●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 1 to 15 of 349
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250325

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed.
Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol...
Publikasiedatum: 2021-02-19
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776251926

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Bruin meisies is uitsonderlik.
Ons maak orals 'n verskil.
Droomskeppers en baanbrekers.
Ons kan enigiets wees wat ons wil.
Bruin meisies is leiers.
Ons volg in die spore van kampioene en heldinne.
Hulle woorde en dade word deel van ons liedjies en sinne.
Jy is wonderlik is propvol positiewe boodskappe om bruin meisies te inspireer om hulle drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin meisies aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier en om uitsonderlik te wees op alle terreine. Ook beskikbaar in Engels, isiZulu, isiXhosa en Setswana
Publikasiedatum: 2022-07-28
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183628

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
Die Sproetebessies kry vakansiewerk op Spookkuil, 'n luukse gasteplaas in Bobbejaanskloof naby 'n kuil waaruit daar snags 'n grillerige mis opstyg. Eintlik moet hulle uitvind wie van die eksentrieke gaste met die eienaar se raar fossielversameling peuter. Wie is die geheimsinnige ou wat Andante by die kuil ontmoet en waarom fassineer hy haar so? En watter raaisel is opgesluit in die sterretjiesdagboek wat sy in die solder ontdek?
Publikasiedatum: 2023-07-14
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182812

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
Milan, Andante en Nova gaan na 'n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag 'n groter avontuur . . . Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle 'n uitnodiging om 'n slypskool by te woon by 'n eksklusiewe superster-akademie. Maar daar skuil 'n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak - net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.
Publikasiedatum: 2022-05-18
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180375

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie die kaptein
Trompie die alleenloper
Trompie die atleet

Trompie die kaptein - Trompie-hulle gaan speel in die kloof en 'n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in 'n grot 'n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in 'n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur.

Trompie die alleenloper - Trompie is smoorverlief op Rosa, maar die Boksombende is baie ongelukkig daaroor. Hulle het besluit hulle hou nie van meisies nie en hulle probeer hulle bes om vir Trompie te oortuig dat meisies net moeilikheid veroorsaak. Wat Trompie egter pla, is die feit dat hy nie die enigste ou op Kwaggaberg is wat verlief is op Rosa nie.

Trompie die atleet - Trompie raak siek net voor 'n belangrike atletiekwedstryd. Hy word verplig om mee te ding teen 'n nuwe seun, Hanno Breedt, wat nie net op die atletiekveld vir hom kompetisie is nie.
Publikasiedatum: 2020-03-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178648

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie die sportman
Trompie die hanswors
Trompie die reisiger

In Trompie is die rugbyseisoen om die draai en Gerhard Moerdyk, 'n seun met wie Trompie nog nooit klaargekom het nie, sê vir almal hulle moenie weer vir Trompie as spankaptein kies nie.

In Trompie die hanswors besluit Trompie en sy maats om hulle toneeltalente uit te leef as die 'Vier Mal Hansworse' om 'n paar ongelukkige weeskinders op te beur. Hulle besluit om by die sirkus te gaan werk en Trompie kry 'n kans om die hele dorp met sy streke te vermaak.

In Trompie die reisiger skryf Trompie in vir 'n kompetisie. Die prys vir die wenner en 'n maat van sy keuse is 'n reis in 'n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: Watter een van sy maats gaan hy kies as hy wen?
Publikasiedatum: 2018-10-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176620

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie die waaghals
Trompie die rebel
Trompie die sakeman

In Trompie die waaghals wil die Bomsombende graag vir die kortvakansie see of plaas toe gaan. Ons held oortref homself met twee dapper dade deur 'n hulpelose meisietjie te red en met 'n bende smokkelaars af te reken.

In Trompie die rebel is die Boksombende se Grootkaptein jaloers wanneer Katrien 'n brief van 'n geheime bewonderaar in hulle klas kry. Trompie vind gou uit wie so beenaf op haar is en maak die lewe vir die kêrel moeilik. Hy hoor ook die kinders in die koshuis kry nie genoeg kos nie en reël 'n eetstaking.

In Trompie die sakeman bak Trompie 'n poets vir 'n onervare onderwyser en kry 'n ingewing vir 'n nuwe sakeonderneming. Maar wie sal vir hulle geld leen en by hulle koop? Trompie is egter vasbeslote. Niemand gaan hom van stryk bring as hy eers ordentlik op dreef is nie!
Publikasiedatum: 2017-10-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174602

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie die vegter
Trompie die krieketspeler
Trompie die filmster

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798171687

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie die mooi seun
Trompie die leier
Trompie en die rugbyreus

In Trompie die mooi seun is dit die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan 'n laerskoolseun se mooi lokke - met rampspoedige gevolge.

In Trompie die leier besluit Kwaggaberg se skoolhoof twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslede gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Maar die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik.

In Trompie die rugbyreus begin die rugbyseisoen en Trompie en sy maats se lewens draai net om een ding - hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing daar nog op hulle wag.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166829

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie die kragman
Trompie die hartedief
Trompie die held

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit!

Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Publikasiedatum: 2014-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163934

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 199
Trompie
Trompie die stouterd
Trompie die soet seun

In Trompie, wat die eerste van die boeke van die gewilde Trompie-reeks is, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna 'n kêrel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag 'n hond hê en het sy oog op 'n basterbrak genaamd Boesman.

In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, 'n lelike streep.

In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Publikasiedatum: 2013-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353859

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
Een Alfa Romeo, twee seuns, hope aksie en avontuur!
Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom 'n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie - waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ...
Wat volg is 'n avontuur met 'n wit Spider Alfa Romeo, 'n beste vriend en 'n Russies-Afrikaanse ingenieur - 'n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!
Publikasiedatum: 2022-05-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353248

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit 'n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie. Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar? Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitch-hulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie?
Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.

Z-A-K: Die geheime van Zenkion is 'n wetenskapfiksie- en nabye toekomsverhaal. Hierdie is die laaste boek in die reeks. Ure se leesgenot lê vir lesers voor!
Publikasiedatum: 2022-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399752

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
ʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ...
Toe Mitch daardie oggend met 'n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat
hy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val.
Hulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op
Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie?
Sluit by Mitch aan vir 'n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en 'n soeke na antwoorde.
Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390728

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampiere wat op die dorp kom woon, tot 'n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die Sanri-reeks nou in 'n bekostigbare omnibus-formaat beskikbaar! Die drie titels in hierdie omnibus sluit in:
5: Die monsters van Middernagstraat
Sanri se neus begin kriewel toe 'n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding - sy ruik 'n storie! Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies 'n oomblik lank in 'n monster verander ... 'n Nare monster met bloedrooi oë, 'n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek. Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ...
6: Die nag van die weerwolwe
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie 'n sappige rou steak in haar kosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ... Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is 'n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?
7: Die vampiere van vlermuishoogte
Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?
Publikasiedatum: 2019-02-22
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.