Discount only on online purchases

Knope vilt krale

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920479930

Nie-fiksie / Non-fiction: Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk
R 185
R 167You save R 18
50 oorspronklike projekte met maklike aanwysings en duidelik foto's demonstreer hoe om juwele en bykomomstighede te maak

Beginnersoefeninge wys jou die basiese knoopryg-teknieke, een-voudige steke, hoe om vasstrykstof vir lae te gebruik en selfs hoe om te hekel. Wanneer jy hierdie tegnieke baasgeraak het, kan jou ontwerpe so eenvoudig of ingewikkeld wees as wat jy hulle wil maak - en jy het geen spesiale vaardighede of toerusting nodig nie. Die basiese tegnieke word gevolg deur 'n groot versameling pragtige projekte wat by die meeste handwerkers groot byval sal vind.

Die projekte wissel van funky, bonkige krale en bykomstighede vir kinders tot lieflike, delikate bykomstighede en prettige dekoritems vir jouself en jou huis. Daar is maklike aanwysings vir beginners, terwyl daar vir meer gevorderde handwerkers hope inspirasie is om hulle persoonlike stempel op die projekte af te druk.

Uitmuntende kleurfoto's van al die voltooide projekte hou hulle eie bekoring en inspirasie in, en patrone van al die ontwerpe wat in die boek gebruik is, maak dit maklik om dié inspirasie in pragtige geskenke of unieke items vir eie gebruik vas te vang.
Publication date: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.