AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Versamelbundels

Results 1 to 15 of 71
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394863

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Linki Brand
Kinders  -  Versamelbundels
R 330
R 264Jy spaar R 66
Hoe hard kan Sylvester brul? In hierdie besonders geïllustreerde boek het meester storieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, en ontdek hoe Job Maseko 'n oorlogskip gesink het! Ontmoet vir Tyl Uilspieël en juig saam oor die seun wat kaalvoet deur 'n oorlog gestap het. Hierdie versamelbundel is perfek vir voorlees of selflees. 'n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber! Lys van stories 1. Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo 2. Ontmoet Tyl Uilspieël 3. 'n Sakdoek vir 'n Boesman seuntjie 4. Die oorlog tussen die diere en die voëls 5. Die tokkelossie en die bok 6. Hond en Boer word beste vriende 7. Job Maseko sink 'n oorlogskip 8. Heldermuis en Joors Jorie 9. Hen loop weg 10. Kaptein Seeley, Kimberley se waterwoef 11. Tyl Uilspieël word 'n touloper 12. Red die bruid! 13. Die dag toe Mens en Vuur ontmoet het 14. Sjeg Yusuf en die skaapwagtertjie 15. Mossie maar man! 16. Renier de Winnaar se sterk tabak 17. Dans van die Luislang 18. Die seun wat kaalvoet deur 'n oorlog gestap het 19. Ikram en die klip 20. Waarom Hond en sy maats onder mekaar se sterte ruik 21. Renier de Winnaar en die donderwolke 22. Die Gat-in-die-Muur
Publikasiedatum: 2019-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798172165

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 285
R 257Jy spaar R 28
Ontdek 'n wonderwêreld van sprokies, fabels, feëverhale en dierestories in hierdie skatkis van 21 geliefde verhale vir kinders. Versamel en oorvertel deur bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau, is hierdie pragtige bundel ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos 'Aspoestertjie', tot volksverhale soos 'Die gulsige seekoei' wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos 'Die leeu en die muis' wat morele kwessies aanraak - hier is iets vir elkeen. Linki Lutz se toweragtige illustrasies beeld elke verhaal kleurvol en verbeeldingryk uit. 'My Storiekis' is 'n kosbare versameling wat vir jare se storieplesier sal sorg.
Publikasiedatum: 2019-07-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178556

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 175
R 158Jy spaar R 17
Hierdie lieflike boek bevat 9 slaapstories wat voor slaaptyd vir kinders gelees kan word. Klassieke sprokies word ingesluit, onder andere Raponsie en Duimelina!
Publikasiedatum: 2019-05-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178563

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 175
R 158Jy spaar R 17
Hierdie lieflike boek bevat 9 dierestories vir voorlees of selflees. Klassieke dierestories word ingesluit, onder andere Die lelike eendjie en Die drie varkies!
Publikasiedatum: 2019-05-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679897

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 81Jy spaar R 9
Ontmoet beminlike hondjies in hierdie spelerige 5 minute verhale.
Help vir Polly en Ben om te leer hoe om saam te werk, vind die ontsnapte skape samm met Sakkie die Skaaphond, maak nuwe vriende met Dolly en vele meer.
Met 5 opwindende stories sal hierdie versameling keer op keer geniet word.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679910

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 81Jy spaar R 9
Sluit aan by 'n klomp beminlike ponies in hierdie fantastiese 5 minute verhale.
Daar is 'n vulletjie desperaat opsoek na avontuur, 'n dapper held wat die situasie red, 'n ponie wat skrikkerig is vir alles en soveel meer.
Met genotvolle stories en bekoorlike illustrasies is hierdie boekie die perfekte versameling vir storietyd.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679903

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 81Jy spaar R 9
Deel in die wonderlike pret met hierdie perfekte skatkis van 5 minute katjie-stories.
Ontmoet Poeksie met al haar poetse, vind uit waar die skat begrawe is saam met Charlie en sluit aan by Bennie wat sy vrese moet oorkom en vele meer.
Met 5 bekoorlike stories en hope oulike katjies om te ontmoet sal klein kindertjies mal wees oor hierdie fantastiese boek.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679880

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 81Jy spaar R 9
Geniet hope pret met hierdie versameling van 5 minute hasie-stories.
Sluit aan by Biffer en Bonny op hul hasie-avontuur, ontdek wat gebeur as 'n jakkals wat hasies jaag 'n groot verrassing kry, los die raaisel oor die verdynende wortels op en vele meer.
Sorg vir 'n gelag en glimlaggies tydens storietyd met die blaai van elke bladsy.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679927

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 90
R 81Jy spaar R 9
Ontmoet al die dapper ridders wat die kasteel verdedig in hierdie fantastiese 5 minute stories.
Daar is ergernis by die toernooi, 'n reusramp, 'n verjaarsdagverrassing en vele meer in hierdie versameling van 5 verhale.
Met onvergeetlike ridders asook 'n eienaardige towenaar, waaghalsige drake en meer kan jy nie uitmis op die Middeleeuse pret nie.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178501

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 200
R 180Jy spaar R 20
Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.
Publikasiedatum: 2019-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928446125

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 190
R 171Jy spaar R 19
Ontmoet vir Aandster, Sprakel, Krulkop en Vonkel in hierdie vier pragsprokies vol vriendskap en avontuur.

Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal se sy's te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op 'n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud.

Aandster is 'n vlieënde perdjie wat by die see woon. Hy en sy maats duik en speel graag tussen die wolke bo die strand. Op 'n aand kry Aandster 'n gestrande meermin op 'n rots. Hy wil haar help, maar om haar te red, moet hy iets doen wat hy nog nooit gedoen het nie. Sal hy dit regkry om oor die groot, wye oseaan te vlieg?

Daar's groot opgewondenheid in Feetjiedal. Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feëkoningin se goue koets gaan trek. Krulkop wil só graag gekies word, maar sy's nie so sierlik en elegant soos die ander feeperde nie. Haar droom lyk buite bereik ...

Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil só graag 'n ander seeperdjie ontmoet - 'n maatjie net soos sy ... Sy begin in die wye oseaan na 'n seeperdjie-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy 'n vis-nar help ...
Publikasiedatum: 2019-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309833

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Alida Bothma
Kinders  -  Versamelbundels
R 195
R 176Jy spaar R 19
Hersiene Uitgawe.
Kleuterland is 'n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van 'n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters.

Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, dié in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.
Publikasiedatum: 2019-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178488

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 200
R 180Jy spaar R 20
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van tydlose verhale.
Publikasiedatum: 2018-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178471

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 200
R 180Jy spaar R 20
Hierdie wonderlike boek wat 11 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van klassieke verhale.
Publikasiedatum: 2018-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432310103

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: PRH
Kinders  -  Versamelbundels
R 190
R 171Jy spaar R 19
Agt tydlose klassieke kindersprokies.
Rooikappie
Die Gestewelde Kat
Die Gemmerbroodmannetjie
Drie Klein Varkies
Raponsie
Gouelokkies en die Drie Bere
Die Sneeukoningin
Hansie en Grietjie
Elke sprokie word oorvertel vir jong kinders, bevat pragtige illustrasies en beloof ure van eindelose genot.
Publikasiedatum: 2018-10-19

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.