Nie-fiksie / Non-fiction
Kookboeke / Food & Drink

Results 1 to 15 of 433
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
9780799382853

50 Hoendergeregte

R 160
Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie - hoender is maklik om voor te berei en 'n ekonomiese keuse vir elke gesin.
50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.
Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.
Die resepte bestaan uit treffers soos:
- Blatjanghoender
- Oros-hoender
- Hoenderbobotie
- Romerige hoender-stroganoff
- Pikante hoender-en-lensiesop
- Pynappelhoender
- Hoender-en-brokkoli
- Hoendersamoesas
- Appelkoos-en-hoenderpotjie
Publikasiedatum: 2017-11-30
Klik om te vergroot
9780798176361

Shisanyama Braairesepte van Suid-Afrika

R 345
R 276Jy spaar R 69
Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.
Publikasiedatum: 2017-11-10
Klik om te vergroot
9780798174657

Brunch across 11 countries

R 450
R 360Jy spaar R 90
Brunches to give the best celebration parties with a difference! Recipes for a Fourth of July in the Hamptons, with red-white-and-blue parfaits, patriotic pancakes, firecracker hotdogs, beef sliders stuffed with blue cheese and American pie. Impress the in laws with a menu from Monaco with oysters mignionette, steak tartare, crostini, salad Niçoise, tarte tropézienne and more. Or relax along the pool with the inspirational treats from captivating Capri or the Bahamas.
Publikasiedatum: 2017-10-23
Klik om te vergroot
9781868427901

Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe

R 340
As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê dié manne.
Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs.
Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?
Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.
Hulle verklap boonop hul unieke filosofie - bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!
Of staan opsy, want die Recces kom verby.
Publikasiedatum: 2017-10-18
Klik om te vergroot
9781868427888

Recce Way: Specialised Cooking

R 340
R 272Jy spaar R 68
Vulture soup, anyone? Or how about diesel-dipped dog biscuits as a side to some fried python? If you prefer something less severe, then how about having a braai on top of a submarine out in the middle of the ocean?
The South African Special Forces, or Recces, are known for being fearless and tough. Not only must they pass a notoriously gruelling selection course, but once they have qualified as operators, they often spend weeks in the bush living off rat packs and whatever else they can find.
This cookbook with a difference combines stories about their experiences in the field during the Border War with recipes from the bush and the sea, and even a few from the kitchen. Fortunately, most meals are edible! These recipe stories offer insight into the scope of activities of the different reconnaissance units, including 4 Recce at Langebaan, 5 Recce at Phalaborwa and 1 Recce at Durban.
Readers will also learn about some of the important life skills needed to be a member of the Special Forces as well as Recce philosophy, such as staying in the moment and being adaptable. This book feeds into the public's fascination with this elite unit and will help to break down some of the secrecy around the Recces.
Publikasiedatum: 2017-10-18
Klik om te vergroot
9780798158060

Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2

R 360
R 89Jy spaar R 271
'Dit is die tweede bundel in die suksesvolle Huisgenoot Top 500 Wenresepte reeks, en bevat die beste resepte uit die Huisgenoot-kombuis van die afgelope sewe jaar.

Met sy amper 600 resepte het dié nuwe Top 500 .60 bladsye meer as die vorige bundel. Die toevoeging van variasies en wenke verhoog ook die waarde van die boek.

Met 15 hoofstukke wat soet- en souttert, vis en seekos, vleisgeregte en pasteie, asook nageregte en koeke insluit. Gunstelinge soos Wildspastei, Roosterkoekhamburgers, Kaapse kerrie en Goumet-paella laat die mond water. Vir die soettand is daar Rooifluweel-kaaskoek, Baklava en die beste Wortelkoek ooit.

Al die resepte is getoets deur die hoogs ervare Huisgenoot/YOU kosredaksie: 'n flatervrye kook- en bak-ervaring is verseker.

Met 'n moderne uitleg en uitstekende foto's is die boek 'n MOET vir elke Suid-Afrikaanse kombuis.'.
Publikasiedatum: 2017-10-15
Klik om te vergroot
9780798149198

Cook And Enjoy

R 370
R 296Jy spaar R 74
The Afrikaans edition of Cook and Enjoy was first published in 1951. Half a million copies later, it has firmly established itself as a South African classic and one of the most popular local cookery titles ever.
Revised, updated and completely redesigned to echo its original smaller and thicker format, the new edition combines a readable, modern feel with the classic look of the original.
Publikasiedatum: 2017-10-13
Klik om te vergroot
9780798149181

Kook en geniet

R 370
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld dié klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van dié boek.
Publikasiedatum: 2017-10-13
Klik om te vergroot
9780798172721

Martelize kook! Jy's genooi

R 350
R 280Jy spaar R 70
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.
Publikasiedatum: 2017-10-11
Klik om te vergroot
9780798174930

30

R 325
R 260Jy spaar R 65
Die gewilde en gerekende koskenner Herman Lensing vier 30 - op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.

Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en wenke van sy koskenner vriend oor hoe om jou gebak te laat skitter - en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.

Die resepte word verdeel in die afdelings brood, maalvleis, graan, pasta, varkvleis, tuna, skaapvleis, en hoender. By elke afdeling is daar ook vier 'moet-maak' resepte.

Herman deel sy kennis en wenke gulhartig, en nooi lesers ook om 'n bietjie uit sy lewe te leer.
Publikasiedatum: 2017-09-28
Klik om te vergroot
9780798165914

Huisgenoot Wenrespte 3

R 330
R 89Jy spaar R 241
'n Herverpakking van n ou gunsteling na die sukses van Wenresepte 1 & 2 met n moderne ontwerp en nuwe foto's. Dit is die ideale boek vir diegene wat op soek is na ekonomiese resepte wat maklik is om te maak en wat gewild is. Met meer as 300 resepte van enige iets van brood tot soetgoed, is hierdie boek 'n wenner.
Publikasiedatum: 2017-09-13
Klik om te vergroot
9780798165327

Kokkedoor 2: Versamelresepte

R 310
R 79Jy spaar R 231
Die tweede boek van die uiters gewilde realiteitstelevisie-reeks Kokkedoor wat van April tot Junie 2014 op kykNET uitgesaai word. Die doel van die reeks is "om die heel beste kokke in Suid-Afrika op te spoor, wat nie net kan kook met herinnering en nostalgie nie, maar ook hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die een-en-twintigste eeu wil indra en aanhou maak".
Die kookboek bevat die watertand-resepte van die reeks, en daar word al te lekker agter die skerms gekuier. Hierdie boek sluit ook die resepte van die beoordeldaars in, asook die resepte van bekende kospersoonlikhede wat op die Kokkedoorstel ingeloer het.
Leer die deelnemers en beoordelaars ken, en soek die groot kokkedoor in jou eie huis deur die resepte te herskep in jou kombuis. Nostalgie het nog nooit so lekker geproe nie!
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
9780799382846

Marilyn kuier en kook

R 200
As 'n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op 'n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak. Marilyn is gebore en getoë in die Kaap waar haar ma destyds vir haar vrye teuels in die kombuis gegee het. Sy vertel trots dat sy haar eerste melktert reeds in Graad 4 gebak en vir haar onderwyseres gegee het. Sy trek as jonggetroude saam met haar man, 'n dominee, na die klein dorpie van Loeriesfontein in die Hantam-streek van die Noord-Kaap. Hier ontwikkel haar liefde vir kosmaak en onderwys ten volle. Een van haar kookreis se hoogtepunte was toe sy vir 2 jaar lank Kuier-tydskrif se Huiskok was. Marilyn en haar familie - na wie sy as haar kos-proefkonyne verwys - woon tans op Grabouw en sy is 'n taalonderwyseres by die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes.
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot

6

9780718187729

5 Ingredients - Quick & Easy Food

R 430
R 344Jy spaar R 86
Cooking doesn't have to be complicated - that's why Jamie's 5 Ingredients - Quick & Easy Food is sure to become your new best friend in the kitchen.
It's all about making the journey to good food, super-simple. Every recipe uses just five key ingredients, ensuring you can get a plate of food together fast, whether it's finished and on the table super-quickly, or after minimal hands-on prep, you've let the oven do the hard work for you. We're talking quality over quantity, a little diligence on the cooking front, and in return massive flavour. Each recipe has been tried and tested (and tested again!) to ensure the book is packed with no-fuss, budget-friendly dishes that you can rustle up, any day of the week.

With over 130 recipes, and chapters on Chicken, Beef, Pork, Lamb, Fish, Eggs, Veg, Salads, Pasta, Rice & Noodles and Sweet Things, there's plenty of quick and easy recipe inspiration to choose from. Think Roast tikka chicken - a whole bird rubbed with curry paste and roasted over golden potatoes and tender cauliflower, finished with fresh coriander. Or, Crazy simple fish pie - flaky smoked haddock, spring onions, spinach and melty Cheddar, all topped off with crisp, golden filo, and ready to tuck into in less than 30 minutes. With every recipe you'll find a visual ingredient guide, serving size, timings, a short, easy-to-follow method, and quick-reference nutritional information.

This is Jamie's easiest-to-use book yet, and the perfect cookbook for busy people.
Publikasiedatum: 2017-08-28
Klik om te vergroot
9781432307738

Sugar-free & Carb-conscious Living

R 240
R 192Jy spaar R 48
Recipes, meal plans and success stories for a sugar-free and low-carb diet.

Ideal for anyone who wants to eliminate sugar from their diet. Based on 'low carb high fat' principles, with the emphasis on home-cooked, nutritional meals, the recipes will increase satiety, reduce sugar cravings and eliminate the need to snack between meals. The recipes are suitable for family meals and also take account of the need to have a healthy packed lunch for school or work. Recipes and tips for breakfast get the day off to a good start and there is a varied selection of dishes for the rest of the day.

Sauces, dressings, salads and vegetables - often the key to creating variety in everyday meals - are not forgotten. Sugar-free & Carb-conscious Living includes guidance on encouraging children to adapt to a sugar-free diet, tips on how to incorporate alcohol and exercise into your new lifestyle, nutritional information, menu plans, and a short list of foods that are good for you and foods to avoid.
Publikasiedatum: 2017-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development