●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393125

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Verskeie
Kinders  -  Versamelbundels
R 240
Wie is die grootste rebelle van almal?
Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!

Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
Publikasiedatum: 2019-06-04
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679903

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 120
Deel in die wonderlike pret met hierdie perfekte skatkis van 5 minute katjie-stories.
Ontmoet Poeksie met al haar poetse, vind uit waar die skat begrawe is saam met Charlie en sluit aan by Bennie wat sy vrese moet oorkom en vele meer.
Met 5 bekoorlike stories en hope oulike katjies om te ontmoet sal klein kindertjies mal wees oor hierdie fantastiese boek.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920679842

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Alta Sheard
Kinders  -  Versamelbundels
R 120
Krul op met hierdie strelende 5 minute verhale. Daar is 'n uitslaapgeheim om op te klaar, 'n tuin om te ontdek, 'n droomland vol pret en nog vele meer net voor slapenstyd.
Met onvergeetlike karakters en stories spesiaal geskryf om te lees voor vaaktyd, was slaaptyd nog nooit soveel pret nie.
Publikasiedatum: 2019-02-15
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660222

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Alida Viljoen
Illustreerder: Isabella Camino
Kinders  -  Versamelbundels
R 250
Boer Frans se plaas lê lekker knus langs 'n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture.
Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199265

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Versamelbundels
R 200
Avontuurland is 'n pragtige kinderboek met bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Dit was oorspronklik deel van 'n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Kinderland, Kleuterland, Diereland en Storieland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en selflees deur kinders in Graad 3 en hoër en is daarop gemik om die verbeeldingswêreld en avontuurlus van die jong kind te prikkel. Protea publiseer dit in 'n nuwer, moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan 'n nuwe generasie bekend te stel.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178921

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Versamelbundels
R 200
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2019-07-10
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310068

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Alida Bothma
Kinders  -  Versamelbundels
R 250
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge - padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, 'n windpomp, waatlemoen, 'n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op 'n sny brood!

Vandag is daar amper nie 'n generasie wat nie hier en daar 'n versreël of strofe uit 'n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op 'n biblioteekrak in 'n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.

OOR DIE OUTEUR
Tienie Holloway (geb. Christina Maria Purchase, 1888-1967) het 'n baie belangrike bydrae tot Afrikaanse kinderverse gelewer in 'n tyd toe daar 'n skaarste aan goeie leesstof vir kinders was. Aanvanklik het sy bekende Engelse kleuterryme in Afrikaans vertaal; later is haar eie werk gepubliseer in Die Volkstem onder die skuilnaam Madelief. Mettertyd verskyn Die Haasbekkies en ander Versies (1938), Hasie Kalbassie (1945), Nuwe kleuterversies (1947), Doempie Domkop (1949), Martha-hulle (1951) en Nuwe kinderversies (1955). In 1971 bundel Jan Kromhout sommige van hierdie gedigte, asook van haar diereverse wat verskyn het in Toevlugsoord van C.S. Stokes in Versies wat vonkel: 'n keur uit die kinderverse van Tienie Holloway. Ná haar dood is die Tienie Holloway-medalje deur haar eggenoot geïnisieer en in 1970 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingestel. Dit is 'n toekenning vir oorspronklike Afrikaanse kleuterlektuur, vir kinders onder agt jaar, spesifiek gerig op kinderverse. Sy word postuum met die Holloway-medalje vereer vir twee bloemlesings uit haar werk wat by Human & Rousseau verskyn, naamlik Rympies van Tienie Holloway (1977) en Versies van Tienie Holloway (1978).
Publikasiedatum: 2021-05-12
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193171

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Versamelbundels
R 185
Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met 'n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme. Daniel Hugo se vertalings van ou bekendes soos 'Little Miss Muffet', 'Simple Simon', 'Old Mother Hubbard' en 'Georgie Porgie' gee hulle 'n onverwagse nuwe lewe in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193485

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 280
Sê die woord 'kabouter' en mense dink aan koddige mannetjies met gepunte pantoffels, ondeunde laggies en appelwange wat net in sprokies en kinderverhaaltjies bestaan. Verder van die waarheid kan dié opvatting nie wees nie: Dis eerder 'n growwe belediging vir regte kabouters, wat hul klein postuur ten spyt, die mens in alle opsigte een oor is. Ja, kabouters bestaan.
Publikasiedatum: 2011-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660512

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Francois Maree
Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Versamelbundels
R 150
Ontdek die wyse lewenslesse wat Esopus en Jean De La Fontaine se dierefabels ons leer. Johann Stauss se kleurvolle en humoristiese illustrasies prikkel kinders se verbeelding en behou hulle aandag. 'n Bron van vermaak vir die hele gesin!
Publikasiedatum: 2006-09-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182591

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Versamelbundels
R 395
Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel 'n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie en Klein Duimpie asook minder bekende sprokies soos Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan 'n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower.
Publikasiedatum: 2021-06-07
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178488

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Versamelbundels
R 245
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van tydlose verhale.
Publikasiedatum: 2018-11-08
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182171

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Leoni Hofmeyr
Kinders  -  Versamelbundels
R 225
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” - dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Die keur van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos 'Ou Tante Langtand', 'Die Pratende Pot' en 'Die Boomprinses'. Die bundel bevat nuwe illustrasies om 'n jong geslag Afrikaanse kinders te bekoor.
Publikasiedatum: 2021-09-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178501

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Versamelbundels
R 245
Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.
Publikasiedatum: 2019-02-05
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190941

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 200
In die towerwêreld van die storieverteller duik in die loop van eeue hier en daar 'n karakter op wat onsterflik bly. Daar is byvoorbeeld die verwarde Don Quijote; Gulliver met sy vreemde reise; die skipbreukeling Robinson Crusoe. En daar is Uilspieël.
Publikasiedatum: 2006-03-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.