Fiksie
Mills & Boon

Results 1 to 15 of 37
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035672

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
n Paradystroue!
Besigheidsmagnaat Drew Jordan het 'n behoefte aan vryheid-hy sal help om sy broer se tropiese troue te reël, maar hy sal nooit self voor die kansel beland nie. Dit is nou tot sy botsings met die troubeplanner Becky English in maanligsoene verander wat hom na meer laat smag'¦..
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415034729

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
Toe Annie Marshall net weke na haar man se dood ontdek sy is swanger, verander haar hartseer in hoop. Beangs om dit alles in die toekoms alleen in die gesig te staar, aanvaar sy teensinnig die hulp van haar oorlede man se beste vriend. Matthew Zelinsky. Die soen wat hulle na die begrafnis deel is bloot die van twee vriende wat mekaar vertroos od dis wat sy vir haarself sê. Maar die tyd wat hulle saam deurbring laat albei tog wonder of dit wat hulle voel moontlik meer as net vriendskap is.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035702

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 130
Nadat hy tien jaar gelede valslik van moord beskuldig is kom die professionele voetbalspeler en deesdae bestuurshoof Hunter Caruthers oplaas nader aan die waarheid. Het sy afrigter hom kwaadwillig betrek? die sleutel tot die verkryging van bewyse wat Hunter nodig het: Verlei se dogter, Ferrin Gainer.
Hunter wil antwoorde hê hy wil wraak neem. Maar kort voor lank wil hy die allermeeste vir Ferri hê. Sal sy strategie boemerang? Wat Ferrin betref sy kan nie anders nie as om smoorverlief te raak op die legendariese Hunter Caruthers.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035498

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
Ek besit jou onderneming, ek besit jou.'
Elle St. James kan haar woede nie beteul wanneer sy aan die man dink wat sy vroeër as familie beskou het nie. Apollo Savas het haar pa se onderneming genadeloos vernietig. Maar die troefkaart is in haar hand.
Elle is vasbeslote om haar stiefbroer te stuit. Hy is immers haar geheime fantasie en terselfdertyd haar grootste vyand. Haar verbode begeerte lei tot een onvergeetlike aand wat die onskuldige Elle se hele lewe eensklaps verander.
Opeens is sy onherroeolik aal Apollo verbind. Sal nege maande vir Elle lank genoeg wees om die smeulende Griek van sy vergeldingsdrang te bevry?
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035641

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
n Onverwagte baba'¦
Toe die suksesvolle chirurg Grant Smythe se halfsusterjie wees gelaat word, is Grant vasbeslote om haar geborge en liefdevol groot te maak. In skrilla kontras met hoe sy eie pa opgetree het.
'n Gerieflike aanbod'¦
Sy aansoek om toesig oor die baba word teëgestaan en dit beteken Grant het vinnig 'n vrou nodig! Sara Marcum, die babaoppasser, is die ideale kandidaat vir die skynhuwelik.
'n Vrou vir altyd?
Dit is dalk tydelik, maar die gulhartige Sara voldoen aan baie meer behoeftes as om net Grant se gesin voltallig te maak. Kan hy haar oortuig om sy lewe vir altyd te deel?
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035528

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
Lulu Lachaille se geheime agorafobie gaan haar nie weghou van haar beste vriendin se groot dag nie. Alles is vir haar heeltemal vreemd, maar dit is nie die rede hoekom haar hart op loop sit nie'¦
Siniese hoofstrooijonker en Argentynse poloheld Alejandro du Crozier verpes troues, totdat hy ongerieflik in die Skotse Hoogland met die aanloklike hoofstrooimeisie gestrand raak!
Onervare Lulu is eenvoudig te begeerlik vir Alejandro om nie voor haar swig nie. Maar hy is vasbeslote om Lulu onder sy beheer te hou, dus neem hy haar saam Buenos Aires toe totdat hy seker is hulle roekeloosheid het nie langdurige gevolge nie'¦
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035580

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 130
Hulle onverwagte liefde'
Toe sy met haar dogter na Hunter Ridge, Arizona, toe verhuis, is Sunshine Carston na meer as net 'n mooi landskap op soek. Sy soek antwoorde. Volgens die familielegende is haar voorouers deur die Hunter-familie van hulle grond beroof. Nadat sy Grady Hunter ontmoet, loop Sunshine se sending egter gevaar om te misluk - hoe kan sy ondersoek instel na die Hunters terwyl sy op een verlief is?
Toe Grady se ma siek word, tree hy in en help haar om teen Sunshine vir die stadsraad te staan. Maar wat sal Grady sê as hy van Sunshine se ondersoek uitvind? Om van die verlede te vergeet en 'n toekoms saam te smee, moet hulle liefde sterker as enige familievete wees'
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035405

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 130
'n Verrassing-pa.
Vasgesneeu op die plaas waar sy haar vriende se huis oppas en tydelik na die hondeskuiling omsien, kan Fern Easton nie die aantreklike vreemdeling wegjaag wat gedurende die sneeustorm daar opdaag nie. Wie is hierdie geheimsinnige man wat net so handig is met rondloperhonde as wat hy haar vierjarige pleegdogtertjie hanteer?
Carlo Camden het teruggekom Rescue River, Ohio, toe om 'n pa te wees vir 'n dogtertjie van wie se bestaan hy nooit geweet het nie. Maar hy het nie verwag om klein Mercedes so gou raak te loop nie. Wat nog te sê om so baie van die toegewyde skoonheid te hou wat baie graag die kind se ma wil wees. Carlo se verrassende tuiskoms gaan alles daaroor om dinge te verander. Maar hy het dalk nou ook sy droomvrou gevind....
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415035191

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 130
Piper Quinn baklei hard vir die toekoms van haar toevlugsoord vir wolwe. Moeilike kinderjare het haar geleer om meer op haar gemak saam met diere as mense te voel veral saam met die pragtige wolwe van Aurora Alaska. Toe joernalis Ethan Hale dus daar opdaag om verslag oor haar sukkelende wolfskuiling te doen en van oordeel is dat die wolwe 'n gevaar vir die gemeenskap inhou is sy gereed om hom verkeerd te bewys.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415034996

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
'n Huishoudster is dalk net wat hy nodig het... As nuwe president van die Texas Cattleman's Club gaan Case Baxter voortaan sy hande vol hê. Hy is verplig maar teësinning om 'n huishoudster aan te stel. Hy is immers al voorheen lelik deur 'n fortuinsoeker ingeloop. En tog...toe die parmantige rooikop, Melinda Winslow, opdaag, is hy onteenseglik aangetrokke tot haar.
Mellie het groot planne vir haar klein skoonmaakdiensteonderneming. Om 'n invloedryke kliënt soos Case Baxter se naam op haar lys te hê sal 'n aanwins wees. Maar om beenaf op hom te raak kan alles bederf. Mellie sien kans om die wanorde in sy huis op te ruim... Maar sien sy kans vir die sexy beesboer.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415034873

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
Vir tuinier Cassandra Rich is haar werk op 'n Toskaanse landgoed 'n uitkoms. Hier kan sy die verlede ontvlug. Tot die eienaar onverwags opdaag en haar net so onverwags raaksien.
Marco di Fivizzano kan sy oë nie van die verruklike tuinwerkster afhou nie. Maar wie is sy werklik? toe hy dus 'n netgesel vir 'n gala-geleentheid benodig is dit sy kans om die vurige blondine te ontmasker hetsy tydens die dinee, hetsy in sy bed!
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415034521

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
Verslaggewer Grace Corbett kom op 'n unieke storie af wat sy eenvoudig moet opvolg. Die stadsmeisie verhuis na Love, in Alaska waar die burgemeester se "Operasie Love" vroue van oor die hele land aan aantreklike Alaska-mans voorstel. Grace gee voor sy is ook een van die vroue op soek na romanse, en haar taak word aansiènlik makliker toe die aantreklike sheriff Boone Prestcotte haar hart steel. Hoewel Grace haarself belowe het sy sal nooit weer verlief nie smelt haar hart in die koue en pragtige Alaska vir Boone. Maar om die dienaar van die gereg se hart te wen, moet sy met die hele mandjie patats uitkom
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415034064

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
Wat gebeur as 'n kastige troue-afspraak heeltemal te werklik word? voorgee om die beroemde akteur Julian Cooper se meisie te wees? Party vroue sou dalk in hul noppies wees met die versoek maar nie Gretchen McAlister nie haar werk is om troues te beplan nie om die strooijonker met metgesel te wees nie. Maar na  Julian se onlangse beëindiging van sy verhouding met 'n mede-ster is die gewone Gretchen die perfekte publisiteitsfoefie.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415034057

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 120
Sedert hy terug is in Little horn, Texas, voel voormalige spesiale-operasies soldaat Grandy Stillwater verlore.Stillwater Ranch het sy aandag nodig en sy broer se weggooibaba ook.Maar die besering wat Grady in Afghanistan opgedoen het,het sy selfvertroue 'n knak gegee. Fisioterapeut Chloe dra self 'n geheim wat haar lewe gaan verander. Die liewe meisie wat hy goed hulle hoërskooldae onthou, verwag 'n baba en sy het Grady dalk net so nodig soos wat hy haar het.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415033821

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
Kalm en bedaarde Melodie Parnell, wat haar lewe lank al na ongebonde hartsog smag, dink sy het dit in die onweerstaanbaar aantreklike Roman Killian se bed raakgeloop. Maar in die smeulende nadraai van hulle passievolle ontmoeting word Melodie wreed na die werklikheid teruggeruk toe Roman sy eintlike doel met haar openbaar - om haar lewe te verwoes.

Roman bevredig die hunkering in Melodie se verruklike blou oë, maar dis net waar dinge skeefloop! Oortuig daarvan dat die vyand haar gestuur het, wou hy haar bloot straf! Toe dit blyk dat sy onskuldig was, is Roman genoodsaak om sy planne te wysig...
Gaan sy beloftes om wraak te neem dalk in huweliksbeloftes verander?
Publikasiedatum: 2016-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development