Ter wille van Talita

Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780796318350

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 199
R 159You save R 40
Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, 'n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon.

Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan 'n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met 'n ysterhand regeer. Theuns is 'n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seerkry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel.

Hierdie verhaal wys op die gevare wanneer ouers hul kinders te veel inperk en wanneer gelowiges Die Bybel uit konteks begin toepas.

Die titel kom vanuit Markus 5:41 waar Jesus vir die dogtertjie sê: 'Talita, staan op!' Dit word simbolies gebruik as prentjie van die ontwaking van 'n kind, maar ook 'n sigbare teken van 'n kind wat volwasse word en haar eie identiteit moet vestig, weg van die beskerming van haar ouers. Sy moet as 't ware opstaan en op haar eie kan staan.
Publication date: 2014-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.