Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309291

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 180
R 144You save R 36
In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien 'n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar 'n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.
In die eerste gedeelte van Tweespoor word 'n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede 'n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, 'n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.

“Besonder elegant is die delikate manier waarop die skrywer suggestie hanteer. Dit is die vermoë om 'n verwikkelde, geloofwaardige teks te produseer wat tegelykertyd ('n karakter se geestelike herstel of weerstandige berusting), nie net bevestig nie, maar ook ondermyn, wat hierdie verhale onderskei,” skryf Louis Esterhuysen oor Tweespoor.

OOR DIE OUTEUR
Helena Gunter het op 'n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank 'n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op 'n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “'n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”.
Publication date: 2018-07-17
Click to enlarge
Click to enlarge

8

9780799371635

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 280
R 224You save R 56
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Skaars 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot 'n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel.
Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het bedank en sedertdien val geraamtes die een ná die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir 'n blonde minnares en 'n lewe van oordaad.
Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit alles met die sogenaamde “Stellenbosch-mafia” te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensionarisse se geld heen?
Die bekende skrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie sake-exposé van die jaar, Steinhoff en die Stellenbosse Boys
Die boek is die eerste volledige weergawe van hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met tientalle betroubare bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul Styan die binnewerkinge van die groep.
Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 'n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in raadsale sowel as sitkamers oorvertel sal word.
Publication date: 2018-06-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624075462

Nie-fiksie / Non-fiction: Crime / Misdaad

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crime / Misdaad
R 255
R 204You save R 51
Hoe vermoor mense hul eie familie? Joernalis Charné Kemp, topverkoperskrywer van Moord op Griekwastad, klop by kenners aan en gaan haal die storie agter die stories. Suid-Afrika het talle sulke tragiese voorvalle. Venolia Siwa: moordenaar van haar vyf kinders. Phoenix Theron wat haar ma vermoor het om haar suster te beskerm. Don Steenkamp: moordenaar van sy ouers en sussie. En nog meer…
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389814

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212You save R 53
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?
Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in 'n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.
Aella O'Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit 'n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot 'n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy 'n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal 'n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.
Wat is die motief? Is dit net nog 'n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?
Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur 'n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.
Die roman bied 'n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is 'n kenner se hand aan die werk.

Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in 'n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.
Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?
Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe 'n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.
Dowe gode is die skrywer se vierde boek. Saliger, Vrediger en Heiliger was die eerste drie. Hierdie roman het 'n nuwe hoofkarakter, Aella, wat 'n kaptein in die polisie is.

Wat maak die boek anders?
-Die konflik onder die ou en nuwe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op grondvlak word ontgin;
-Dit word ook blatant gekoppel aan die persepsie van rasgeïnspireerde plaasaanvalle;
-Die polisiekultuur word lewensgetrou uitgebeeld;
-Die roman word geweef rondom 'n oënskynlike plaasaanval waarin die lot van die slagoffers sowel as die misdadigers aangespreek word;
-Breytenbach se romans in die algemeen word gekenmerk deur skreiende politieke en sosiale kommentaar.
-Breytenbach skryf uit haar agtergrond as strafreggeleerde, wat geloofwaardigheid en diepte aan haar romans verskaf.
Publication date: 2018-06-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321008

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 180
R 144You save R 36
Haar ouma sterf op dieselfde dag wat Reina Sauer se lewe weer eens inmekaar val. Sy skei na 'n kortstondige huwelik met Bert Naudé.

Toe haar ouers albei vyf jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede is, was ouma Reina nog daar om te troos, maar hierdie keer moet sy alleen die stukke van haar lewe optel.

Ontwikkelaars kontak haar, hulle het planne om haar ouma se huis op McGregor deel van 'n sekuriteitskompleks te maak. Sy los haar oudhede winkel in Rondebosch in Bippie, 'n student wat oor naweke uithelp, se hande en vertrek na McGregor. Sy wil die verkoop van haar ouma huis so gou as moontlik afhandel sodat sy die res van haar lewe kan uitsorteer.

Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak sy met tant Cora Verwey en tant Trina van Zyl wat skynbaar die afgelope jaar by haar ouma gebly het? En hoe gemaak met oom Fred Bouwer wat elke dag iets in en om die huis kry om reg te maak?

Sy begin die huis opruim en kom in die solder op 'n boks vol briewe af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reg gekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het.

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Op 38 is Derek Retief ontnugter, sinies en kwaad. Destyds met matriek agter sy naam, het hy vinnig die stof van die strate van die klein dorpie waar hy grootgeword het, afgeskud. As oudste moes hy help grootmaak aan sy kleiner boeties en sussies. Hy het sy deel gedoen, enige vrou wat begin gesels oor babas en troues, skud hy vinnig af.

Hy wou geld maak, baie geld sodat hy alles kon koop wat hy nog altyd begeer het. En hy was amper daar, amper op 'n plek waar hy hom nooit weer hoef te bekommer oor geld nie toe hy op 'n dag ontdek sy sogenaamde 'vriend' en mededirekteur is land uit met miljoene van sy geld wat oor maande verduister is. En o ja, ook saam, is Margie, die vrou wie hom amper van plan laat verander het omdat hy gedink het hy kan dalk die res van sy lewe saam met haar deurbring.

Hy is vasbeslote om so vinnig as moontlik weer 'n paar nulle by die belegging in sy bank te voeg. Die nuwe ontwikkeling op McGregor gaan daarvoor sorg. Daar is net nog een handtekening wat tussen hom en sy drome staan. Hy het 'n afspraak met die ou dame gehad wie se huis hy sal moet afbreek om sy planne uit te voer, maar sy is ure voor hy opgedaag het, oorlede. Hy kry uiteindelik 'n afspraak met haar kleindogeter, maar om 'n handtekening te kry, raak 'n hele missie.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309109

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 195
R 156You save R 39
Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry 'n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto's, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. 'n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om 'n groot huisgesin te behartig. 'n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308997

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 220
R 176You save R 44
Bykans dertig jaar was die verteller veldwagter in Namibië. Hy het 'n obsessie gehad met die wilde, ongetemde Afrika waar 'n mens ongebonde kan lewe. Maar intussen het die wildernisse waarin hy geswerf het, begin verander. As safarigids was hy deel van hierdie verandering. Hy het wilde plekke help toeganklik maak vir mense. Saam met daardie mense het stropers gekom.
In Plunderwoestyn word vertel oor die stryd teen stropers in Namibië en is gebaseer op Christiaan Bakkes se lewe.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868428137

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics / Politiek & Geskiedenis

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics / Politiek & Geskiedenis
R 310
R 248You save R 62
Hierdie pragtige kleurboek bevat meer as 100 rare foto's uit die Anglo- Boereoorlog waarop Nico die afgelope paar jaar in sy 'speurtogte' as leke-historikus afgekom het. Dit sluit in etlike glasnegatiewe uit die oorlog waarvoor hy 'n spesiale skandeerder moes laat maak het om dit te digitaliseer.

Die foto's bied 'n baie intieme blik op Boerekrygers en Britse soldate te velde en in hul kampe en bevat wonderlike detail oor praktiese werklikhede van die oorlog. Tussendeur die foto's vertel Nico die verhale van sy ontdekkingstogte oor die jare. Van die dagboek van 'n Boerekrygsgevangene wat op die vullishoop van die DBV gevind is tot die oorlogslagveld wat hy herontdek het.
Publication date: 2018-07-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776093670

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
R 160You save R 40
Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie.
Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op 'n wildsplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte.
Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element -die element van vrees.
Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met 'n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook ...
Dit is 'n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel.
Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.
Die vervolg op Die Onaantasbares
Publication date: 2018-07-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085171

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 290
R 232You save R 58
Na jare van versoeningswerk in Ierland wil Wilhelm Verwoerd vrede maak met sy eie omstrede familie. In sy soektog na begrip kom hy af op sy ouma, Betsie Verwoerd, se dagboeke, en voer hy openhartige gesprekke met swart vriende en met sy ma. 'n Intieme, openhartige blik op wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika met integriteit te leef.

“Breek deur die kors van oppervlakkige waarhede - priemend eerlik.” Tobie Wiese
Publication date: 2018-07-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776092734

Nie-fiksie / Non-fiction: Crime / Misdaad

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crime / Misdaad
R 250
R 200You save R 50
Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom 'n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy 'n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in 'n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Lê hy dood iewers in 'n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Die antwoord op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwêreld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.
Publication date: 2018-07-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903321

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200You save R 50
Pretoria, 2014 - Vyf mense, vyf dele van die stad. Die tweeling, Ben en Freya, is weeskinders en Freya glo dat hulle alles met mekaar deel. Ben word vermoor en Freya besef hy het geheime van sy eie gehad. Mnr. Oktober is 'n wewenaar-pa, 'n rugby-afrigter by die hoërskool en 'n passievolle Christen.
Publication date: 2018-07-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321152

Christelik / Christian: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Christelik / Christian  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 220
R 176You save R 44
In hierdie boek vertel ek die verhaal van hoe dit genadiglik aan my en my vrou gegun is om as twee wit Afrikaners tot die ontvangkant van apartheid toe te tree. Hoe weinig het ons van dié ontvangkant geweet! Vir ons was die wêreld agter die apartheidsmuur, soos vir bykans alle Afrikaners, ʼn ander wêreld waar vreemde volke met wie ons geen bande gehad het nie, geleef het. Dit was ʼn wêreld wat vir hulle geskep is deur ʼn “Christelike” regering, en daarom sou dit uit die aard van die saak die “beste wêreld” wees wat deur die wit Christelike regering aan hulle toegewys is. Ons as wit Suid-Afrikaners het nie nodig gehad om ons enigsins oor die lot van ons gekleurde landgenote te bekommer nie. Ons het geglo ons wit regering weet wat die beste is vir hulle, en uiteindelik sou hulle ook die vrugte pluk van ʼn beleid wat vir hulle miskien eers tydelike ongerief veroorsaak het.

Vir die geleentheid wat my gegun is om diep betrokke te raak by die lotgevalle van swartes gedurende die laaste fase van die “onmenslike beleid”, soos oudpres. FW de Klerk dit later self voor ʼn uitgelese universiteitsgehoor in Brittanje genoem het, is ek diep dankbaar. Weinig van my wit landgenote het dié voorreg gehad. Dié pad was nie met rose besaai nie. Dit was ʼn eensame pad in die sin dat daar nie ander wit Suid-Afrikaners was wat dit saam met my geloop het nie. Ek moes maar so voel-voel my weg vind op die vir my totaal onbekende weë in die swart township.

Terugskouend het die lewe agter die apartheidsmuur van Suid-Afrika my lewe oneindig verryk en my naby aan die hartklop van Afrika gebring. Niks kan meer verrykend vir enige mens se lewe wees as om toe te tree tot die denke en lewenswyse van mense wat so anders is as jou eie nie. Dat die mense van Afrika my toegelaat het in hulle wêreld, sal my altyd met dankbaarheid teenoor hulle vervul.
Publication date: 2018-07-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084792

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 255
R 204You save R 51
Ploeg die wolke
Sirkelbaan
Die stille roep

Brenda begewe haar op 'n pad van persoonlike intrige wanneer sy haar pas geskeide suster moet ondersteun in ​Ploeg die wolke. 

Ansje word haar gewese skoonsuster se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer 'n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? 

Regina se drie kinders - wat elk met hul eie liefdeslewe worstel - is gekant teen hul ma se nuwe vriend in ​Die stille roep.
Publication date: 2018-07-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776091843

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 250
R 200You save R 50
In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink.
Publication date: 2018-07-03

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development