoning by elke byeenkoms moedig hom egter aan om voort te gaan. Dis duidelik dat die program werk - totdat een ouer die pers daarvan in kennis stel. Nou staan Quinn voor 'n regsgeding wat alles kan verwoes, en moet hy kies: Gaan hy toegee en die program stop, of gaan hy opstaan vir wat hy glo reg is.

Hierdie stryd kom met 'n hoë prys, en daar is net een prokureur wat Quinn aan sy kant wil hê: Luke Baxter.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320841

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207Jy spaar R 23
Boek 10.
Henok kry 'n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat  Re'uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Publikasiedatum: 2018-04-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337134

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225Jy spaar R 25
In Waar engele wandel doen Tyler Ames - 'n professionele bofbalspeler - 'n besering op wat sy loopbaan beëindig, en vind hy uit dat sy groot liefde Sami Dawson aanbeweeg het. Wanneer 'n reeks wonderwerke hom lei om vriende te raak met 'n ou dame wat aan Alzheimers ly, besef hy dat sy dalk net die antwoorde het waarna hy so desperaat op soek is.

In Dans van die engele ontmoet ons vir Mary Catherine. Sy is aangetrokke tot bofbalspeler Marcus Dillinger en werk as vrywilliger saam met haar kamermaat, Sami, by 'n plaaslike jeugsentrum. Maar alles verander toe sy verpletterende nuus van haar dokter kry wat haar toekoms onherroeplik verander.

In Onder engele-vleuels besluit Mary Catherine om na Uganda te trek en by 'n weeshuis te werk. Marcus vertrek op 'n desperate soektog na Mary Catherine en die engele in hul midde doen alles wat hulle kan om seker te maak dat hul missie slaag.
Publikasiedatum: 2018-03-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.