Fiksie
Rubrieke

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776091102

Fiksie: Rubrieke

R 240
Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan 'n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit 'n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in 'n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lê op 'n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om 'n ontkleedanser by 'n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

'n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624073277

Fiksie: Rubrieke

R 240
R 39Jy spaar R 201
Om sin te maak van die hele virtuele warboel in die 21ste eeu moet 'n mens hoog en laag soek. En dis presies wat die bekroonde digter en joernalis Danie Marais doen in Pruimtwak en skaduboksers - 'n onderhoudende versameling van rubrieke, essays, heildronke en nabetragtings wat met speelse erns en entoesiasme die verbande verken tussen boeke, die tydsgees, popkultuur en die verdwaasde gewone ou wat naweke in sy braaivleisvuur tuur. In hierdie stukke wonder Marais - soms sober, soms skertsend - wat geword het van rock 'n' roll, sy generasie X en randfigure soos Peter Blum. Alles en almal van Darth Vader, die Simpsons, Katy Perry, Bruce Springsteen, Fokofpolisiekar, die boeremusieklegende David de Lange en The Big Lebowski tot die agterryers van die Anglo-Boereoorlog praat saam in 'n bundel wat jou laat glimlag én dink.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316360

Fiksie: Rubrieke

R 175
Woorde, uit die mond of skryfhand van mense wat hulle storie ken, boei Bernard Odendaal so lank hy kan onthou. As poësiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom kon hy sy brood op grond van sy belangstelling verdien.
Taal lewe egter ook, miskien veral, buite boeke - in die interaksie tussen karakters van vlees en bloed.
Toe redakteurs by die webtuiste Versindaba en die koerante Bloemnuus en Volksblad hom dus vra om kort lekkerlees-bydraes oor sy aldagbelewenisse te begin skryf, was huiwer of weier vir Bernard buite die kwessie. Hoewel selde streng feitelik van aard, is die kort vertellings, sketse en besinnings in hierdie bundel almal gebaseer op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het. Wat taal (kan) doen, of wat buite die reikwydte van taal is, vorm 'n draad wat deur die bundel vleg..
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302926

Fiksie: Rubrieke

R 165
'Ek sien kokerbome en gemsbokke, woestynveld en lang, reguit stofpaaie. Ek sit links voor met my voete op die dashboard en is diep gelukkig. Die niks en die stilte maak my kop só vol woorde dat dit aanhoudend by my vingers uitvloei.'
Die potlooddief se bruid en ander stories, 'n versameling rubrieke deur Keina Swart, is die resultaat van verskeie reise: hartsreise, kopreise, verbeeldingsvlugte en avontuurlustige verkennings van plekke ver en naby. Sy skryf oor die mense naaste aan haar - die mans, vroue en kinders van haar hart - en dring met haar fyn waarnemersoog tot in die siel van Suid-Afrika en sy sonderlinge stories, soos wat net 'n ma, 'n vrou, 'n dogter en 'n dromer kan.
Keina Swart het ná skool 'n tale-draai (Duits, Frans, Engels) op Tukkies gemaak en daarna 'n honneurs- en meestersgraad (cum laude) in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is die afgelope veertien jaar redakteur en mede-eienaar van die Waterberg-streekskoerant Die Pos, wat in 2013 'n ATKV-Veertjie ontvang het as Beste Dorpskoerant in die land. Vir haar rol in die gemeenskapspers is Keina onder meer nasionaal deur Sanlam vereer as Rubriekskrywer van die Jaar en vier keer aangewys as een van die land se top tien joernaliste. Van haar skryfwerk verskyn in Rooi Rose, Baba & Kleuter, Rapport, Die Burger, Beeld, Volksblad, By, Lééf en Weg!Platteland.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300113

Fiksie: Rubrieke

R 150
In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman op sy prettige dog insiggewende manier oor alledaagse dinge - van baarde, briewe en barmhartigheid tot kinders, kos en klawerjas. Sy persoonlike geskiedenis en herinneringe vloei kleurryk deur sy byna tasbare vertellinge heen. Hy verklaar waarom kameelry geen grap is nie, wonder waarom sommiges ryk is of oud word, waarom mans en vroue verskil, terwyl sy histeriese blik op fotoverhale, handleidings en tikfoute die leser sal laat skater.

OOR DIE OUTEUR
Doc Immelman is 'n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag - en sorg vir 'n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798156868

Fiksie: Rubrieke

R 420
'Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE - na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in 'n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920188351

Fiksie: Rubrieke

R 170
Wilhelm Jordaan se stukke is weeklikse pitkos vir duisende koerantlesers. Die akademikus se verwondering aan die lewe en sy wye verwysingsraamwerk inspireer joernaliste, skrywers, teoloe, akademici en duisende ander wat oor dekades heen sy rubrieke in Beeld en Die Burger versamel het. Spitstyd verskyn na versoeke uit vele oorde.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920434175

Fiksie: Rubrieke

R 175
Toe Jonathan Jansen 'n kind was, het sy ma eendag vir hom gesê: 'My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies nie' - bedoelende dat mens nooit moet maak of nonsens betekenis het nie.

En inderdaad is hy nou landwyd bekend as iemand wat 'n ding sê soos dit is. Hy is 'n strydvoerder vir gesonde verstand en gee nie om as hy in die proses op 'n paar tone trap nie. As mens hom vra hoekom sy kontroversiële rubrieke so gewild is, sê hy ''n Goeie artikel irriteer elke keer die helfte van jou lesers; die geheim is om elke keer 'n ander helfte te irriteer.'
Publikasiedatum: 2011-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development