●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798184380

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
R 200Jy spaar R 50
Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die briewe op die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en tante gekonfiskeer. Maar dan, op Harry se elfde verjaardag, bars 'n reus van 'n man met lang, ruie hare en 'n woeste gekoekte bos baard by die voordeur in. Die reus stel homself voor as Hagrid en hy bring verstommende nuus: Harry is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin! Uiteindelik is hierdie wêreldberoemde reeks weer terug in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2024-04-25
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000307

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002110

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
R 207Jy spaar R 23
Die elemente van 'n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en 'n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en 'n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op 'n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in 'n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en 'n rooi Mazda Midge. Gerugte van 'n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle? En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef Hoop is vinnig besig om agter 'n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.
**Die eerste boek in die reeks, Wolk, verskyn in 2020**
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002615

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is.
Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon.
Genoeg is genoeg. Kiana bied hom 'n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit.
Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183802

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 295
Branderjaer-sage #3. Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben “Kannie” Palmer was van plan om sy kop laag te hou. Maar dinge loop van die begin vir hom skeef. 'n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met 'n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie. En 'n oorlog wat die gemeenskap in chaos dompel. Kalla kon nog nooit die verlede afskud nie. Die nag wat sy in Niemandsland aangeval is het haar lewe verander. Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog 'n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.
Publikasiedatum: 2023-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002493

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 260
“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in? Hierdie uitstekende fantasie vir jong volwassenes was op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie 2021.
Publikasiedatum: 2023-08-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776355730

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 320
In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend 'n nuwe storie!
Terwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags 'n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met 'n unieke projek vorendag moet kom om haar jaar as hoofmeisie van Gravitas op 'n onvergeetlike noot af te sluit. Sal sy haar droomkans kry?
In Vreesloos is Elle vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir 'n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul
groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.
In Roekeloos wag Elle op haar matriekuitslae. Sy het pas 'n heerlike matriekvakansie gehad en nou wag die realiteite van die wêreld buite skool op haar. Watter keuses moet sy maak en wat gaan die toekoms vir haar inhou? 'n Splinternuwe boek in die Elle-reeks!
Publikasiedatum: 2023-07-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776073153

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
'n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in Gr 7-9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, 'n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees. 'n Memorandum sal na publikasie by nb.co.za afgelaai kan word.
Publikasiedatum: 2023-07-20
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637004336

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 270
Ses tieners op 'n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof. Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. 'n Plaas met 'n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister.
Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat 'n tikkie avontuur, 'n tikkie liefde, 'n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning. Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.
Publikasiedatum: 2023-06-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637003537

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is.
Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir 'n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis 'n fabrieksfout was.
Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie.
Altans, nie in hierdie heelal nie ...
Publikasiedatum: 2023-06-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183574

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
Abby, Jasper en Henri is nie in dieselfde vriendekring nie en het net mooi niks in gemeen nie: Abby, die atletiese it-girl, Jasper, die anarchistiese gamer en Henri, die flambojante drama queen. Maar wanneer hulle die ooggetuies is van 'n moord en dan deur die polisie verdink word, word hulle saamgegooi op 'n wilde tuimeltreinrit waartydens hulle moet vlug vir hul lewe. Hoe bewys hulle hul onskuld? Veral as die werklike skuldige die skoolhoof is wat deur almal in die dorp vertrou word.
Publikasiedatum: 2023-06-08
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637001885

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie v vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig? ’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg. Die boek was op die kortlys van LAPA se 2021 jeugromankompetisie.
Publikasiedatum: 2023-06-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637001960

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798137577

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
“Drome kan gevaarlik wees,” het Mandla 'n week na die aaklige episode met Bill gesê. “Net as 'n mens toelaat dat hulle jou oorvat,” het Freddie geantwoord. Waarmee Freddie nie rekening gehou het nie, was dat om jou 'n entrepreneur te hou, nie altyd sonder slaggate is nie ... Hierdie lekkerlees-storie vol humor en patos gaan oor 'n jong seun se eerste treë in die grootmenswêreld.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624094128

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 275
Waar jakkalse huil is 'n toekomsfiksieverhaal wat gedurende die winter van 2055 in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix, 'n valkenier, se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy en haar swerfvalk Intsimbi beland op die plaas Swartfontein, 'n insekteelstasie wat kos aan die honger oorlewendes voorsien. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twee mak rooijakkalse ken. Maar die vrae bly knaag, oor haar sending om haar pa se laaste versoek uit te voer, oor haar ouers se dood, oor haar vervreemde, beeldskone en gewetenlose suster Jessi. Wie kan sy vertrou? Haar lewe word bedreig toe 'n besoeker op die Karooplaas opdaag, en haar verdere reis neem haar na Kaapstad. Is dit verregaande om te dink dat 'n jong meisie en haar vriende die Genmodregering se strengbewaakte Sentrum sal kan infiltreer en antwoorde op almal se vrae sal kan vind?
Publikasiedatum: 2023-05-19
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.