Fiksie
Romanses

Results 1 to 15 of 165
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624083641

Fiksie: Romanses

R 90
Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Hulle is jong, gekwalifiseerde joernaliste en benodig lewenservaring en genoeg geld om die pot aan die kook te hou. Die skilderagtige kusdorpie Silwersee is net die regte plek om dit te doen.
Lani wens haarself nou al jare lank geluk omdat geen man nog daarin kon slag om haar gedissiplineerde emosies te versteur nie. Dokter Jan-Erik van Eeden met sy onbetwisbare selfversekerdheid is egter die oorsaak van onbekende sensasies. Dié donkerkopman met die silwergrys oë laat haar siel nie met rus nie en Lani hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie.
Hoekom beveel tant Marcia boonop vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik se teenwoordigheid te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?
Publikasiedatum: 2017-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386806

Fiksie: Romanses

R 295
R 236Jy spaar R 59
Esmeralde
Seerower vir Shakira
Markies vir Melesinda

Esmeralde:
Net nadat Carmelita Fernandez aan 'n dogtertjie geboorte gegee het, sterf sy, maar nie voordat sy haar man, Diego, versoek om die kindjie Esmeralde te noem nie. Diego het sy sigeunervrou hartstogtelik liefgehad en daarom stem hy in tot die sigeunernaam.
Toe sy grootword, het Esmeralde dan ook al die vuur en eiesinnigheid waarvoor sigeuners bekend is - en haar oorlede moeder se donker, eksotiese skoonheid. Met haar agtiende verjaarsdag reël haar ouma 'n groot bal, met die hoofdoel om Esmeralde aan hubare mans voor te stel. By die bal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike donker René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is 'n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met 'n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.

Seerower vir Shakira:
In 'n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan 'n seerower verpand - Raoul Monserat, dodelik aantreklik, dodelik gevaarlik, kaptein van die seerowerskip die Swart pêrel. Monserat is legendaries, word gevrees en verafsku - hy's wreed, meedoënloos, pleeg gruweldade, onteer vroue … Op die Swart pêrel word hulle teen haar sin in die eg verbind, en Shakira weet - een of ander tyd gaan dié onvoorspelbare, kil man sy huweliksregte opeis.
Hy word vir haar 'n raaisel, sy optrede strook nie altyd met sy reputasie nie. Sy weet hy gebruik haar net as 'n skans in sy soektog na die skat, maar hoe langer sy Monserat ken hoe minder wíl sy haar teësit. Is hy werklik wie hy voorgee om te wees?

Markies vir Melesinda:
Dis die geheimsinnige Nagvalk met sy strelende mond en beskermende arms wat Melesinda se hart en gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vol lê. Maar met die markies Beamont du Brecy moet sy trou. Aan haar seerowerbloed dra sy swaar, maar dit stuit Beau du Brecy nie. En ter wille van die markiesin Du Brecy sal sy met die markies trou. Al behoort haar hart aan die Nagvalk.
Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer. Terwyl Beau oorheers word deur wraak ná sy suster se dood, raak Melesinda al hoe meer verward - is dit moontlik dat 'n vrou terselfdertyd tot twee sulke uiteenlopende mans aangetrokke kan voel?
Publikasiedatum: 2017-12-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386370

Fiksie: Romanses

R 85
Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.
Publikasiedatum: 2017-12-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386714

Fiksie: Romanses

R 85
Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?
Publikasiedatum: 2017-12-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386745

Fiksie: Romanses

R 85
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart âˆ' ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.
Publikasiedatum: 2017-12-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386776

Fiksie: Romanses

R 85
Janika het ná haar ouers se dood op haar werk gefokus en met sukses 'n dik en baie hoë muur om haar hart gebou. Maar majoor Brink Lategan en sy helder grys oë vind 'n swak plek in die muur … en haar hart.
Publikasiedatum: 2017-12-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624074045

Fiksie: Romanses

R 245
R 69Jy spaar R 176
Gasheer van Drakeneiland
Die droster van Doringbaai
Net ná middernag

In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge 'n aanbod: Gaan hou 'n maand lank vakansie op 'n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk 'n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? 'n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik 'n avontuur, weldra 'n nagmerrie in die hart van die hel. Wat soek 'n laboratorium in 'n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net 'n stem oor 'n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol?

In Die droster van Doringbaai is die droster ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke vind plaas en 'n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman, vir hom bestuur word terwyl hy van 'n hartaanval herstel. Maar dis nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag wanneer hy geheimsinnig verdwyn. Iets is gaande in die groot toring - maar wat?

In Net ná middernag word daar een Saterdagnag, toe die kerkhorlosie sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, 'n moord gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die pastorie gevind. Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken - die gewilde dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale . . . Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die moordenaar - of is dit 'n dwaalspoor?
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624075806

Fiksie: Romanses

R 100
R 30Jy spaar R 70
Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeyer ontmoet, wonder sy waarom hy bekend lyk. Sy ken die uitvoerende hoof van Medline mos nie. Een ding is seker: Sy vind hom aanloklik.
Dié aand is Reuben in 'n ongeluk betrokke en Aria moet vir hom berading gee. Dan onthou sy: Reuben was as student by toe haar sus verdrink het. En Aria het die omstanders nie vergewe nie.
Aria wil verhoed dat Reuben uitvind wie sy is. Sy wil niks met hom te doen hê nie. Maar die noodlot gooi hulle telkens saam . . .
Publikasiedatum: 2017-11-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386028

Fiksie: Romanses

R 85
Loiselle is by Angelique Parfumeurs om die geur van Afrodite - die godin van liefde - in 'n bottel parfuum vas te vang. Nie om haar hart te verloor nie! Nie op haar baas Francois Valour of die geheimsinnige Kenzo wat sy by die maskerdans ontmoet nie.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386059

Fiksie: Romanses

R 85
Anouk se hardkoppige ouma veil haar in 'n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386080

Fiksie: Romanses

R 210
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met 'n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte
verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid - oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle
hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het. Dit is tydens so 'n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, 'n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan 'n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal 'n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385960

Fiksie: Romanses

R 85
Annabel en haar klein Ami moet vir drie maande in New York saam met Jack Parker in sy suite bly. Hy sal dit oorleef. Hy is tog immers nie die troutipe nie. Maar hoekom voel sy hart deesdae so snaaks?
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385991

Fiksie: Romanses

R 85
Jaybee en Maxwell moet met mekaar trou want die eenwording van hul twee familiename sal 'n ongeëwenaarde sakeryk skep. Ai, maar sy is verlief op 'n ander man, Will, wat sy pas ontmoet het … Hoe gaan haar hart dit oorleef?
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624075837

Fiksie: Romanses

R 100
R 30Jy spaar R 70
Madelie Botma het sedert haar kinderjare 'n vrees vir hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klas inbars om sy broerskind, Handré, te ondersoek, is dié juffrou dus lelik omgekrap. Dit blyk dat Handré by sy oom bly omdat daar probleme met sy ma se swangerskap is. Madelie bied teësinnig hulp aan. Sal die aantreklike Ian haar help om haar vrese te oorwin? Daar's immers 'n kankerpasiëntjie, Sanet, wat ook Madelie se bystand nodig het. Of sal die aantygings van Ian se ou liefde Madelie afskrik?
Publikasiedatum: 2017-11-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624083436

Fiksie: Romanses

R 90
Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans eers nadat sy als wat sy kan by hom geleer het.
Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer nie, Sy sukkel egter om die beeld van Hugo, sopnat in die reën met die wit hemp wat elke spier op sy breë bors ten toon stel, uit haar geheue te verban. Wie is al die vrouens in Hugo se lewe ? Cassandra is 'n modepop en dokter Marina Botes het klaarblyklik groot waardering vir Hugo se gasvryheid, Boonop wil sy ma haar familie se nalatenskap ten alle koste beskerm, en Natasja se familiegeskiedenis is nie juis ideaal nie.
Publikasiedatum: 2017-11-02

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development