●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Fiksie
Dramas

Results 1 to 15 of 42
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313069

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
In Slavenhuis 39 is 'n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat 'n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.

In Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.

OOR DIE OUTEUR
Herschelle Benjamin is in 2018 deel van die Kunstekaap se Nuwe Stemme-program, wen die Elizabeth MacLennan Internasionale beurs vir Teater van die Universiteit van Edinburg en 'n Teksmark Skrywersbeurs. In 2019 debuteer hy met In Slavenhuis 39. Sy opdragradiodrama vir die ATKV en Tienertoneel, Drosters, word ook in 2019 op RSG uitgesaai. Hy was deel van die Jakes Gerwel Skrywersresidensie vir Jong Dramaturge onder mentorskap van Amy Jeptha.
Publikasiedatum: 2021-07-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310266

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
Die drama speel af in die Karoodorpie Willowmore. Die rol van die kerk, verkragting, verlies en familie is van die temas wat aangeraak word. Lekas kyk na 'n kind se weerloosheid en na die familie se verantwoordelikheid om na haar om te sien. Die watermeid (waternimf of meermin) is die mitiese figuur wat tot die dorpie se redding moet kom en drie kinders in die stuk hoop sy sal hulle kom red. Dit raak egter gekompliseerd wanneer die skuldige persoon 'n belangrike figuur in die gemeenskap is - die dominee.

Die dans van die watermeid wen in 2018 die Fleur du Cap-prys vir beste inheemse teks. Die teks is ontwikkel onder mentorskap van Saartjie Botha.

OOR DIE OUTEUR
Lekas (28) is in Willowmore gebore en het haar graad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy bly tans in die Paarl en is 'n dramaonderwyseres.
Publikasiedatum: 2021-05-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312208

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 595
R 476Jy spaar R 119
Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in 'n versamelbundel uitgegee, met 'n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe. Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom.
Publikasiedatum: 2021-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310952

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 190
Nêrens is 'n plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Hulle lewens word onherroeplik verander deur die afsterwe van hul ma op 'n jong ouderdom onder tragiese omstandighede. Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir 'n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word - op soek na die broederskap wat hulle verloor het.
Publikasiedatum: 2020-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309321

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
AGTERGROND
Moderne, eietydse eenbedrywe vir tienertoneel van vier bekroonde, opwindende en opkomende jong dramaturge in ons land wat nog nie voorheen gepubliseer het nie.

OOR DIE SKRYWERS
Herschelle Benjamin het die Elizabeth MacLennan Internasionale beurs vir Teater aan die Universiteit van Edinburg ontvang.
Igna Botha het in 2013 by die ATKV-tienertoneelkompetisie die C.R. Swart-prys gewen vir beste nuutgeskrewe teks vir haar drama Ingeboks. Sy skryf sedert 2016 vir die KykNET-sepie, Getroud met Rugby.
Jason Jacobs is 2016 se wenner van die Kunste Onbeperk Nuwe Stem-prys vir sy bydrae tot toneel- en skryfwerk. Hy is kreatiewe hoof van die onafhanklike toneelproduksiehuis KleiSand en hooffasiliteerder vir die Mothertongue Project se Jeugteater-geselskap op McGregor.
Marcel Spaumer se teks Blaai om is in 2016 vir 'n ATKV-Woordveertjie benoem. Hy werk as storieontwikkelaar en assistent-hoofskrywer vir die kykNET-sepie Suidooster.
Publikasiedatum: 2020-08-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310549

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
In Wild word 'n jong meisie, Vlooi op 'n plattelandse dorp in 'n hok aangehou. Haar gedrag toon meer ooreenkomste met diere as mense en sy loop handeviervoet. Dié drama, ondersoek wat die mens méns maak. “Die stuk vra vrae oor wat menswees nou eintlik is,” sê Rademeyer. “Is dit biologie, is dit taal, is dit hoe ons omgaan met ander mense? Watter eienskappe is eie aan die mens? En is menswees en 'n menslike bewussyn beter as nie-menswees nie, om soos 'n dier in 'n aanhoudende, onbewuste teenwoordige tyd te lewe? Die stuk poog om menswees, die mens, vreemd te maak deur dit wat ons as vanselfsprekend aanvaar, te betwyfel.”
Publikasiedatum: 2020-05-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309697

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 190
Die Ontelbare 48 is 'n eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius. Dis Woensdagaand op 'n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt-en-veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan.
Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. 'n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.
Publikasiedatum: 2019-11-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309222

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
Hierdie drama handel oor tien tieners in 'n bos by 'n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie 'lekker' nie. Grootword is pyn. En 'verwonding'.

Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ' 'paraat! ' die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie?

Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.
Publikasiedatum: 2019-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308669

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw 'n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966-1989). Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd. Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot 'n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van 'n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw 'n debat op LitNet gevoer het en 'n swart aktivis.
Publikasiedatum: 2019-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310457

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
Gert Garries: 'n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan 'n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil 'n doodsertifikaat bekom, 'n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, 'n empatiese verkeersbeampte, ontstaan 'n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer 'n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van 'n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.
Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom 'n prutpot van emosies.

Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: 'n Baaisiekel-blues.
Publikasiedatum: 2019-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310693

Fiksie: Dramas

Vertaler: Antjie Krog
Fiksie  -  Dramas
R 190
Koningin Lear is 'n herverbeelding van William Shakespeare se King Lear deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye.

Elizabeth Lear het met die verloop van tyd haar klein besigheid opgebou tot 'n internasionale sakeryk. Elisabeth kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar. Haar jongste en geliefde seun weier en dit ontketen 'n familietwis van reuse-omvang. Dit is 'n verhaal van 'n bejaarde besigheidsvrou wat haar houvas op die werklikheid verloor, wat desperaat probeer om die storm wat om haar losgebars het te hanteer. 'n Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op 'n hedendaagse besigheidswereld waarin integriteit en lojaliteit skaars kommoditeite geword het.
Publikasiedatum: 2019-03-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309680

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 185
Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. 'n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op 'n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat 'n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...

Hell hath no fury like … 'n boervrou.
Publikasiedatum: 2019-03-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084297

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 197
Boet Cronjé is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas én 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hý die een wat koggel.
Publikasiedatum: 2018-05-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308751

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 195
Só moes die Liefde ly is aanvanklik op versoek geskryf vir opvoering as 'n projek om die lyding van Christus uit te beeld. Die opvoerings was baie geslaagd en nadat Charles Fryer die stuk verwerk het, word dit in die vroeë negentigerjare in die Kangogrotte by Oudtshoorn opgevoer. Dit is elke tweede Paasseisoen aangebied en behalwe Suid-Afrikaners, het mense van regoor die wêreld - Duitsers, Amerikaners en Nederlanders - hierdie weergawe van Jesus se lydingsgeskiedenis ervaar. Die teks is na die eerste opvoering heelwat uitgebrei en het nuwer en groter dimensies bygekry. Liedere, asook danstonele, is ingevoeg en die koor is vergroot van 20 tot ongeveer 50.

OOR DIE OUTEUR
Charles Fryer (1946-2014) was 'n digter en dramaturg en samesteller van verskeie publikasies en ook uitgewer. Hy was deel van D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium en later ook sy assistent. Hy het in 1978 'n digbundel, Rooiwielwa die lig laat sien. In 1997 ontvang hy die P.J. Cillié-medalje vir kreatiewe joernalistiek en in 2008 is Charles se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en kultuur deur die ATKV vereer toe die vereniging 'n ATKV-oorkonde aan hom oorhandig het.
Publikasiedatum: 2018-03-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305989

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 195
Die drama In glas handel oor 'n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na 'n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van 'n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.

In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir 'n dramateks

Wat joernaliste oor Nicola skryf:
Teatergenie, noem resensente haar. Dramaturg, vervaardiger, aktrise. Sy het Afrikaanse teater in die holte van haar hand, die “ongelooflik talentvolle” Nicola Hanekom. - Hanli Retief

Nicola Hanekom vang die gehoor se aandag van die begin en weier om dit te verloor. Sy hou die verskillende storielyne mooi bymekaar totdat dit saam opeindig. Nicola oortuig jou terwyl sy jou skok. Jy is spraakloos as jy uitstap. Geskok, maar ook hulpeloos. Die toneelstuk is 'n meesterstuk met Nicola die bes moontlike skilder. - James de Villiers
Publikasiedatum: 2018-02-28

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.