●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798172998

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 255
'n Ryk geskakeerde bundel waarin dié bekroonde digter indringend fokus op temas soos, onder meer, skoonheid teenoor verval, die skoonheid in verval, die weerloosheid van die lewe en menswees, en die erotiek wat tog so deel vorm van elke mens. Die verse is pretensieloos en daar is geen poging om die leser te beïndruk met 'n verwikkelde verwysingswêreld nie. Eenvoud is die eerste wagwoord, en die tweede is eerlikheid.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180511

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 335
Krog is 'n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar 'n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 
'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre.
Publikasiedatum: 2020-09-25
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530886

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 240
Aarde na firmament is as 't ware 'n pandemiebundel, waarvan die meeste gedigte in die inperkingstyd geskryf is. In die afsondering van 2020 en 2021 het Lina Spies 'n hernude band met die aarde gevoel en dikwels troos gevind by haar geliefde kat, Mouschi. In die drie pandemiegedigte prys sy die manier waarop diere die aarde plek-plek as habitat heringeneem het eerder as om te fokus op die verskrikking van die virus en die noodwendige eensaamheid en vervreemding van medemens, familie en vriende.

Die sigbare firmament is verbonde aan die vaste aarde. Uit dié verbintenis met die aarde is die liefde vir die natuur en Stellenbosch twee ander sterk temas. Daarmee saam kom Lina se jare lange waardering vir klassieke musiek en letterkunde. Elke gedig verwoord 'n eg menslike ervaring, met 'n inherente ritme en musikaliteit.
Publikasiedatum: 2022-03-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624069386

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 235
Die poësie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naudé se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poësie is 'n ander manier van kyk - die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wêreld nuut, iets wat van voor af ontdek moet word. Die poësie, wys Naudé, is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Naudé se poësie is die vreemde belangrik. Vreemde ruimtes, word betree om dit wat bekend is te herontdek, deur as't ware van buite na binne te kyk. Op hierdie manier besin die digter oor onder meer sy plek in Afrika, oor die verwerking van 'n Europese oorsprong, sy geplaastheid in 'n klein minderheidstaal, oor die praktyk van poësie-skryf en die soeke na insig wat verby eenvoudige digotomieë streef. Hierdie digterlike besinnig loop dikwels uit op 'n besef van die waarde van die vlugtige, die efemere, die nie-vaspenbare.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795707919

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 260
'n Splinternuwe digbundel deur 'n gerekende en opspraakwekkende Kaapse digter. In Alles het niet kom wôd dig Nathan Trantraal oor die onderwerpe wat hy in Chokers en suvivors met sy kenmerkende energie en emosie belig het. In sy tweede bundel dig Trantraal oor Afrikaans, oor klas, ras, en die politiek, maar neem nou ook seksualiteit, en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het, in oënskou. 'n Outobiografiese en kontroversiële bundel deur die wenner van die Ingrid Jonkerpys.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620905022

Fiksie: Poësie

Vertaler: De Waal Venter
Fiksie  -  Poësie
R 285
Tomas Gösta Tranströmer (15 April 1931 - 26 Maart 2015) was 'n Sweedse digter wat in 2011 die Nobelprys vir sy poësie ontvang het. Sy poësie het dikwels die lang, koue winters in Swede beskryf en die uitsonderlike natuurskoon van sy land. Dele van sy oeuvre is in meer as sestig tale vertaal. Hy het 'n baie ingrypende invloed gehad op digters en digkuns reg oor die wêreld, iets wat nog steeds geld. Tranströmer het in sy jonger jare heelwat gereis en lande in Asië, Afrika en Europa besoek. Hy het ook bekend geraak in die VSA en daar lesings gelewer. In 1990 het hy 'n beroerte gekry wat hom aan die regterkant verlam het en sy spraak feitlik onverstaanbaar gemaak het. Hy het egter bly skryf daarna.
Tranströmer het sy hele lewe lank klavier gespeel. Na sy beroerte het hy homself geleer om die klavier met sy linkerhand te bespeel. Daar is spesiaal vir hom klavierstukke gekomponeer vir die linkerhand. Talle van sy gedigte is ook deur verskeie komponiste getoonset.

OOR DIE OUTEUR
Charl-Pierre Naudé skryf oor die digter:
Tomas Tranströmer is een van die belangrikste digters wat ná die Tweede Wêreldoorlog in Europa op die toneel gekom het. In sy gedigte neem die natuur, en die vervloeiing van wakker- en slaaptoestande die sentrale posisie in. Tranströmer se werk is tipeerbaar met die woord 'post-surrealisties'. Hier is amper niks te sien van die 'ontsporing van die sintuie' van die vroeë surrealisme nie, waarin grillige verbande en 'n enigmatiese woord-'chaos' die botoon gevoer het soos by Arthur Rimbaud, byvoorbeeld. By Tranströmer is daar 'n versigtige soeke na nuwe geordenhede maar nié nuwe sekerhede nie. Dít is vir altyd op sy kop gekeer. Die gedigte is baie beeldryk en sintuiglik, maar tegelyk oorwoë en deurdink. Elke gedig beding van nuuts af die individu se psigiese oorlewing.
Dis tentatiewe, misterieuse gewaarwordings wat die leser telkens oorbluf laat - gedigte gewy aan 'n sublieme onrustigheid.\
Publikasiedatum: 2021-01-21
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306047

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 180
Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en albei hierdie terreine word in haar skryfwerk weerspieel. Haar gewildheid in Nederland kan onder meer toegeskryf word aan die herkenbare alledaagse werklikheid in haar poesie, waarby lesers aansluiting vind. Alhoewel haar gedigte oenskynlik verstandelik en nugter is, word die leser juis getref deur die vasberade erns en innerlike krag waarmee sy byvoorbeeld die verlies van haar dogter verwerk deur daaroor te skryf. Die emosionele word egter altyd gebalanseer deur redelikheid, sodat haar gedigte nie sentimenteel is nie, maar tog die leser raak, soos in die gedig 'Habanera' Daar was 'n kind. Met haar het ek deur die kamer gedans, ons het van hoek tot kant galop, ons het luidkeels 'n lied gesing. Sy het 'n warm gesig gehad. Sy was my dogter. As ek asemhaal vonk sy na in die gedig.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190149

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 29
Wanneer die son verduister, staan mense stil om na te dink oor lig en donker. So word daar oor veel meer as hierdie natuurlike verskynsel besin. Sinisme en humor bly nie agterwee nie maar die groot gedagte skyn weemoed en verwondering te wees. In hierdie 94 gedigte praat bekende digters en debutante saam; prosaskrywers, joernaliste, musikante en ander openbare figure waag hulle hand aan die poesie. Die resultaat is 'n sonderlinge verkenning van die kreatiewe kragte wat vaardig raak wanneer die natuur sy heerskappy bevestig.
Publikasiedatum: 2002-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825519

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 29
Marais is 'n bekroonde digter. ''n Voëlboek' noem hy sy vyfde bundel. By die natuurliefhebber roep dit dadelik assosiasies van 'n naslaanboek op. En dan, op die opdragblad, asof die digter sy leser doelbewus met hierdie assosiasie wou mislei, waarsku hy in Walt Whitman se woorde: You must not [...] be too precise or scientific about birds and trees and flowers [...]
Publikasiedatum: 2002-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798152211

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 315
Breyten Breytenbach se nuwe bundel is in 'n sekere sin 'n terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter en het sterk outobiografiese elemente. Die tema van verganklikheid en oud-word loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap. Die deernis en empatie met die mens en sy vreemde lewensverlope is aangrypend. Nog selde by hierdie digter het die landskap so 'n primêre en so 'n verhelderende rol gespeel as in hierdie bundel.
Publikasiedatum: 2011-02-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620826112

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 130
Met hierdie versameling gedigte, wat Dolf van Niekerk rondom sy 90ste verjaardag geskryf het, peins die digter oor die lewensfase waarin hy hom nou bevind. Hy noem die gedigte “berigte”, asof hy aan die lesers nuus wil oordra oor sy ervaring terwyl hy hom in 'n skemerland bevind, die land tussen dag en nag, tussen lig en donker. Hy kyk ook terug na die hartseer en eensaamheid wat deel was van sy kinder- en volwasse jare, met die besef dat hy van vroeg af 'n enkeling was.
Die digter vind parallelle vir sy eie lewe wanneer hy nadink oor die geskiedenis van die aarde, die mens en die beskawing, met hoogtepunte en tye van opbloei, maar ook besef dat agteruitgang onvermydelik deel daarvan is. Die wisseling van dag en nag en die seisoene dra by tot 'n gevoel van berusting en aanvaarding. Hy kan hom nog steeds verlustig in die vreugde wat die natuur, musiek en die liefde bied. Hoewel die skemer 'n tyd van afskeid is, is dit ook “tyd vir die engele”, 'n sagte tyd en 'n tyd waarin die mens genoeg lig het om die onsienlike te kan sien en die ondenkbare te kan bedink. Te midde van die twyfel wat die mens hier op aarde ervaar, kan hy ook sekerheid verwag in sy soeke na die ware lig tussen die twee pole van lig en duister.
Berigte uit die skemerland is 'n digbundel waarin die groot filosofiese vrae oor die sin van die menslike bestaan, die ware, die goeie en die skone, gestalte kry in verse oor die lewe van 'n individu.
Publikasiedatum: 2019-02-18
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180948

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 255
Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly. Wie wás sy? Danksy historiese geskrifte en oorlewerings verskyn buitelyne om Bientang vir oomblikke byna binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.
Publikasiedatum: 2020-07-20
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190293

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 29
Marius Crous se debuutbundel is 'n moderne Suid-Afrikaner se reis deur koloniale Afrika. Dit le 'n sonderlinge verband tussen hede en verlede, tussen Afrika en Europa, die geskiedskrywer, die joernaalskrywer en die digter. Hierdie uitstekende versameling gedigte is in 2004 met die UJ-debuutprys bekroon.
Publikasiedatum: 2003-10-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311171

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 200
Eunice Basson se tweede bundel staan in die tradisie van haar liriese en suggestieryke debuut Leiboom, in 2014 deur Queillerie publiseer. By die dag handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment. Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit - klein stillewes en portretstudies van stadstuine, voëls, 'n Life Esidimeni-slagoffer, Dimitri Tsafendas, 'n transitorooftog, Poppie van der Merwe, en kring wyer uit na die honde van Delhi, die papawerbruid van Afghanistan en Alan Kurdi. Soos te verwagte van 'n kunshistorikus tree die digter ook op natuurlike wyse met die beeldende kunste in gesprek. Elke gedig is gestroop maar dawer nog lank by die leser na.
Publikasiedatum: 2020-06-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795709500

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 235
In Chinatown bied bekroonde digter Ronelda Kamfer opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Verwysings na 'n gebroke verhouding tussen pa en dogter kom deurlopend voor. En kwessies soos vrouemishandeling en rassisme word met diep menslikheid hanteer.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.