AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 1 to 15 of 297
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394962

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 160Jy spaar R 40
'n Hond uit 'n bos lees … Lees verhale wat enige hondeliefhebber se hart sal smelt. In hierdie boek kan jy jou pote op die stories en geheime van sommige van die geskiedenis se heldhaftigste honde lê. Hierdie is 'n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskap supersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, baba honde wat roem op die internet gewerf het en nog meer … Hierdie is 'n niefiksie titel wat werklik deur enige hondeliefhebber gelees kan word - nie slegs kinders nie. Die boek se pasmaat is 'n Kat se kans, deur dieselfde skrywer. Soortgelyke plaaslike titels: Kinders geniet stories wat op ware diereverhale gebaseer is, soos Wendy Maartens se boeke: Jock van die Bosveld en ander ware dierestories, Leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories en Max die dapper gorilla en ander ware diere stories
Publikasiedatum: 2019-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179805

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
R 140Jy spaar R 35
Lotta kan 'n reis Australië toe wen en sy wil ontsettend graag soontoe gaan, want sy is mal oor koalas en sy mis haar niggies. Al wat sy nodig het om te wen, is 'n koeldrankdoppie, niks meer nie. Maar Mamma en Pappa glo gaskoeldrank is baie sleg vir jou, so sy mag nie eens een enkele bottel daarvan koop nie. Gelukkig sal Chantelle haar saamvat, as sy wen. Sy is seker hulle gaan dit regkry. Al moet sy 'n doppie met haar blokfluit hipnotiseer!
Publikasiedatum: 2019-09-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396935

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 280
R 224Jy spaar R 56
Die laaste vier adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeugboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat vier titels: Thomas@geraamte.net Thomas en sy vriende gaan op ʼn rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig 'n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer. Thomas@rock-ster.net Thomas se lewe suig harder as 'n stofsuier. Hy is (alweer) in die moeilikheid by die skoolhoof. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. Boonop voel dit ook asof sy vriende hom in die rug steeks wanneer hulle 'n band begin sonder om hom eens daarvan te sê. Maar toe sy vriende hulle band inskryf vir 'n rock-kompetisie, raak dit duidelik dat hulle nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen - selfs al beteken dit dat iemand anders kan seerkry … Thomas@vrees.net Nadat Thomas laat een aand 'n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig? Thomas@skaduwee.net Thomas hoor toevallig hoe twee mans planne beraam om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te kry. Thomas word in die onderwêreld van Kaapstad vasgekeer - en niemand wat weet waar hy is nie …
Publikasiedatum: 2019-09-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178891

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 120Jy spaar R 30
Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud. Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe 'suster', Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.
Publikasiedatum: 2019-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394054

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
R 148Jy spaar R 37
Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het 'n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was 'n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en 'n soeke na die plek waar elkeen behoort. Hierdie boek was op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie 2017. Z-A-K: Blou Planeet is ʼn fantasie- en nabye toekomsverhaal. Spanning word goed opgebou en tipiese en universele geval tieneremosies en -vrese word aangeraak. Interessante tegnologie word deur die karakters gebruik. ʼn Nuwe perspektief word op ruimtewesens geplaas. Dié wesens is nie net skurke nie.
Publikasiedatum: 2019-07-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9780799394085

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
R 148Jy spaar R 37
Kom kuier vir oulaas by die Stalmaats! Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in 'n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats. Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ... Waaghals Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is 'n regte waaghals wat daarvan hou om die reëls te verbreek. Sal Anri-hulle kan keer dat sy haar toekoms as kampioen-ruiter verwoes? Perdepiekniek Ná die briefie wat Jacques by die kamp in Anri hand gestop het, is dinge tussen hulle skielik heeltemal anders. Megan reël 'n piekniek saam met Jacques en sy vriende. Maar dan kry hulle onverwags baie slegte nuus oor die hingsvulletjie Storm … Pretrit Anri is opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Anri kan nie wag om Nadine aan Megan en Karen voor te stel nie. Maar Nadine lyk nie baie opgewonde oor die vakansieprogram wat Anri-hulle by die ryskool beplan nie. Perdediewe Anri-hulle gaan die langnaweek Kaap toe. En Jacques kom saam om te kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan. Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur ...
Publikasiedatum: 2019-07-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394108

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
R 116Jy spaar R 29
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk. Kinders sal kan identifiseer met temas soos vriendskap en eensaamheid. Hierdie storie deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, is roerend en gevul met lekker humor wat die harte van kinders sal aanraak. Die boek is ook pragtig geïllustreer deur die skrywer.
Publikasiedatum: 2019-06-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391138

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 160Jy spaar R 40
'n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water … Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella 'n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word? Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie omdat haar pa te hartseer is en haar ouma se geheue versleg. Dit is net deur die see te trotseer, dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan uitvind: Was haar ma 'n meermin? 'n Aangrypende verhaal oor familie, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit in 'n boeiende, poëtiese wyse wat steeds 'n vinnige pas het vir jong lesers. Hierdie is 'n boek wat enige leser sal meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag van die oseaan. Die boek bevat pragtige, liriese prosa wat fantasie en realiteit meng in 'n poëtiese avontuur. Met temas soos verlies, hartseer, rou, vriendskap en ontdekking is hierdie boek 'n moet-lees. Dit is die eerste van sy soort in Afrikaans. Ander boeke deur Tania Unsworth sluit in: The Secret Life of Daisy Fitzjohn en The One Safe Place.
Publikasiedatum: 2019-06-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391107

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 260
R 208Jy spaar R 52
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:
Thomas@SMS.net
Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ...
Thomas@nagmerrie.net
Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?
Thomas@aksie.net
Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry …
Publikasiedatum: 2019-06-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780799393200

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 230
R 184Jy spaar R 46
Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk 'n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.
Publikasiedatum: 2019-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780798178860

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
R 120Jy spaar R 30
Babette kom by die gawe tannie Theodora op Rustfontein bly - 'n geskiedkundige dorpie wat wemel van eienaardige stories. Gelukkig ontmoet sy die aantreklike Tiaan en vind uit sy kan haar sangtalent in 'n plaaslike musiekproduksie uitleef. Maar iets spook by haar. Wie is die bebloede meisie wat in haar kamer verskyn? En wat het dit te doen met die legende van onsterflikes wat zombies gebruik om kinders na die ou begraafplaas op die bult te jaag?
Publikasiedatum: 2019-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310051

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Marjorie van Heerden
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
R 176Jy spaar R 19
Meer as 'n honderd jaar nadat die boek Peter and Wendy deur J.M. Barrie in Engeland gepubliseer is, verskyn Marié Heese se opvolgstorie Peter Pan en Laurie by Protea Boekhuis in Suid-Afrika. Dit word gelyktydig in Engels en Afrikaans vrygestel, met sjarmante illustrasies deur Marjorie van Heerden. Marié Heese het reeds verskeie kinderstories gepubliseer en vertaal. In hierdie storie hou sy redelik naby aan die atmosfeer en verteltrant van die oorspronklike werk. Natuurlik is Peter nog net soos hy was, avontuurlik en vry, maar die meisie wat hy dié keer na die Nimmerland met hom saamneem, is ietwat anders as die moederlike Wendy. Sy nuwe feetjie-maat heet Klokkelokkies. Daar is ander Verlore Seuns, en ander vyande om te trotseer, veral die groteske reus, Half-gevreet, leier van die Grillergaaie, wat net 'n halwe kop het en die ore van sy oorwonne vyande pekel, aan 'n tou om sy nek hang en kou. Hy soek Peter se ore vir sy versameling. En daar is dinosaurusse wat die eiland wil oorneem …
Publikasiedatum: 2019-06-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780799393125

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Verskeie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 160Jy spaar R 40
Wie is die grootste rebelle van almal?
Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!

Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
Publikasiedatum: 2019-06-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432310363

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
R 117Jy spaar R 13
'n Boelie, 'n bangbroek en 'n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter, Dewaldt, en sy vriende wat deel is van 'n bende.
Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op 'n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak, die boelie, en Elsa, die meisie wat hy bewonder.
Publikasiedatum: 2019-05-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178839

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir 'n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want h aar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die huis op horings, haar oupa-hulle gaan by hulle kom intrek en haar beste vriendin is skielik superaaklig met haar.
Publikasiedatum: 2019-05-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.