●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383843

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 350
R 159Jy spaar R 191
Sal ons in die toekoms met vlieënde motors ry? Hoe werk 'n 3D-drukker? Kan mense regtig eendag op Mars gaan woon? Hoe lyk dit binne-in 'n PlayStation 4? Ontdek die verstommende tegnologiese uitvindings van die toekoms in hierdie asemrowende boek. Hoe supercool goed werk is 'n splinternuwe gids wat ongelooflike nuwe tegnologie verken, en kyk na die maniere hoe dit ons moderne wêreld vorm. Kinders sal versot wees op die prettige skootrekenaar-styl-omslag en die innoverende uitleg. Verstommende foto's en illustrasies verduidelik hoe enige iets van hommeltuie en superrekenaars tot onderwater-hotelle en vlieënde motors werk. Hoe supercool goed werk onthul die geheime van die heel innoverendste nuwe idees en verken ook die opwindende tegnologie van die toekoms.
Publikasiedatum: 2017-11-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358193

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 290
R 135Jy spaar R 155
Publikasiedatum: 2012-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389500

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 240
R 120Jy spaar R 120
Drome en dramas
Hartebreker
Anderkant die reënboog

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare!
Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou in 'n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoërskool, en daar is hope opwinding, pret en liefdesteleurstellings, met partytjies, kêrels en ander uitdagings van grootword.
Hierdie omnibus bevat die titels uit dié gewilde reeks:
Drome en dramas
Hartebreker
Anderkant die reënboog
Publikasiedatum: 2018-07-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798172165

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 300
R 119Jy spaar R 181
Ontdek 'n wonderwêreld van sprokies, fabels, feëverhale en dierestories in hierdie skatkis van 21 geliefde verhale vir kinders. Versamel en oorvertel deur bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau, is hierdie pragtige bundel ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos 'Aspoestertjie', tot volksverhale soos 'Die gulsige seekoei' wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos 'Die leeu en die muis' wat morele kwessies aanraak - hier is iets vir elkeen. Linki Lutz se toweragtige illustrasies beeld elke verhaal kleurvol en verbeeldingryk uit. 'My Storiekis' is 'n kosbare versameling wat vir jare se storieplesier sal sorg.
Publikasiedatum: 2019-07-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345926

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 250
R 115Jy spaar R 135
Sweef en ander verhale: 'n handleiding dien as 'n hulpmiddel vir onderwysers. Die handleiding bevat 'n wye verskeidenheid van vrae en aktiwiteite vir die klaskamer met die doel om die leerder se begrip van die kortverhale in Sweef en ander verhale te verbeter.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389494

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 250
R 109Jy spaar R 141
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare!
Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in 'n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture - van 'n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens 'n skooluitstappie maak, tot 'n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.
Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:
'n Nag van angs
Die hanswors
Teddie se geheim
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384215

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 225
R 105Jy spaar R 120
Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak!
'n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met 'n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer 'n hupstoot!
Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, 'n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages - wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate!
Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!
Publikasiedatum: 2018-03-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390582

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Uitverkoping
R 220
R 99Jy spaar R 121
Die topverkoperboek wat elke tegno-slim tiener moet lees!
As 'n tiener in vandag se tegnoverslaafde wêreld van sosiale media en internet dink jy dalk jy's piekfyn en jy weet presies wat jy doen. Maar selfs JY weet nie van al die wetlike struikelblokke, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy aanlyn doen, sien en plaas nie.
Selfies, seksklets en slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees. Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie, en dit is spesifiek vir die Suid-Afrikaanse konteks geskryf. Hierdie boek sal jou op 'n maklik verstaanbare, interessante en selfs prettige manier help om 'n gelukkige, bevredigende en - belangrikste van alles - veilige lewe aanlyn te hê.
Publikasiedatum: 2018-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301974

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Uitverkoping
R 260
R 99Jy spaar R 161
Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke Monfiel en Vinland in 'n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op 'n dag 'n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde vredesverdrag was 'n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is gevange geneem en Florin verloor in 'n oogwink alles wat hy het: sy pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef, maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus, Theodo se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar.
Saam met Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, 'n narmasker en lawwe toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en vriend kan wees ... of 'n pop wat slegs na Theodo se pype dans?

Mimus is 'n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel 'n enkele hofnar wat terselfdertyd lig én donker verteenwoordig. Dit is 'n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.

OOR DIE OUTEUR:
Lilli Thal het 'n meestersgraad in Middeleeuse geskiedenis en is sedert 2000 voltyds skrywer. Mimus is in 2004 vir die Deutscher Jugenliteraturpreis benoem. Haar ander suksesvolle jeugboek, Joran Noordewind, is in 2012 deur Protea Boekhuis uitgegee.
Publikasiedatum: 2015-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623501

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 145
R 89Jy spaar R 56
Bybelstories vir groot kinders vertel gunsteling Bybelverhale eenvoudig oor sodat klein hartjies dit makliker kan verstaan.
Die prettige, kleurvolle illustrasies en kort Bybelverhale verseker dat Bybelstories vir groot kinders vir talle kleuters 'n spesiale plekkie op die boekrak sal hê.
Publikasiedatum: 2020-10-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388848

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 190
R 89Jy spaar R 101
Hulle is piepklein … grillerig … en fantasties!
Ontmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou.
Wat het 'n gloeiende seekat, 'n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêreld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes bekend. Dit verduidelik waarom ons bakterieë nodig het, en stel jong slimkoppe ook aan ander piepklein organismes bekend - virusse, fungusse, alge en protosoë.
Bakterieë is die belangrikste lewende organismes op aarde, en 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakterieë sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie. Mikrobes hou ons en ons wêreld op verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur - met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie!
Hierdie boek is 'n prettige, leersame inleiding tot 'n onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van piepklein wetenskap bring. Met verstommende foto's, lawwe karakterillustrasies en hope prettige feite wat jou lekker sal laat gril, sal jong wetenskaplikes hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie kan neersit nie.
Publikasiedatum: 2018-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388763

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Pe Grigo
Kinders  -  Uitverkoping
R 195
R 89Jy spaar R 106
Keshia Davids is net 'n doodgewone (gaap) skoolmeisie. Daar is niks spesiaals aan haar nie. Sy kan nie eens 'n behoorlike wawiel doen nie. Maar alles verander toe sy op 'n dag sien hoe 'n boelie op haar kleinsussie pik - en die vonke begin spat! Ja, regtig. Daar skiet ligstrale uit Keshia se vingers. Wat op aarde is aan die gang?
Dit is tyd dat haar ouers oop kaarte speel - en Keshia se lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sy vind uit haar ma lei 'n dubbele lewe as geheime superheld wat misdaad regoor die wêreld bestry, terwyl haar pa by die huis bly en na die kinders omsien. En die tyd het aangebreek dat Keshia by haar ma aansluit en deel word van die wêreldwye stryd teen skelms.
Terwyl Keshia se superkragte begin sterker word, moet sy 'n balans probeer vind tussen haar superheld-opleiding en haar skoolwerk. Hoe op aarde gaan sy haar geheim vir haar vriende wegsteek?
En toe haar ma se bose tweeling haar opwagting maak, begin Keshia wonder of dit nie dalk meer pret is om 'n super-SKURK te wees nie …?
'n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuurverhaal vir jong lesers!
Publikasiedatum: 2018-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388831

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Pe Grigo
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 89Jy spaar R 91
Ontmoet vir Aristoteles, 'n kat met hope houding!
Aristoteles is 'n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi - hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag 'n hond vir haar verjaardag hê.
'n Hond!?!
Watter verstandige agtjarige dogtertjie wil so 'n irriterende, keffende dierasie hê?
Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken - en hy gaan wegloop om sy punt te bewys.
Ongelukkig is die lewe van 'n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie …
Hierdie snaakse, avontuurbelaaide storie word uit die perspektief van Aristoteles die kat vertel, en is briljant deur die veelbekroonde Kobus Geldenhuys uit die oorspronklike Duits vertaal.
Publikasiedatum: 2018-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388824

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 89Jy spaar R 111
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388732

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Alison Edgson
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 89Jy spaar R 71
Ek en my ouma
is reg vir die dag.
Daar is hope avonture
wat op ons wag!

Beertjie verken graag die wêreld saam met sy ouma. Hulle klim saam boom, plas in waterpoele rond en vang vis. Dit is soveel pret dat Beertjie wens die dag kan sommer vir ewig aanhou! Maar 'n lekker stywe slaaptyddrukkie van Ouma is die perfekte manier om die opwindende dag af te sluit.
Hierdie deernisvolle prenteboek wys hoe wonderlik en prettig dit is om 'n liefdevolle ouma in jou lewe te hê!
Publikasiedatum: 2018-07-12

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.