●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393941

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Sarah Horne
Kinders  -  Nie-fiksie
R 140
Hierdie boeke verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel.
Die dek alles van menstruasie en borste-ontwikkeling tot hare op jou lyf en persoonlike higiëne.


Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normaal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boeke bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.

'n Grootwordgids vir meisies
Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.
Publikasiedatum: 2019-07-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393934

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Sarah Horne
Kinders  -  Nie-fiksie
R 140
Hierdie boeke verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Die dek alles van lyfhare en stemveranderinge tot buie en selfvertroue. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normaal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boeke bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.

'n Grootwordgids vir seuns Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; 'n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; 'n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.

'n Grootwordgids vir seuns
Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; 'n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; 'n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.
Publikasiedatum: 2019-07-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181099

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 135
Hierdie boek is vir nuuskierige agies wat wonder oor enigiets van die menslike liggaam. Kinders kan alles uitvind oor bene, spiere en veel meer! Die kort vrae en antwoorde maak dat daar maklik en vinnig oor die menslike liggaam geleer kan word. Wat nog, is dat daar 'n bordspel binne-in die boek is wat gebaseer word op die inligting in die boek. Die bordspel is in plakkaat-formaat wat uit die boek gehaal word, en die spelstukkies vorm deel van die boek. Die inligting in die boek word dan gebruik om die spel te speel en die bordspel-antwoorde na te gaan! Daar is ook twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, en 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te skandeer! Die QR-kode word met jou slimfoon se kamera geskandeer
Publikasiedatum: 2020-08-07
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181051

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 135
Hierdie boek is vir nuuskierige agies wat wonder oor hoe om ons planeet te red. Kinders kan alles uitvind oor klimaatsverandering, bedreigde spesies en veel meer! Die kort vrae en antwoorde maak dat daar maklik en vinnig oor die planeet en hoe om dit te red, geleer kan word. Wat nog, is dat daar 'n bordspel binne-in die boek is wat gebaseer word op die inligting in die boek. Die bordspel is in plakkaat-formaat wat uit die boek gehaal word, en die spelstukkies vorm deel van die boek. Die inligting in die boek word dan gebruik om die spel te speel en die bordspel-antwoorde na te gaan! Daar is ook twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, en 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te skandeer! Die QR-kode word met jou slimfoon se kamera geskandeer.
Publikasiedatum: 2020-08-07
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920217686

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 275
Blinktand van Bosveldparadys is 'n lekkerleesboek oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. In hierdie avontuurlike reis beleef die jong leser nie net gevaarlike gebeure, drama en spanning saam met Blinktand en sy bekkige vriend Kierie kraai nie, maar ook humoristiese situasies wat lesers - jonk en oud - sal laat skaterlag.
Publikasiedatum: 2020-03-03
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390650

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Nie-fiksie
R 290
Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen!
Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak 'n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak 'n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou 'n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.
Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat 'n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.
Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is 'n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396980

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Jaxon Hsu
Kinders  -  Nie-fiksie
R 200
Hierdie is nie 'n gewone A tot Z boek nie …

Met elke letter van die alfabet vereer hierdie boek die bydrae van vroue tot Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms. Met behulp van kort, maklik leesbare biografieë en illustrasies, wat so helder en vol vernuf is soos die vroue wat dit uitbeeld, deel hierdie boek die lewensverhale van 26 Suid-Afrikaanse rebelle, kunstenaars, moeilikheidmakers, atlete, dansende divas en vryheidsvegters.

Hierdie boek is iets van ʼn Suid-Afrikaanse weergawe van Rad American Women en Good Night Rebel Girls, maar met ʼn eie tuisgemaakte smaak van buitengewone vroue.

Ambre Nicolson is ʼn skrywer en redakteur woonagtig in Kaapstad. Voor en na die verwerwing van grade in Engels en joernalistiek aan die Rhodes-universiteit, was sy ʼn skoonmaker in Londen, ʼn muurskilder in Barcelona, ʼn taalstudent in Sjanghai, ʼn boeknavorser in New York, ʼn onderwyser in Taipei en ʼn tydskrifredakteur in Kaapstad. Sy is ook ʼn redakteur van die storievertelling-publikasie, Molo.
Publikasiedatum: 2019-10-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825113

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 250
HERDRUK
Die Groot Afrikaanse heldeboek is 'n skatkis vol stories oor volkshelde wat vandag nog steeds 'n gevoel van trots en vaderlandsliefde by kinders sal inprent. Helde soos Shaka, Hansie Smal, Racheltjie de Beer, Wolraad Woltemade en Klara Majola se verhale word op veskillende maniere benader: soms deur die oë van die held, soms deur die oë van 'n buitestander.
Publikasiedatum: 2020-01-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199852

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 160
Watter soort familie het jy? Party mense het baie broers en susters, ooms en tannies, niggies en nefies, oumas en oupas, oumagrootjies en oupagrootjies, en ander het weer klein families. 'n Familie kan ook net twee mense wees! Hierdie boek kyk na verskillende tipes families en fokus op temas soos die huis en vakansie, skool en troeteldiere, gevoelens en stambome. Met vernuf en sensitiwiteit verken Mary Hoffman en Ros Asquith verskillende aspekte van familie-wees en stel uitdagende vrae wat gesprek uitlok.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354047

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Anja Miller
Kinders  -  Nie-fiksie
R 150
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS!
Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou!
Publikasiedatum: 2022-06-16
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780143538530

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 100
Dit is die verhaal van hoe 'n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir 'n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir 'n regering wat hulle wou he. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was 'n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wereld, en hierdie boek vertel sy storie.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353989

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Nie-fiksie
R 50
Klein boekies, maar hope pret!
Ken jy die antwoord op die volgende?
- Sweet 'n mens as jy swem?
- Watse klere kan jou doodmaak?
- Watter bordspeletjie het gevangenes tydens 'n oorlog help ontsnap?
Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor modes, speelgoed, sport en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak!
Die volledige reeks is:
Die klein boek van
- hipercool hondetoertjies
- skitterende speelgoed
- skouspelagtige sport
- mal modes
- fantastiese feite
- grappige gewoontes
- gruwelike geheime
- katastrofiese kattekwaad
- nog fantastiese feite
- reuserekords
- skrikwekkende spoke
- toweragtige toertjies
Publikasiedatum: 2022-05-31
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776355693

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 290
Klein boekies, maar hope pret!
Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in twee waarde-vir-geld boekpakke beskikbaar!

BOEKPAK 1: Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van hipercool hondetoertjies, Die klein boek van skitterende speelgoed, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die klein boek van mal modes
BOEKPAK 2: Die klein boek van nog fantastiese feite, Die klein boek van reuserekords, Die klein boek van skrikwekkende spoke, Die klein boek van toweragtige toertjies, Die klein boek van skouspelagtige sport, Die klein boek van grappige gewoontes
Publikasiedatum: 2022-07-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776355716

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 290
Klein boekies, maar hope pret!
Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in twee waarde-vir-geld boekpakke beskikbaar!

BOEKPAK 1: Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van hipercool hondetoertjies, Die klein boek van skitterende speelgoed, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die klein boek van mal modes
BOEKPAK 2: Die klein boek van nog fantastiese feite, Die klein boek van reuserekords, Die klein boek van skrikwekkende spoke, Die klein boek van toweragtige toertjies, Die klein boek van skouspelagtige sport, Die klein boek van grappige gewoontes
Publikasiedatum: 2022-07-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389340

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Nie-fiksie
R 50
Die klein boeke met baie inligting
Het jy geweet …
… muskiete is van die dodelikste diere op aarde?
… piesangs is radioaktief?
… jou vingers het glad nie spiere nie?
Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet!
Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke.
Een bevat fantastiese feite, een bevat gruwelike geheime en onopgelosde raaisels, een bevat katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en een bevat reuserekords van alle soorte.
Publikasiedatum: 2020-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.