Fiksie
Romans

Results 1 to 15 of 439
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639911014

Fiksie: Romans

R 275
R 220Jy spaar R 55
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin:

Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig
haar seun Leo met sy liefde vir geweld
en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.
Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.
Publikasiedatum: 2017-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795707544

Fiksie: Romans

R 280
R 79Jy spaar R 201
Wanneer Sean Courtney van 'n jagtog af terugkom, loop hy hom vas in die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se haat en - bowenal - Ruth Friedman.
Ruth slaan sy voete onder hom uit. Vurig, jonk en . . . 'n ander man se vrou. Boonop word haar man Sean se vriend en beskermling in die oorlog!
Wilbur Smith neem die leser tot midde-in beroemde gevegte en kleiner skermutselings. Teen hierdie agtergrond voer Sean 'n persoonlike stryd om oorlewing, en om geluk te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.
Publikasiedatum: 2017-11-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795702877

Fiksie: Romans

R 275
R 59Jy spaar R 216
Toring lê langs die Weskus, 'n afgeleë gehuggie waar 'n hand vol bewoners sukkel-sukkel 'n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wêreldoorlog en tye is swaar. 'n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word.
Publikasiedatum: 2017-11-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795703072

Fiksie: Romans

R 275
R 59Jy spaar R 216
Dulcie-Anne Douglas is 'n miljoenêr -- op skrif. Twee jaar gelede is haar man oorlede in 'n treinongeluk, en toe die polis uitbetaal is, het sy in 'n japtrap vir haar en die kinders 'n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. Veral nou ná haar skoonsuster Hanna se begrafnis word haar drumpel skielik deurgetrap.
Publikasiedatum: 2017-11-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624054672

Fiksie: Romans

R 270
R 59Jy spaar R 211
Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing.
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9781485303992

Fiksie: Romans

R 250
R 200Jy spaar R 50
'n Spieël is 'n vreemde ding, want in 'n spieël leef 'n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. 'n Spieël lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik 'n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag.
Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar's min rede die laaste tyd om te wil lag.

Joe Minnie se lewe raak verweef met dié van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, 'n opkomende vermaaklikheidster, is soos 'n emosionele en finansiële tikkende tydbom aan sy sy.

Met 'n rolverdeling wat 'n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied - die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses - word Spieëlbeeld 'n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. 'n Wêreldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.

OOR DIE OUTEUR
Franz Marx is 'n bekroonde akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger met verskeie films, televisiereekse, enkeldramas en minireekse agter sy naam. Hy is ook die skrywer en vervaardiger van Suid-Afrika se eerste sepie, Egoli: Plek van Goud. Sy talle toekennings sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se SAUK-prys vir Televisiedramas vir die draaiboek van Die buitestaander (1986), asook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Rolprentkuns (1995).
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780798176903

Fiksie: Romans

R 190
R 152Jy spaar R 38
Bennie moet ring koop. En nie sommer 'n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Dan word 'n vroueliggaam gevind en sy word Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy's 'n buitelander: Alicia Lewis, 'n kunskenner op die spoor van 'n ou skildery. Wanneer Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar vind, weet Vaughn daar's gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Publikasiedatum: 2017-11-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708213

Fiksie: Romans

R 280
R 224Jy spaar R 56
Jak Stapelberg word die pos van hoofbestuurder van die Sonderkloof-myn aangebied, mits hy doen wat Manfred Steyner vra.
En Jak stem in, want as hy eers die werk het, kan hy die opdrag mos weier. Maar niemand hou rekening met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie.
'n Sindikaat wat goud steel, verg Jak se aandag. En so ook Tess, Manfred se begeerlike vrou . . .
Gierigheid en wraak heers op die goudvelde van die 1960's in dié vertaling van Wilbur Smith se Gold Mine.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

14

9780795801471

Fiksie: Romans

R 220
R 176Jy spaar R 44
Hans loop op 90 nié met 'n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy 'n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9780799386110

Fiksie: Romans

R 270
R 216Jy spaar R 54
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en 'n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.
Almal wat kom soek het na 'n diamant so groot soos 'n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan 't sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van 'n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog 'n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.
Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van 'n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?
Hans du Plessis is 'n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra - hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780799386141

Fiksie: Romans

R 270
R 216Jy spaar R 54
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in 'n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet.
Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. 'n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat 'n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak 'n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry.
In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, 'n gestremde IT-spesialis en 'n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word.
“Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306825

Fiksie: Romans

Vertaler: Fanie Olivier
R 250
R 200Jy spaar R 50
In België loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle. Dit sal nie 'n gelukkige huwelik word nie. As Elisabeth agt maande later aan 'n tweeling geboorte skenk, is die eersgeborene 'n pragtige seun, Valentyn. Die tweede kind is so mismaak dat Guillaume weier om hom 'n naam te gee. Tog bly Naamloos lewe. Omdat sy voorkoms sy vader en die dorpenaars ontstel, gaan Naamloos gesluierd deur die lewe. Dan tree die Eerste Wêreldoorlog op die toneel.
Van kant gemaak vertel 'n broeierige verhaal vol dorpsgefluister. Vir almal verloop die toekoms anders as wat hulle verwag.

OOR DIE OUTEUR
Kris van Steenberge (1963) is (toneel)skrywer, regisseur en dosent. Stories van sy oupa, wat by hulle ingewoon het, oor die “Groot Oorlog” vorm die kiem vir sy debuutroman Woesten. Sy tweede roman, Blindelings, het in 2016 verskyn.

OOR DIE VERTALER
Fanie Olivier is 'n bekende Afrikaanse digter en akademikus, maar ook joernalis en regsgeleerde. Hy het ses digbundels gepubliseer en was die samesteller van drie ander, waarvan Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte reeds vyf uitgawes gehad het. Die Nederlandse Reina Prinsen-Geerligsprys is aan hom toegeken vir die manuskrip van sy eerste, gom uit die sipres. Naas sy studiejare in Utrecht, het hy ook vir die grootste deel van sy akademiese loopbaan kontak met Nederlands behou as dosent in Nederlandse letterkunde. Hy het in hierdie proses heelwat Nederlandse poësie vertaal, maar dit nooit gepubliseer nie. As deel van sy werk as besoekende professor by die Adam Mickiewicz-universiteit in Pole tussen 2004 en 2016, het hy ook begin met 'n projek om Poolse gedigte saam met studente in Afrikaans te vertaal.
Naas enkele vroeëre gepubliseerde vertalings uit Engels, was hy ook verantwoordelik vir die vertaling van J.M. Coetzee se Disgrace.
Publikasiedatum: 2017-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305927

Fiksie: Romans

R 295
R 236Jy spaar R 59
Die lewenslustige Siem Sigerius is 'n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus van die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom 'n belowende toekoms in die politiek. Sy vrou, sy pragtige, intelligente stiefdogters en 'n gemaklike, pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses. Wanneer Sigerius egter agter die kap van die byl van sy stiefdogter Joni se duistere bedryf kom en sy misdadige seun boonop ook nog sy opwagting maak, dreig alles in sy idilliese bestaan om op katastrofiese wyse te ontplof.

Die kaleidoskopiese sederoman Bonita Avenue verhaal die ondergang van die Sigerius-gesin teen die agtergrond van Enschede se vuurwerkramp in 2000. Peter Buwalda se debuutroman is 'n portret van 'n era wat die gaping tussen generasies op meesleurende wyse aanpak.

Die roman is genomineer vir die Libris Literatuurprys 2011, die NS Publieksprys 2011, die AKO-Literatuurprys en die Gouden Strop 2011. Buwalda ontvang die Academia Debutantenprijs, die Selexyz Debuutprijs, die Tzumprijs in 2011, asook die Anton Wachterprijs in 2012.
“Dazzling … Critics hailed Buwalda as 'The Dutch answer to Jonathan Franzen', but his brilliance is entirely unique.” - The Times (UK)

OOR DIE SKRYWER
Peter Buwalda is 'n Nederlandse skrywer en redakteur by verskeie uitgewershuise. Hy is een van die stigters van die literêre tydskrif Wah-Wah. Bonita Avenue is sy debuutroman en is deur die Nederlandse uitgewershuis De Bezige Bij gepubliseer.

OOR DIE VERTALER
Zandra Bezuidenhout behaal in 2005'n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling verskyn in 2006 by Protea Boekhuis.
Publikasiedatum: 2017-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798170475

Fiksie: Romans

R 290
R 59Jy spaar R 231
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.  Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord. Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.


Ingrid Winterbach is 'n veel-bekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M-Net-prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland en Amerika verskyn en 'n Franse vertaling van Karolina Ferreira verskyn binnekort. Sy woon in Stellenbosch en is ook 'n beeldende kunstenaar.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624075585

Fiksie: Romans

R 280
R 59Jy spaar R 221
Op die plaas Vrede van die Blanckenbergs, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam.
Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil . . .
Klein-Sarel, wat bedags in die volstruiskamp namens sy ma vloed en sy pa tot toorn verwek.
Victoria, van geboorte af niemandskind op 'n ander se land.
En Marga, oud genoeg om te weet die hel kan enige tyd, enige plek wees.
'n Leeftyd later kan sy nog die presiese datum onthou. Dit was die dag nadat haar pa sy plaas afgeteken het. Die dag ná haar veertiende verjaarsdag. Die dag van die afloop van 'n vloed en die begin van 'n noodlottige nuwe verloop, soos wanneer strome in 'n groter poel saamvloei, ineenloop, 'n oomblik rus, en dan onstuitbaar aanstorm see toe.

'n Merkwaardige debuut wat teen die agtergrond van die opbloei en ineenstorting van Oudtshoorn se goue volstruisveer-era, enduit boei en verras.
Publikasiedatum: 2017-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development