Blomme in sy en organzalint

Click to enlarge
Click to enlarge
9781928201014

Nie-fiksie / Non-fiction: Stokperdjies & Handwerk / Crafts & Hobbies & DIY

R 220
Duidelike aanwysings oor hoe om borduur- en stumpwerk aan te bring om die verruklike driedimensionele voorkoms te kry.

Hierdie boek met onweerstaanbare stap-vir-stap-projekte is toegespits op klein blommetjies in sy- en organzalint. Deur garing- en lintborduurwerk, stumpwerk en ander tegnieke te kombineer, kan jy bekoorlike aarbeiblommetjies, pragtige narsings, madeliefiekrans, manjifieke wilderose, 3D kamille- en papawerblomme met skoenlappers en liewenheersbesies en nog baie meer maak.
Sylintentoesiaste, van groentjies tot ervare borduurders, sal in dié boek hope inligting en nuwe tegnieke kry wat hulle sal inspireer en in staat stel om 'n groot verskeidenheid lewensgetroue blomme en diertjies van lint en gare te skep.
Al die voltooide projekte is kleiner as A4-grootte en patrone van al die oorspronklike ontwerpe word ingesluit. Daar is maklik verstaanbare aanwysings oor hoe om die borduur- en stumpwerk in lae aan te bring sodat die verruklike driedimensionele voorkoms verkry word. Volledige stap-stap-foto's en 'n geïllustreerde lys van steke maak al die projekte haalbaar.
Publication date: 2014-05-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development