Here boere Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels 1679 1712

Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192730
R 350
In die vyfde en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap word die opbloei van die VOC se vestigingskolonie aan die Kaap gedurende meer as 'n kwarteeu onder die twee Van der Stels beskryf, met die groeiende welvaart wat dit gekenmerk het en die eerste tekens van 'n eie koloniale kultuur onder die blanke bevolking. In die eerste drie hoofstukke word Simon van der Stel se jeugjare op die eiland Mauritius en later in Batavia, sy verblyf in Nederland en sy aanstelling in 1677 as goewerneur van die Kaap bespreek. Die opkoms van 'n elite, hulle sosiale bedrywighede en die ontwikkeling van 'n koloniale kultuur aan die jong kolonie kom daarna aan die bod. Die laaste twee hoofstukke word gewy aan die omstrede en ongewilde goewerneurskap van Wilhem Adriaen van der Stel, wat sy vader in 1699 opgevolg het en in 1707 teruggeroep is na Nederland. Met die dood van Simon van der Stel in 1712 aan die Kaap word die vestigingsera van die kolonie afgesluit.
Publication date: 2013-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development