●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781991256485

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Erna van der Merwe
Kinders  -  Prenteboeke
R 240
Aliska kan nie soos ander kinders loop, dans en speel nie. Sy is baie vroeg gebore en het toe beroerte gekry. Dit het serebrale verlamming veroorsaak. Haar brein weet dus nie hoe om vir haar bene te sê om te beweeg nie. Maar daar is goeie nuus! Die dokter sê daar is 'n operasie wat kan help. Dalk word Aliska se droom om soos 'n ballerina te dans tóg waar.
Gelukkig bid Mamma en Pappa vir haar. Sy het ook 'n baie spesiale maatjie genaamd Fiefie.
Publikasiedatum: 2024-01-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781991256379

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 260
Didi Dapper reis met haar bootjie na die Suiderland waar Freia op haar wag. Hulle ry op 'n sekretarisvoël se rug en ontmoet die
feetjies van die nege provinsies. Daar is feetjie Karlien van Limpopo, feetjie Orla van Mpumalanga, feetjie Aimee van die Oos-Kaap, feetjie Xa!nelle van die Noord-Kaap, feetjie Zia van Gauteng, feetjie Annetjie van die Vrystaat, feetjie Zwonaka van Noordwes, feetjie Nandi van Kwazulu-Natal en feetjie Shemeez van die Wes-Kaap. Kom toer saam met Didi en Freia en doen ook die aktiwiteite agter in die boek.
Publikasiedatum: 2024-01-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446736

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Sophia Kapp
Illustreerder: Cristina Losantos
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Leer kinders dat leuens van vriende vreemdelinge maak. Hulle ontmoet vir Karien en haar maats wat graag eerlik met mekaar is. Maar op 'n dag kom Karien weg met 'n leuen en net daar begin die probleem, want wit leuentjies raak gou grotes. Dan gebeur daar iets vreesliks en sy het hulp nodig, maar niemand wil haar meer glo nie. Ná dese sal sy nie sommer meer jok nie.
Publikasiedatum: 2023-11-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446729

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Sophia Kapp
Illustreerder: Cristina Losantos
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Leer kinders hoe om hulle giere vir goeie maniere te ruil. Hulle ontmoet vir Hanlie en Ricus wat beste maats is. Die twee hou van gewone kindergoed soos teken, grappies vertel en om buite te wees. Maar o wee, wanneer ander hulle groet, lyk die twee verveeld en is hulle stug en suur. Maar dan gebeur daar iets wat hulle oortuig om ander meer hoflik te behandel en nie weer hulle maniere te vergeet nie.
Publikasiedatum: 2023-11-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9781928446743

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Sophia Kapp
Illustreerder: Cristina Losantos
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Leer kinders dat vriende voor fone kom. Hulle leer vir Henry ken wat amper 'n groot fout begaan omdat hy heeltyd op sy foon is. Hy speel graag saam met sy maats, Mia en Liam. Maar dan verjaar hy en alles verander wanneer hy 'n selfoon present kry, want van tóé af kan hy die ding nie los nie. Gelukkig tog sien sy pa dat hy die foonreëls verbreek en gryp in.
Publikasiedatum: 2023-11-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446712

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Sophia Kapp
Illustreerder: Cristina Losantos
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 80Jy spaar R 20
Leer kinders hoe om hulle nagmerries op hulle maermerries te skop. Hulle ontmoet vir Jaco, “'n vriendelike maat wat lekker speel en lekker lag”, maar saans neem sy verbeelding oor en word elke skaduwee en geluid iets om voor skrikkerig te wees. Mamma en Pappa troos so al wat hul kan, maar Jaco bly bang. Gelukkig is Ouma daar, en sy het net die regte raad om Jaco te oortuig dat hy saans veilig in sy huis kan bly.
Publikasiedatum: 2023-11-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781991256294

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 260
“Oumie, wat is godsdiens?” Dit het Naledi een middag ná skool vir haar Oumie gevra. En weet jy wat? Daar vertrek Naledi en haar Oumie toe op ʼn gróót avontuur en ʼn opwindende ontdekkingsreis reg rondom ons planeet op soek na dit wat mense godsdiens noem en wat vir hulle sin in hul lewe gee. Van Oos na Wes, en van Suid na Noord. Kom saam!

ʼn Lees-, dink, knip-, teken- en plakboek vir kinders en hul oumas (en oupas, en ma's en pa's, en onderwysers) oor ons wêreld se godsdienste en oortuigings en hoe om ons wêreld ʼn beter plek vir al haar kinders te maak.

Lizette is ook die skrywer van die gewilde Blou Feetjie (en haar storie wat net nooit ophou nie!) wat so graag by haar tien klippe gespeel het, en wat vir haar sulke waardevolle lewenslesse geleer het.
Publikasiedatum: 2023-11-17
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092490

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 190
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop!
Publikasiedatum: 2023-10-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637005548

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nataniël
Illustreerder: Juani Scholtz
Kinders  -  Prenteboeke
R 200
'n Verrassende avontuurverhaal deur 'n talentvolle jong skrywer!
Giulia le Roux is die dogter van Nataniel se broer, Erik.
Die boek is in Afrikaans oorvertel deur Nataniël met pragtige illustrasies deur Juani Scholtz.
Tydens haar daaglikse stappie ontdek Colette, 'n klein hennetjie, die gans, Viviane, se verlore veer en besluit om dit te gaan teruggee.
Kort daarna ontdek Viviane op haar beurt 'n verlore veer. Dit behoort sekerlik aan Gaston, die kalkoen, wat ook 'n veer verloor het.
Maar hoekom waai sulke mooi vere die wêreld vol?
Publikasiedatum: 2023-10-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776252893

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Subi Bosa
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Ek is 'n NUUSKIERIGE bruin seun.
Ek verken die wêreld rondom my ...
Ek is 'n VERWELKOMENDE bruin seun.
Ek respekteer mense oor alle grense heen.

Jy is Besonders is propvol positiewe boodskappe om bruin seuns te inspireer om hul drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin seuns aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier. Dit spoor hulle ook aan om kreatiwiteit en goeie dade na te streef.
Publikasiedatum: 2023-07-05
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485314974

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Catherine Rayner
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
“Kwêvoël sit rustig in haar nes hoog daar bo,
met haar grys opwipkuif en haar wakker kraaloë.”
Die ander voëls wil graag met haar speel en gesels, maar Kwêvoël wil net uitgelos word. Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwêvoël dat ons almal 'n vriend of twee nodig het.
Publikasiedatum: 2023-07-05
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485314967

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Illustreerder: Axel Scheffler
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
“'n Muis gaan stap deur die donker bos.
'n Vos sien die muis en hy dink aan kos.”
Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy 'n vos, 'n uil én 'n honger goorgomgaai raakloop … Vandat Die goorgomgaai 20 jaar gelede die eerste keer as The Gruffalo verskyn het, het dit 'n internasionale klassieke kinderboek geword. Meer as 13,5 miljoen kopieë van die boek is wêreldwyd verkoop. Dit is in 76 tale wêreldwyd vertaal.
Publikasiedatum: 2023-07-05
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485314981

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Axel Scheffler
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed,
toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat
talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal
die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? 'n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander
te deel.
Publikasiedatum: 2023-07-05
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776252671

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Katlego Keokgale
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
'The seas are alive,
The waters are alive
From the smallest fish to the biggest whale
It is all alive
It is all alive.'

Zandi droom van die groot blou oseaan en helder kleurvolle visse al woon sy ver van die see af en het sy nie geleer swem nie. Eendag gee die see vir haar 'n geskenk wat alles verander. Zandi gaan op 'n avontuur vol wonderlike ontdekkings, maar iets bedreig hierdie magiese wêreld ... is die sleutel tot die beskerming daarvan begrawe in stories uit die verlede?

'n Bemagtigende en inspirerende verhaal oor ons verbintenis met die natuurlike wêreld, ons drome navolg en omgee vir die omgewing.
Publikasiedatum: 2023-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637001908

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Elsabé Ebersöhn
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Saartjie lyk glad nie soos ʼn gewone spinnekop nie, sy lyk meer soos ʼn krap! As sy haar voorpote optrek, sal jy sowaar dink dis ʼn klein krappie wat op die blom sit. Maar, Saartjie IS ʼn spinnekop, want het jy al ooit ʼn krap op ʼn blom sien sit? Daar is nog iets anders wat Saartjie anders as ander spinnekoppe maak: Sy het net sewe bene. Hoe het dit dan gebeur?
In hierdie voorleesboek vir kleintjies en kleuters word op ʼn prettige manier verduidelik waarom insekgif die verskriklikste ding op aarde is; ook dat spinnekoppe nie doodgemaak hoef te word net omdat mens hulle nie verstaan nie. En dat kinders met ʼn kennis en liefde vir die natuur, sommer baie slimmer as grootmense is.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.