●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195410

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 180
Voorskoolse kinders kan hulself lank besig hou met die samesmelting van vier Richard Scarry's Best Workbooks Ever! Met 128 bladsye vol prettige lees- en skryfoefeninge, nommer-aktiwiteite, doolweë en prentjies om in te kleur sal die kleintjies meer as genoeg hê om te doen!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305675

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 200
Hanli is 'n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van 'n heuwel woon, Knibbel,knibbel,hop,hop,elke dag is presies dieselfde behalwe wanneer sy verras word!
Op 'n dag sien Hanli 'n prentjie van 'n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy 'n dansende ster wil word, Sy sluit by 'n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432307233

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 110
My Eerste Dinge Wat Beweeg maak deel uit van die prettige eerste woord-en-prenteboek-reeks. Die peuter word aangemoedig om te praat en sy woordeskat met behulp van pragtige kleurfoto's uit te brei.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192686

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 180
In Richard Scarry se My eerste groot woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op 'n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. 'n Plesier vir oud en jonk!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193348

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 180
Kom val in die pad saam met Richard Scarry.
Met Scarry se gebruiklike humor en verbeeldingrykheid as gids reis ons jong lesers saam met die Oinkgesin na die strand.

Op pad maak hulle kennis met honderde rytuie - van ambulanse tot goggabusse!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176378

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 265
In hierdie fassinerende klankboek kan kinders leer van getalle, kleure, vorms en teenoorgesteldes, terwyl hulle verskillende diere in verskillende omgewings leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite sal enige kind lank vermaak.
Publikasiedatum: 2017-12-12
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308126

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 200
Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieënde hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens)
Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice - waarvan daar al oor 'n miljoen boeke verkoop is.
Hanli is 'n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van 'n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde behalwe wanneer sy verras word!
Op 'n dag sien Hanli 'n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal 'n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?
'n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel …
Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op 'n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans - heeltemal op haar eie.
Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!
Publikasiedatum: 2018-05-11
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177832

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 115
Lank gelede was daar 'n pragtige meisie. Sy het in 'n huis saam met haar stiefma en haar twee stiefsusters gebly. Sy moes die huis skoonmaak, en hulle het haar Aspoestertjie genoem. Die prins van hulle land het 'n groot partytjie gehou. Hy wou trou en het al die jong meisies na die dans genooi. “Ai, ek wens ek kan ook na die dans toe gaan,” het sy gesug. Hierdie titel is deel van 'n heerlike reeks eenvoudige voorlees-stories.
Publikasiedatum: 2018-06-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177856

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 115
Lank gelede was daar 'n man en sy vrou wat baie graag 'n kind wou hê. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie 'n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar 'n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra 'n kwaai stem: 'Hoekom steel jy my raponsies?' Hulle buurvou was 'n heks en sy was baie kwaad!
Publikasiedatum: 2018-06-19
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446026

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Fabien Ockto Lambert
Kinders  -  Kleuters
R 80
In Mooihoekbos weerklink die gegrom van 'n kwaai beertjie: Boeta se kleinsus Santie het haar ouboet se gunstelingboek per ongeluk geskeur. Boeta is regtig baie, baie kwaad! En hy besluit om haar terug te kry ...Geskik vir voorlees
Publikasiedatum: 2018-06-22
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446033

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Fabien Ockto Lambert
Kinders  -  Kleuters
R 80
Die skool het gesluit en die vakansie het uiteindelik aangebreek. Almal sien daarna uit om weg te gaan vir die vakansie. Boeta is die enigste een wat hartseer lyk, want hy moet agterbly. Wat gaan hy doen as al sy maatjies weg is?
Publikasiedatum: 2018-06-22
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446057

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Fabien Ockto Lambert
Kinders  -  Kleuters
R 80
Boeta wil by sy ouers wat in die bos gaan kuier het, aansluit. Maar dit raak donker en hy kan nie die pad kry nie. Kom help soek, maatjies! Boeta het verdwaal! Snoetjie die vlermuis het 'n plan! Volgende keer sal Boeta versigtiger wees, dit belowe hy!
Publikasiedatum: 2018-06-22
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307419

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 220
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”
“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”
“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand 'n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.
Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so 'n kleinigheid pla. “Is dit 'n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

'n Kabouter is dit nie, maar 'n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem 'tinkel'. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van 'n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!
Publikasiedatum: 2018-07-25
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178204

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Anita Jeram
Kinders  -  Kleuters
R 185
Dit is nie net hasie wat op pad is na die potjie nie, selfs ballerina olifant en kangaroe is deel van die groep! In hierdie potjie-boek wat rym word almal na die potjiepartytjie uitgenooi, insluitend die leser!
Publikasiedatum: 2018-11-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391756

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 170
Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!
Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Ek wil nie slaap nie
Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!
Klaar met doeke
Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.
Ek gaan kleuterskool toe
Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.
Ons kry 'n baba
Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!
Ons gaan dokter toe
Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!
Kan jy asseblief sê?
Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.